Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Sutherland

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sutherland

Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.

Sutherland

Sutherland Guest House

"Lovely place to visit with interesting tourist value. "

Sutherland

Starry Night

"Mense wat Sutherland besoek, moet nie die geleentheid misloop om die geboortehuis van N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw, asook die pratige kerk te besoek nie. Dis oor en oor die moeite werd!"

Sutherland

Die Stal Cottage

"Goeie toeristebestemming."

Sutherland

Lepel Lê

"Sutherland is 'n ou, maar pragtige plek. As jy van sterre hou is Sutherland die plek. Die eetplekke is ook oulik. Lekker kos, die diens is net 'n bietjie stadig. Dankie Lekkeslaap vir jul puik diens. "

Sutherland

Sutherland Guest House

"Sutherland is 'n regte dorpie en 'n mens hoop dit sal altyd so bly. Die stofstrate, die gelui van 'n kerkklok, die flou straatligte is alles dinge wat Sutherland uniek maak. Die inwoners is baie vriendelik en 'n mens voel sommer net tuis."

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"Far away from the rush of the city life."

Sutherland

Starry Night

"Sutherland is baie skoon en netjies. Die dorp word goed instandgehou. - die munisipale werkers was reeds teen 6 uur besig om aan 'n straat te werk. Die sterrewag is 'n belewenis. "

Sutherland

Boorgat

"Dit het my weggeblaas. 'n Mens moet ten minste twee aande oorbly. Uniek en verseker die moeite werd om daar te gaan kuier. Sutherland het sy eie unieke bekoring."

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"Kan meer doen om toeriste te lok."

Sutherland

Starry Night

"Hulle kan gerus bietjie meer moeite doen met aandenkings. Daar is nie veel in die winkels beskikbaar nie. "

Sutherland

The Whitehouse Inn

"'n Moet om te sien!"

Sutherland

Blesfontein Guest farm

"Sutherland was 'n aangename ervaring. Maak 'n draai (bespreek 'n toer) by die SAAO-tuiste van die SALT-teleskoop en eet ietsie in die dorp. Eet gerus by die "Ou Meule" - lekker kos en stewige porsies. "

Sutherland

Lepel Lê

"Baie mooi natuurskoon."

Sutherland

Blesfontein Guest farm

"Dis 'n mooi dorpie en die SALT maak dit n volledige pakket vir 'n paar dae se rus."

Sutherland

The Whitehouse Inn

"Bespreek vroegtydig om by S.A.L.T. teleskoop te kom."

Sutherland

Die Stal Cottage

"Besoek aan SALT was 'n ongelooflike ervaring."

Sutherland

Sutherland Guest House

"As 'n mens die Karoo en hul mense wil beleef, is dit die plek om heen te gaan. En natuurlik die sterre was asemrowend."

Sutherland

Sutherland Guest House

"Wonderlike ondervinding om sterre te kyk!"

Sutherland

Ou Meule Guest House

"Sutherland is nie so interessant soos wat oral geskryf word nie, behalwe as jy mal is oor sterrekyk en in die winter in die sneeu wil gaan speel. Andersins is Sutherland net nog 'n klein Karoodorpie. Die een ding wat uitstaan van die klein Karoodorpies is hulle mooi kerke. Ons was ook in Merweville en hulle kerk is nog mooier as die van Sutherland."

Sutherland

Lepel Lê

"As stadsmense waardeer ons die stilte."

Sutherland

Sutherland Guest House

"Baie interessant vir twee tot drie dae se besoek. Vriendelike mense, oral hartlik ontvang."

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"Skoon en mooi dorpie en die vooraf bespreekte skaapskenkel-aandete by die Ou Meule was puik! Indien jy besluit om binneland toe te reis via die N12 en nie die draai terug te ry N1 noordwaarts nie, neem die volgende in ag: die heelwat korter grondpad tussen Sutherland en Fraserburg wat Loxton toe loei en dan Victoria-Wes toe, is 90% beter en 'n mens ry gemaklik 100 kmph op die pad. Die probleem is dat die pad skerp klippies op het en ons het 2 pap bande gehad. Gelukkig ry ek altyd "tyre plugs" en 'n pompie saam, anders was ons gestrand. Sorg dat jou spaarwiel goed is en leer om self 'n band te "plug". Dit is baie maklik solank die lek op die loopvlak is. "

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"Sal definitief weer Sutherland besoek."

Sutherland

Boorgat

"Moet verseker besoek word. Ons sal weer gaan!"

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"'n Moet vir die sterrekyk en die teleskope. Regtig die moeite werd. Die inwoners werk baie hard daaraan om die vir besoekers interessant en aangenaam te maak. Dit was een van die hoogtepunte van ons reis deur Suid-Afrika."

Sutherland

Starry Night

"Gooi weeksdae brandstof voor 17:00 in. Op Sondae is die vulstasie slegs 11:00 tot 14:00 oop. Restaurante is genoegsaam. Na 17:00 is dorp tjoepstil, jy hoor net die windpompe en hoenders. "

Sutherland

Die Bushuis

"Pragtige plek, was al paar keer in jul dorp en geniet veral die mense en die klimaat."

Sutherland

Die Stal Cottage

"Beter inligtingsdiens word benodig. "

Sutherland

Die Stal Cottage

"Sutherland is definitief 'n dorpie om te besoek. Natuurlik was SAAO en SALT die hoogtepunt van ons besoek. Sal dit verseker aanbeveel."

Sutherland

Esel's Rus Guesthouse

"Ek dink Sutherland moet volgende jaar die wenner van Kwêla se dorp van die jaar wees! So 'n skoon dorp het ek lanklaas gesien."

Page
Page 29 - Showing 841 to 870
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!