Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

McGregor

All reviews have been left by TravelGround customers staying in McGregor

Rated 4.5 out of 5 based on 394 reviews.

McGregor

Cape Cottages Sunbird Aloe Cottage

"Carol's Pub was een van die hoogtepunte van ons verblyf - 'n regte ou pub met die vriendelikste mense en op die ou einde het ons dit so geniet - moenie laat die eenvoudige afwerking julle afsit nie - min op spyskaart, maar heerlike kos."

McGregor

Boesmanskloof - Die Galg Accommodation

"Dis regtige 'n ongelooflike plek! Die mense is vriendelik en die dorpie prentjieboek mooi! Eseltjiesrus is 'n definitiewe moet! Ek sal more daar gaan woon! Asemrowend!"

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"McGregor het sy eie tyd, jy vang nie sommer die kroeg oop daar nie. Sou dit graag wou sien, maar die eienaars besluit of hulle wil oop wees of nie. Maar dit maak dit alles net soveel meer interessant. "

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"McGregor is 'n pragtige klein dorpie met genoeg juwele soos Bemind wyne waar jy sommer midde in die wynmaakproses instap en by die vriendelike wynmaker self jou wyne koop. Die pottebakkers ateljee is ook 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus vat aan 'n mens se hart. Jy eet heerlike kaaskoek by jou koffie op die stoep van die eetplekkie waar jy ook 'n verskeidenheid olyfprodukte kan koop. Die dame by die inligtingskantoor was baie behulpsaam en het flink gehelp om 'n staproete deur die dorp te beplan vir die tyd wat ons daar wou deurbring. "

McGregor

Whipstock Guest Farm

"Stil dorpie waar die inwoners en geboue ewe veel karakter het. As jy op soek is na 'n tydkapsule na 'n vervloë era is hierdie beslis jou dorp. "

McGregor

Lady Grey Walk Cottage

"McGregor is PRAGTIG mooi en ek sal weer soontoe gaan."

McGregor

Tindall Cottage

"Ons gaan elke Desember om die oujaarsaand "Dinner and Dans" by Temenos te vier, en om 'n vroegoggend stap in die vars lug te geniet. Baie netjiese dorpie."

McGregor

Rhebokskraal Olyf Landgoed

"Pragtige dorp met vriendelike mense!"

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Rustig, pragtig, beslis 'n aantreklike toeristebestemming."

McGregor

Sunflower Cottage

"Lovely little country village with so much history, and places and small businesses to explore."

McGregor

Cape Cottages Sunbird Aloe Cottage

"Die dorpie is klein en rustig. Dit is perfek vir 'n naweek weg van die stad en vir rus en vrede. Ek sal waarskynlik nie vir veel langer as 'n naweek die bestemming besoek nie. Die mense is vriendelik en behulpsaam en dit was regtig 'n lieflike gemeenskap. "

McGregor

Lemon Tree

"Wonderlik!"

McGregor

Cape Cottages Sunbird Aloe Cottage

"Mooi rustige dorpie waar jy nog steeds in stofstrate kan rondloop met hier en en daar 'n koei of perd. Die tuine is pragtig met arms vol rose. Die 'locals' is vriendelik en gasvry. Goeie ondervinding!"

McGregor

Boesmanskloof - Die Galg Accommodation

"McGregor het 'n eiesoortige karakter wat groot aanklank vind by die stedeling op soek na rus en vrede. Dit sou baie gerieflik wees indien daar 'n pad tussen McGregor en Greyton kon wees. Die 'ompad' per motor tussen die twee dorpies was so vlak bymekaar is, neem ongeveer 2 ure om te ry. Ek verstaan egter dat elk van die dorpies sy eie karakter wil behou en nie ineen wil smelt nie."

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Klein, maar baie vriendelike mense!"

McGregor

Bluegum Country House

"McGregor is beslis 'n bekoorlike bestemming vir mense wat hou van die vars lug en rustigheid. En die mense is so vriendelik daarby. "

McGregor

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"We felt welcome and had a very enjoyable visit to Lords, definitely a must. Some of the art venues were unfortunately closed but the shopping was great. All the people we met where warm and welcoming. The surrounding area with the fynbos, vineyards and fruit trees in blossom made beautiful pictures."

McGregor

Whipstock Guest Farm

"Ervaar opregte plattelandse gasvryheid. "

McGregor

Sunflower Cottage

"Lots of character!"

McGregor

Orchard Cottage

"Pragtig! Temenos die hoogtepunt! Ps 23 - Na waters waar rus is en groen weivelde word hier waar!"

McGregor

Pepper Tree Cottage

"Nostalgies verby!"

McGregor

Whipstock Guest Farm

"'n Besoek aan die Donkie Hawe (Sanctuary) is 'n moet. "

McGregor

Tindall Cottage

"Pragtig! Temenos en Eseltjiesrus het ons harte gesteel!"

McGregor

Orchard Cottage

"Mcgregor is 'n verrassing. Dis n pragtige, skoon en rustige dorpie. Die geluide van die dorp is so pragtig."

McGregor

Orchard Cottage

"Dit is 'n wonderlike rustige plek wat definitief 'n anderse rustigheid het."

McGregor

Carpe Diem

"Nice walks and cycle tracks for mountain biking."

McGregor

Tanagra Wine & Guest Farm

"We loved it, small little village with lovely friendly people and great restaurant's."

McGregor

Lemon Tree

"Interessante winkels en lekker eetplekke in ouwêreldse sjarme."

Page
Page 13 - Showing 361 to 390
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!