Verified Reviews
Kroonstad
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kroonstad
Rated 3.4 out of 5 based on 108 reviews.
"Die dorp het 'n samewerkende resep en verdien om "'n dorp v/d jaar kandidaat" te wees."
"Die dorp het baie agteruitgegaan. Kroonpark was destyds 'n gewilde juweel, maar lyk nou soos 'n nes. "
"Ons het 'n troue bygewoon by Vrystaat Safari - dit was 'n pragtige plek vir 'n mooi funksie."
"Ons het gery om kos te gaan koop en nie 'n goeie indruk van die strate gekry nie. Strate was vuil en plek-plek baie swak in stand gehou."
"Sjoe die paaie is regtig in 'n baie slegte toestand. Ons het vir jare by Kroonpark met woonwaens gestaan gedurende die SA Junior Jukskei Kampioenskappe. Die park lyk baie sleg en ek sal niemand aanbeveel om van die park gebruik te maak nie. Beslis nie meer vir toeriste nie."
"DIe dorp toon baie agteruitgang van toe ek laas (7 jaar gelede) dit besoek het. Groot jammerte."
"Ongelukkig het hulle dieselfde paadjie gestap as soveel ander dorpe in Suid-Afrika. Baie gevaarlik om daar te ry. En orals drom die dronkies, bedelaars en kinders om die motors."
"My eerste keer in Kroonstad. Het nooit besef die dorp is so groot en goed bestuur nie. Baie netjiese winkelsentrum naby met alles wat ons nodig gehad het vir braai."