Verified Reviews
North West
All reviews have been left by TravelGround customers staying in North West
Rated 4.1 out of 5 based on 3111 reviews.
"Dit kan 'n fantastiese toeristebestemming wees, maar die paaie is in 'n haglike toestand!"
"Die area in geheel is besig om agteruit te gaan. Dis nie meer so bedrywig as voorheen nie, en die sluiting van Tant Malie se Winkel het definitief 'n leemte in die hele area gelaat. Algemene instandhouding van die gebied is ook nie meer op die vlak wat dit voorheen was nie."
"Ons het Hartbeespoort baie geniet. Ons wil graag weer gaan om nog dinge te gaan sien en te gaan doen."
"Die strate is vuil, verwaarloos en vol slaggate. Die munisipaliteit laat werklik die inwoners in die steek. "
"Harties is ongelukkig nie meer wat dit was nie, en die verkeer oor naweke maak dit 'n onaangename ervaring as jy iewers wil gaan eet of iets wil gaan doen. Dit voel soos 'n vertrapping."
"Hartbeespoort is die perfekte plek om weg te breek van al die geraas in die stad. Daar is talle oulike markies waarby jy kan gaan kuier. Die mense is ongelooflik vriendelik. Kan nie wag om weer daarnatoe te gaan nie. Maak 'n draai by The Windmill, en proe hulle heerlike waffels. Die kuier was regtig een vir die boeke."
"A beautiful small town, hope the municipality recognizes the potential in that town and fixes it as soon as possible. It would boom with some serious developments."
"Die kostes, om sekere goed te doen as familie is redelik duur. Sal meer van pakkette hou om families te akkommodeer."
"Die paaie, as 'n toeriste-aantreklikheid, is nie op standard nie. Eetplekke is baie toeganklik."
"Klerksdorp is 'n groeiende, dinamiese dorp, maar die paaie kort ernstige aandag."
"Die paaie is in gehawende toestand. Baie hartseer om te sien hoe alles agteruit gaan. Maar in 'n positiewe lig, met my aankoms in Klerksdorp het ek 'n groep van ongeveer 10/12 mense gesien wat op hul eie inisiatief die paaie herstel."
"Die paaie is in 'n haglike toestand en die dorp is so te sê onbegaanbaar. Die rede vir ons besoek was ons familie wat in Klerksdorp woon, maar ek is bitter hartseer om die dorp in so toestand te sien."
"Rustenburg is a good location for any travellers, nice weather and very safe for guests. "