Verified Reviews
Kamieskroon
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kamieskroon
Rated 4.1 out of 5 based on 157 reviews.
"Dit was vir ons 'n oorslaapplek. Seker 'n toeristebestemming wanneer daar blomme is."
"Die dorpie self is maar redelik verwaarloos en daar is nie eintlik 'n winkel om van te praat nie. Ekonomies gaan dit maar swaar. In die blommeseisoen verkoop die NG Kerk vleis en gebak by hulle saal om geld in te samel. Die omgewing is asemrowend mooi en daar was 'n "restuarant" in Soebatsfontein se Kerksaal waar ons die lekkerste melkskommels gedrink het."
"Kamieskroon is in 'n pragtige omgewing geleë en is die perfekte basis om die Namakwaland-blomme te gaan kyk."
"Kamieskroon is baie goed geleë vir blommekyk of vir oorslaap op pad Kaap toe. Gedurende die blommeseisoen is daar voldoende eetplekke wat goeie gehalte kos bedien."
"Word gesien as 'n baie goeie basis vanwaar blomme en die natuur in die omgewing verken kan word."
"Wonderlike dorpie en omgewing. Net jammer die munisipaliteit en provinsiale owerheid onderhou die dorp glad nie. Die mense is gasvry en hulpvaardig."
"Die Namakwa Park (Skilpad) se blomme was 'n teleurstelling. Die pad soontoe is in 'n baie swak toestand (sinkplaat)."
"Kamieskroon is 'n baie nice dorpie. Al wat bietjie gepla het is dat omtrent al die plekke toe is op 'n Sondag. Maar kon darem koffie kry by 'n winkeltjie in die hoofstraat. Eienaar is baie behulpsaam en vriendelik."
"Pragtige natuur maar die dorp se infrastruktuur, veral die paaie, toon duidelike tekens van erge verval."
"Unique part of the country that you will appreciate more if you go off the beaten track."
"Ek verneem dit is asemrowend in blommetyd en volgens foto's blyk dit so te wees. Ons was nie in blommetyd daar so kan nie van eerstehandse ondervinding praat nie."
"Blommetyd is Kamieskroon sentraal vir daguitstappies. Pragtige omgewing."