Verified Reviews
Keimoes
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Keimoes
Rated 4.2 out of 5 based on 217 reviews.
"Wonderful town with an excellent area to relax and enjoy the view of the Orange River. Nice place for people who love wine and fishing."
"Keimoes en omgewing is so unieke, mooi wêreld. Dis regtig asof jy in 'n ander wêreld is. Jy vergeet van die gejaagde lewe en selfs tyd. Dis regtig die moeite werd om hierdie kant van Suid-Afrika te besoek en dan natuurlik die Augrabiese Watervalle op jou reis in te werk. Die mense is so gaaf en vriendelik."
"Keimoes is baie lekker, maar as jy oor 'n naweek of op vakansiedae reis, maak maar seker jy het inkopies gedoen, die Spar maak vroeg toe en daar is net een vulstasiewinkel wat so paar basiese goedjies verkoop."
"Keimoes het baie agteruitgegaan. Die strate is vol slagate en nie skoon nie. Netjiese Spar in Keimoes, maar die waterwiel kort baie aandag."
"Doen die moeite en verken al die plekkies wat nie op die hoofroete is nie. Dis 'n absolute lushof. Met kontraste - een kant grasgroen en ander kant droë landskappe."
"Oulike klein dorpie. Daar was 'n lêer met heelwat aktiwiteite beskikbaar, maar ek het net deurgereis. Dit het my laat dink om in die toekoms 'n langer oorstaan te beplan om bietjie te verken."
"'n Mooi dorp. Die slaghuis is die moeite werd om te besoek. Het net nie groot winkels om by inkopies te doen nie."