Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10519 reviews.
"Die omgewing is pragtig, maar die middedorp is maar dodgy. Baie bedelaars en jong mannetjies wat jou laat voel hulle gaan iets gryp as hulle 'n kans kry."
"Sandies Glen Pas is een van die gerieflikste grondpaaie en kronkel deur die mooiste plase. Neem gerus van die afdraaie en verken die pragtige area."
"Die natuurskoon is ongelooflik en mens waardeer die ongereptheid daarvan en die skoon berglug. Besoeke aan die Botaniese Tuin en Pikkewynkolonie maak dit absoluut die moeite werd."
"Was net 1 nag daar en tydens beurtkrag gearriveer, maar kon 'n heerlike ete gaan geniet by Burgundy Restaurant."
"Mooi dorp tussen die berge, pragtige geskiedkundige huise en tuine. Heerlike etes by Swellendam Republic."
"Dis rustig en stil sonder rondlopers en boosdoeners wat wil kwaaddoen en ons het die vars, skoon seelug waardeer. Die plaaslike inwoners se sakelui is behulpsaam en vriendelik. Wil jy heerlike braaitjops oor die kole braai? Besoek gerus die plaaslike slaghuis op Bettysbaai. Hulle bied tamaaigroot karooskaaptjops met lekker vet uit Victoria-Wes asook tuisgemaakte boerewors aan. Dit was my bejaarde ma se verjaardag en toe die winkeleienaar dit gehoor het, het hy ons sommer 'n hele pakkie tuisgemaakte boerewors gratis gegee as my ma se verjaardaggeskenk! Nou waar kry jy sulke diens in die stad? Soek jy eenvoud en gerief gekombineer, rus en vrede en vars seelug vir 'n naweek, is Bettysbaai die plek vir jou."
"We bought hake and chips from the local fish shop, and it was disgusting. Really disappointing."