Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Marloth Park

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park

Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.

Marloth Park

Jackalberry Ridge - Dream Resorts

"Puik toeristebestemming. Rustig en kan lekker uitrus. Die mak diere wat vry loop skep ongelooflike atmosfeer. Genoeg winkeltjies in Marloth Park om al die nodigste goedjies te koop."

Marloth Park

Die Hartbeeshuisie

"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "

Marloth Park

Maroela Chalets

"Marloth Park is pragtig geleë en regtig naby aan die Krokodilbrughek vir n dagbesoek aan die wildtuin en Onder Sabie tot by Krokodilbrug het baie olifante! Die mense is vriendelik en ons kon alles by die winkeltjies kry. Die enigste kritiek wat ek gehad het was LionPark maar dit moet voor die deur van Natuurbewaring gelê word, maar ter wille van besoekers aan Marloth park noem ek dit hier: Daar is amper geen wild in LionPark nie, behalwe rooibokke, koedoes en kameelperde en dan is hulle skaars. Vir 'n toegang van R85 (wat jy eers by Natuurbewaring aan die anderkant van die dorp moet gaan betaal) gaan ek eerder Kruger toe vir R140! Daar was plastiese sakke - nie die kommersiële tipe nie - maar eerder sakke wat soos voersakke gelyk het, wat in die veld naby Fanie se dam gelê het - te ver van die pad af, anders het ons dit opgetel. Ons was ook met 'n bakkie daar in, maar as ek met 'n sedanmotor gegaan het sou ek baie ongelukkig gewees het. Die paaie is baie sleg en daar was geen waarskuwing by die hek daaroor nie. Ek het ook probeer om die Wildbewaarder wie se nommer op die ingangspermit was in die hande te kry oor die plastiek, maar die nommer werk nie - gelukkig was daar nie iets meer ernstig nie. Ek sal enige dag weer Marloth Park toe gaan, maar LionPark sien ons nie weer nie!"

Marloth Park

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Dis hartseer dat dit tans so droog is oral, maar hopelik sal ons gou reën kry. Marloth is aangenaam en lekker om net te ontspan."

Marloth Park

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Net die ontsettende droogte - maar daaraan kan ons as mense niks doen nie!"

Marloth Park

Manzini Chalets

"Swak toegangsbeheer. Baie indikasies dat sekuriteit 'n probleem is."

Marloth Park

Ex Deo Erdvark Cottage

"Baie droog. Ons bid vir julle vir uitkoms vir reën!"

Marloth Park

Bush Baby House

"Ons hou van Marloth. Dis nou baie droog en ons het minder diere gesien as in die verlede. Dis heerlik naby die wildtuin vir besoeke."

Marloth Park

Koekoek Guesthouse

"Ongelooflike plek! Lekker om so naby die natuur te wees, om te kan gaan stap en so naby die diere te kan kom. As jy nog nooit in Marloth was nie, maak 'n plan. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."

Marloth Park

Place of Happiness

"Marloth Park is 'n ideale plek om te bly. Rustig en vol wilde diere. Enigste probleem vir ons was dat die winkels vroeg toemaak en nie altyd voorraad het van sekere items nie. "

Marloth Park

Kruger Kinders van die Wind

"Sal altyd Marloth aanbeveel."

Marloth Park

Eden @ Marloth

"Die toestand van die dorp het ons geskok. Vullis het oral rondgelê, selfs tussen die wooneenhede in die bosse."

Marloth Park

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Ons was al saam met ons dogter en haar man in Jakkelberry wat hulle Maart/Okt gebruik. Die blyplek bestaan uit 'n tent en gebou wat verskaf word. Ons sal Marloth oor die algemeen aanbeveel. Ons voel dat daar altyd ruimte is om te verbeter, dus die 4 ster (nader aan 'n 5 ster)."

Marloth Park

Walking Tall Private Bush Retreat

"Die konstante toeloop van mense in die park as gevolg van die verskeie bouprojekte moet 'n sekuriteitrisiko wees, en die sekuriteitsbeheer by die hekke is nie voldoende om die toeloop te beheer nie."

Marloth Park

Crocodiles Walk

"Daar is baie winkels in Marloth, tot 'n poskantoor!"

Marloth Park

Eden @ Marloth

"Sal 'n voorstel maak dat die trappe vir die boonste kamer dalk stewiger gemaak word. "

Marloth Park

Leeu 4112

"Ons geniet nog altyd Marloth Park en was al hier 'n paar keer daar. Die huise is redelik afgeskei van mekaar so jou bure pla nie, die wild wat jou besoek gee nog meer die gevoel van 'n wildtuin op jou stoep. Die winkels en restaurant voorsien aan alles wat jy nodig het en jy hoef nie na die naaste dorp toe te ry nie. Dis net lekker om af te sluit met 'n "Sundowner" op 'n bankie langs die rivier."

Marloth Park

Lions Bush Lodge

"Diens is baie swak in die winkelsentrums en plaaslike restaurante!"

Marloth Park

Leopard Street Marloth Park

"Uitstekende vakansie-geleenthede in Marloth. Baie diere en bos lyk tans beter as die Wildtuin. "

Marloth Park

Savanna Pride

"Beautiful place."

Marloth Park

Makouvlei 3106

"The quad bike ride is a must. Even my mother in law (75 years old) went on her own and enjoyed it very much. We love Marloth Park and always come back."

Marloth Park

South Post at Kruger

"Die paaie is eintlik nie geskik vir gewone motors nie. Dis baie lekker om langs die rivier te kan stap en ook te kan ry."

Marloth Park

Voetspore

"An excellent destination. Loved the whole experience!"

Marloth Park

Akunandaba - Marloth Park

"Lekker rustige boservaring met volop wild, sonder om Wildtuin toe te gaan!"

Marloth Park

2362 On Swartwitpens

"Ons het die mooiste video geneem van die koedoes wat kom kuier het. "

Marloth Park

Oppidraai

"Absolute paradys!"

Marloth Park

Oppidraai

"Alhoewel Marloth gebuk gaan onder droogte en oorbeweiding is die atmosfeer daar altyd idillies."

Marloth Park

Wildsbokkie Holiday Home

"Fantastiese plek om vakansie te hou - naby genoeg aan die wildtuin, en 'n 'wildtuin' self - meeste diere kan gesien word langs die Krokodilrivier. Heerlike gasvrye gebied en relatief veilig."

Marloth Park

Ex Deo Soenie Cottage

"Dis lekke in die bos met die leeus wat brul in die aande terwyl jy om die kampvuur sit!"

Page
Page 102 - Showing 3031 to 3060
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!