Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3876 reviews.
"Ons was nie lank in Vaalwater nie. Na my mening, voel dit soos 'n laaste stop dorpie voor jy by jou bestemming in die bosveld kom. So tipiese Hazyview gevoel soos as mens op pad is na die Krugerwildtuin. Hy het wel wat jy nodig het en as hy nie het nie, Nylstroom (Modimoli) is net af met die pad."
"Ek sien daar word nou aan die paaie gewerk. Warmbad-oord is net baie duur vir dagbesoekers!"
"Die Baardfees was 'n skitterende idee. Baie aktiwiteite in die omgewing. Bouncy Croc is 'n heerlike uitstappie vir kinders!"
"Haenertsburg/Magoebaskloof het besonder baie om te besoek en te kyk, 'n besondere plek is die Cheerio-tuine."
"Ons was te kort daar om regtig kommentaar te lewer. Daar is wel 'n baie oulike winkelsentrum wat sal help as mens vir langer as een nag gaan met inkopies ensovoorts wat benodig word."
"Enjoyed spending my time at Bela-Bela, Forever Resort being the spot light."
"Pragtige natuurskoon en toeriste-aantreklikhede. Waarlike boservaring in die hart van Afrika met alle geriewe beskikbaar."
"Wonderlik, ons vind dat die Spar in Bela-Bela absoluut alles en meer het wat jy moontlik kan benodig vir 'n paar lekker dae op enige van die pragtige wildsplase en ander goed toegeruste oorde. Lekker naby Johannesburg en Pretoria vir 'n vinnige herlaai na elke dag se gejaag! "
"Tzaneen is wonderful. I have to say though that I experienced the worst mist ever on Moegabaskloof just before Tzaneen. Despite having my light on and travelling veryslowly, an SUV came flying out of a side road across me and travelled off in the opposite direction on the R71. I slammed on my brakes and tried to steer clear but he did bump my car, dislodging the front bumper, but although I expected my car to be crumpled there was no further damage. However, that will prevent me from taking the Tzaneen route to the Kruger National Park in the future. Beautiful but dangerous!"
"Bela-Bela is mos maar een van die beter vakansie-omgewings in Gauteng waar jy in hotelle of chalets kan bly of net kamp."
"Tzaneen is pragtig, alhoewel dit teleurstellend was dat álle besighede en ook supermark, selfs die Spar, Checkers, Food lovers market, ens. toe was na 3 Saterdag middag."
"Sou graag plekkie wou vroeg oophê vir 'n lekker ontbyt. Alles toe behalwe KFC. Vriendelike personeel, maar nie ideale plek vir ontbyt na so goeie gastehuis nie."
"Baie mooi natuurskoon - dink dis 'n paradys sodra die reën bietjie geval het. Droogte het ook sy eie skoonheid."
"Mooi omgewing, met baie om te sien en doen. Die dorpie is teleurstellend en nie ingestel op toerisme nie."
"Ek sal nie graag die volle dag in die dorp wil spandeer nie. Dit is rustig ja, maar dit lyk so asof die dorp wil agteruit gaan. Glad nie 'n plek meer vir besienswaardighede nie. Lyk ook bietjie onveilig. Sal net die nodigste daar verkry van inkopiesentrums en dorpie verlaat."
"Ellisras is 'n dorpie waarheen jy werklik moet gaan vir 'n rede anders sal jy nooit daar uitkom nie. Legadema River Lodge is 'n baie goeie rede hoekom jy Ellisras wil besoek. Ellisras is nie net in die idilliese Bosveld nie, maar dit spog met groot 5 wild en verskeie 4 ster en 5 ster oornag fasiliteite met visvang as aantrekkingskrag vir jonk en oud. By Legadema vang jy van die prag rivierwalle reg voor die lodge af. Heerlik in die Bosveld!"
"Re a Laura is buite Warmbad geleë. Dis ideaal omdat dit nie ver uit die stad is nie. Die dorp self se netheid en voorkoms was 'n teleurstelling!"