Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Nieu-Bethesda

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nieu-Bethesda

Rated 4.6 out of 5 based on 766 reviews.

Nieu-Bethesda

The Water Tower

"Besoek gerus die Dust Covers boekwinkel. Een van die beste tweedehandse boekwinkels wat ek al gesien het."

Nieu-Bethesda

The Ibis Lounge

"Lekker rustig. Kom beslis weer."

Nieu-Bethesda

Rustpunt

"Hierdie dorpie is vol stories, mooi dinge en 'n saligheid wat bekoor. Dit moet definitief deel van jou roete wees!"

Nieu-Bethesda

Owlhouse Backpackers

"Ons het die teerpad gevat, net die laaste entjie was bietjie sleg, baie klipperige pad en bygesê het ons in die reën daar aangekom. Ons het rondgeloop na die verskillende eetplekke, kuns en fossiele ook gaan kyk. Al die mense is baie vriendelik en verwelkomend en staan nie terug om vir jou meer van hul dorp te wys nie. Ons het dit as halfpad oorslaap gebruik oppad see toe, maar sal graag weer wil kom vir naweek wegbreek. Hoogsaanbeveel! "

Nieu-Bethesda

Allemann se Huisie

"Die Uilhuis was definitief 'n hoogtepunt! Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet op die Karoo Lam se stoep. Vreeslike vriendelike mense, ons wil definitief teruggaan. "

Nieu-Bethesda

De Toren Cottages

"Dit is a juweel in die Karoo! Sal dit hoog aanbeveel vir enige iemand wat ooit deur die Karoo reis."

Nieu-Bethesda

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Fees vir die oog en hart. Pragtige natuurskoon en dorp met ouwêreldse sjarme."

Nieu-Bethesda

Cottage of Jacobus

"Pragtige dorp wat op enige persoon se bucket list behoort te wees."

Nieu-Bethesda

Leonie's Guesthouse

"Ongelooflike juweel van Suid-Afrika! Mense is kosbaar! "

Nieu-Bethesda

De Toren Cottages

"Enige iemand wat daar verby ry en in 'n ander dorp oorslaap op pad kus toe is mal! Doen jousself die grootste guns en gaan besoek die dorpie! Dit was ons tweede besoek en ons ry 'n langer pad om net om daar oor te bly. Dit is baie veilig en pragtig. Maak seker om 'n geselsie met ou Fielies aan te knoop wat sy goedere oorkant die Uilhuis verkoop. Besoek die Uilhuis, dis eery, maar 'n belewenis."

Nieu-Bethesda

Nagenoeg

"Geniet dit verskriklik daar."

Nieu-Bethesda

Leonie's Guesthouse

"Nieu-Bethesda behoort op elke Suid-Afrikaner se reisprogram te wees! Wonderlike klein dorpie in 'n lieflike deel van ons land."

Nieu-Bethesda

Daisy Cottage

"Awesome plek, rus vir die siel."

Nieu-Bethesda

Mooiuitzich

"Pragtige plek was al 2 keer voorheen daar en sal definitief weer Nieu-Bethesda besoek."

Nieu-Bethesda

Elke's Guesthouse

"Moenie daar gaan as jy Hillbrow geniet nie, dis 'n plek om jou batterye te herlaai! Die dorp is baie lekker vir kuier met mense en om te stap waarheen jy wil gaan. Die stofpaaie en leikanale gee dit daai historiese gevoel. "

Nieu-Bethesda

De Toren Cottages

"Fossieltoer is skitterend."

Nieu-Bethesda

House No. 1

"Ek is verlief op die dorp. "

Nieu-Bethesda

Aandster

"Maak asb. die aanbevole roete na die plek meer duidelik. Ons GPS het ons met 'n ompad deur boere se plase geneem en is die pad nie geskik vir normale voertuie nie. Met die terugkeer het ons ontdek daar is 'n beter pad wat byna heeltemal geteer is maar die afdraai is heelwat noord van Graaff Reinet."

Nieu-Bethesda

Mooiuitzich

"Dis die plek naaste aan die hemel self en praat met jou siel! Elke keer die moeite werd om daar te stop - dis my alles!"

Nieu-Bethesda

Leonie's Guesthouse

"Die hoogtepunt van ons 8 dae lange toer. "

Nieu-Bethesda

Mooiuitzich

"Vriendelike gemeenskap. Baie interessant. Maak net seker jy vat hout, vleis en ys saam anders kan jy by een van die restaurante eet. Die Brewery met lewendige musiek was baie aangenaam en aandete by die restaurant op die dorpie was heerlik. Ons het meer gekry as wat ons verwag het. Sit die een beslis op jou 'bucket list'."

Nieu-Bethesda

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Mens kan maklik 2/3 dae hier deurbring."

Nieu-Bethesda

Mooiuitzich

"Heerlik stil!"

Nieu-Bethesda

Sneeuberg Guest House and Backpackers

"Die Uilhuis bly altyd 'n besondere plek."

Nieu-Bethesda

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Nieu-Bethesda is 'n eksentrieke dorpie met baie om te sien, as jy bereid is om daarvoor te soek. Ek dink nie iemand wat hou van adrenalien-gedrewe aktiwiteite op 'n vakansie sal dit so baie geniet nie, maar as jy 'n waardering het vir eienaardighede en dorpies wat in 'n middag plat gestap kan word, kan jy gerus 'n draai maak in Nieu-Bethesda. "

Nieu-Bethesda

Allemann se Huisie

"Skilderagtig en ryk aan geskiedenis."

Nieu-Bethesda

The Water Tower

"Lekker dorpie om in rond te loop en spesiale geskenkies en aandenkings te koop. 'n Mens het tyd nodig om alles te ontdek en geniet."

Nieu-Bethesda

Mooiuitzich

"Absolutely loved the town. It has a lovely charm and we so enjoyed the country side and fresh air. We loved the journey to Nieu-Bethesda as the views are lovely. We only spent one night so are sorry we didn't have more time to explore all the little shops and places to eat. We were fascinated with the Owl House and saddened by the story of Helen! "

Nieu-Bethesda

Rustpunt

"Dis 'n unieke plekkie wat oor en oor die moeite werd is om te besoek - hier het die tyd stilgestaan. Geen teerstrate, geen straatlampe! Sluit dit gerus by jou reisplan in en bly minstens twee aande oor..."

Page
Page 24 - Showing 691 to 720
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!