Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Prince Albert

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Prince Albert

Rated 4.7 out of 5 based on 1416 reviews.

Prince Albert

Lavenders

"Oulike, karaktervolle dorpie. Heerlik geëet by The Gallery Restaurant."

Prince Albert

Elfen House and Cottage

"Uitstekende toeristebestemming!"

Prince Albert

Swartberg Cottages

"Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit."

Prince Albert

Aandrus

"Prince Albert en die Swartbergpas is werklik 'n moet-sien. So ook die nabygeleë Meiringspoort. Reisigers na Suid-Kaap vanaf Gauteng kan gerus die N12 vanaf Beaufort-Wes neem en die baie besige N1 vermy. Prince Albert is dan die ideale oornagplek, en jy kan dan maklik by die Kango-grotte aandoen nadat jy die Swartbergpas oorgesteek het en honderde foto's geneem het."

Prince Albert

Aandrus

"Op pad Kaap toe ry ons nooit Prins Albert mis nie, dit is die moeite werd om daardie paar kilometer van die N1 af te draai. Beplan jou reis so om daar te oornag. Dit bied jou die opsie om verder met die N1 Kaap toe te ry of na Hartenbos via Meiringspoort of oor die Swartbergpas."

Prince Albert

Miller's House

"Heerlik gekuier in Prins Albert. Pragtige dorpie en museum is uitstekend."

Prince Albert

Elfen House and Cottage

"Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies."

Prince Albert

Brakdakkie Guest Cottages

"Pragtige dorp met 'n wonderlike Karoo-gevoel. Mis nogal die gees wat Kokkedoor aan die dorp gegee het. Jammer dat dié reeks nie voortgesit kon word nie – dit het die dorp 'n smulpaap-gevoel gegee wat 'n mens nie nou meer voel nie. "

Prince Albert

Travellers Rest

"As recommended by Brian, we took the Swartberg Pass home. A route not to be missed. "

Prince Albert

Huis Adriaann

"Pragtige omgewing. Ons het vir `n dag na Die Hel gery. Die bergpas is skrikwekkend, maar ook asemrowend. Heerlike etes gehad by die Swartberg Hotel."

Prince Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."

Prince Albert

Brakdakkie Guest Cottages

"Baie om te geniet en te besigtig in en om Prins Albert. Bly ten minste 3 dae om so veel moontlik te benut."

Prince Albert

Aloe Guest House

"Dis die skoonste en mooiste dorpie wat ek in n baie lang tyd gesien het. Die mense is vriendelik en die omgewing baie ryk aan geskiedenis. Enige fotograaf se droom! "

Prince Albert

Brakdakkie Guest Cottages

"Wat 'n lekker dorp. In die toekoms sal ons beslis langer bly in Prins Albert."

Prince Albert

Bid Huisie

"Pragtige dorpie en Gamkaskloof (Die Hel) is 'n moet sien!"

Prince Albert

Aandrus

"Wonderlike plek om vakansie te hou."

Prince Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap."

Prince Albert

Travellers Rest

"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."

Prince Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon."

Prince Albert

Dennehof Karoo Guesthouse

"Die dorpie is prágtig."

Prince Albert

Karoo Khaya

"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."

Prince Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Prins Albert is 'n belewenis - beeldskone klein Karoo dorpie."

Prince Albert

Karoo Khaya

"Net jammer dis so warm in die somer."

Prince Albert

Swartberg Hotel

"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "

Prince Albert

Yellow House

"Wat 'n wonderlike plek!"

Prince Albert

Aandrus

"Wonderlike plek."

Prince Albert

Dennehof Karoo Guesthouse

"'n Plek waar tyd geëts is in die grond, berge, riviere, reuk, son, bome, wind en lug. 'n Natuurskoon so rou en eg dit word deel van jou asemhaling. As jy nie jouself hier kan vind en een word met wie jy is nie, sal geen ander plek op aarde of ervaring dit kan regkry nie. 'n Bestemming net duskant die hemel. Die Swartbergpas is 'n natuurwonder op sy eie en 'n reis hierdeur is helend vir die siel."

Prince Albert

Brakdakkie Guest Cottages

"PA is a bit off the beaten track but worth the effort if one links it to the experience we had in travelling the Swartberg Pass."

Prince Albert

Acacia Cottage

"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"

Prince Albert

Karoo-Rust

"'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl."

Page
Page 39 - Showing 1141 to 1170
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!