Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5212 reviews.
"Gaan besoek 23 on Hazelwood Street Café vir 'n ongelooflike kulinêre ervaring! Gin en tonic is 'n moet!"
"Dinokeng Natuurreservaat was 'n aangename verrassing, met baie wild en vriendelike personeel met baie lodges om van te kies. Ons het ook die Arlington Brewery and Cidery besoek wat ook skoon en gerieflik net by die straat af van Sunset Bush Camp was, hulle het 'n speelarea vir die kinders, en die lekkerste kos."
"Am not complaining at all, even location for direction is perfect."
"Baie vriendelike mense, almal wil net gesels en help waar hulle kan."
"Unexpectedly beautiful, just half an hour from Pretoria. I shall go there again."
"Net 'n klipgooi ver van die huis af en 'n plek waar 'n mens binne 'n uur van die gejaagde stadslewe kan vergeet."
"24 uur winkels beskikbaar wat 'n plus was omdat ons naweek baie besig was, maar dit het net nie veilig gevoel om na ure daar te stop nie. Gelukkig is daar baie vulstasies wat ook 24 uur oop is en ons kon alles kry wat ons benodig het. Woolworths Food was natuurlik ook naby en het altyd goeie gehalte kossoorte."
"Pragtige, veilige area. Jy voel nie jy bly in 'n stad nie, dit is stil en die natuurskoon uitmuntend."
"Dinokeng was goed versorg, ontsettend baie diere en lekker paaie om te ry vir 'n self drive. Jy sal die dag wat jy daar kom dadelik wild sien, die diere is gemaklik rondom karre en mak, wat dit baie makliker maak om na hulle te kyk. Hulle sekuriteit is uitstekend ook. Alle mense wat binne Dinokeng werk is vriendelik en hardwerkend. Dit was ongelooflik lekker! "
"Visvangarea op selfde plek as bote. Bietjie moeilik. Ablusie by dam en visvangarea sal aanwins wees. Dorpie oulik kort net 'n beter keuse van supermark."
"Heidelberg is gerieflik naby Pretoria met baie geskiedenis. Wanneer ek weer na Heidelberg toe gaan, sal ek beslis weer by Heidelberg Kloof tuis gaan."
"Ons gaan vir seker ten minste nog 2 keer teruggaan want ons kon nie by alles uitkom met een besoek nie. Die natuur is wonderskoon! Was net teleurgesteld in hoeveel rommel daar lê rondom Hartbeespoortdam."
"Ek was daar vir 'n kursus. Clubview was maklik bereikbaar vanaf die hoofweë en verder was daar geen stryd met verkeer nie. Ek het nie toerismemoontlikhede ondersoek nie. "
"Ons dink regtig dat daar bietjie ander roetes weer oopgestel moet word vir die self drive, veral nou na 'n reën-seisoen, al die normale paaie wat oopgestel was, was die wild onbesigtigbaar uit 'n normale voertuig a.g.v die lang gras. Ek verstaan ook dat sommige paaie nie meer geskik is vir normale voertuie en daarom kan daardie ook gemerk word vir die 4x4-roetes. Ons is besoek Dinokeng gereeld en verkies geen ander wegbreek vakansieplekke, maar voel net dat daar dalk 2 keer 'n jaar 'n roete veranderings kan plaasvind vir wildbesigting om almal 'n gelyke kans te kan gee om ons natuurbewaring te kan geniet. Ek wil ook versoek dat daar dalk n skoonmaaksessie van stapel gestuur kan word, ek het begrip dit verg man power en geld, daar is oneindig baie geroeste drade, pale, dromme ens wat rond lê, diere kan hul baie maklik beseer. Soos die zebra bul wat ons op een van ons vroegoggendroetes alleen huppelend gekry het wat vermoedelik sy voor been oopgesny het met iets daai been het al begin vrot. Ek verstaan ook dis natuur en ons moet nie inmeng, maar as die oorsaak mens verwant is dink ek moet ons ons plig doen en omsien dat ons diere nie beswyk aan ons doen en late nie. Dankie vir jul harde werk met ons bewaring van natuurlewe sien jul binne kort weer."
"Northcliff is 'n pragtige plek om oor te bly en naby genoeg aan die beste restaurante, teater in Sandton asook Cresta winkelsentrum."