Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Sutherland

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sutherland

Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.

Sutherland

Primrose Cottage

"Die SALT is die oorhoofse trekpleister, ook so die hemelruim en sterre. Die dorpie is skoon en netjies. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Lekker eetplekke. Kies maar eerder die teerpad vanaf Matjiesfontein na Sutherland. Die ander roetes is grondpaaie wat 'n uitdaging is, selfs vir 'n SUV. "

Sutherland

Lepel Lê

"Regte klein plattelandse dorpie, bietjie verwaarloos bv. die Anglo-boereoorlog begraafplaas. Ons was bevoorreg om Sondagoggend vroeg die pragtige kerk te besigtig. Oor die algemeen het ons 'n positiewe ervaring gehad en ons kan dit beslis aanbeveel. Sou lekker gewees het as die winkeltjies bietjie later oop is bv. op 'n Saterdag."

Sutherland

Lepel Lê

"Unieke plek!"

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"Hou baie van die Karoodorpie, dit was ons eerste besoek. Sal verseker weer gaan. Ons tyd was net te min. Ek sal definitief aanbeveel om na oom Jurg by Sterland te gaan en die Star gazing te gaan doen. Dit was 'n wonderlike ervaring. Mense is baie vriendelik en het heerlik geëet ook. Lekker skaapnek."

Sutherland

Blydevooruitsig Guesthouse

"Gaan kyk lekker rugby by die White House hotel. Heerlike banke om op te sit en kuier. Die Sutherland Mall het nood-handskoene en mussies, wol, klere en ingemaakte lekernye. Pizza by Jupiter is heerlik. "

Sutherland

Holhoed Overnight Accommodation

"Jurg at Sterland should be mentioned."

Sutherland

Blydevooruitsig Guesthouse

"Dis beslis die beste plek om te gaan sterre kyk. Wat 'n wonderlike belewenis."

Sutherland

Lepel Lê

"Definitief een van die mooiste plekke in die land. Sal beslis weer 'n draai daar maak. Baie oulike dorpie. "

Sutherland

Die Stal Cottage

"Dit is 'n baie rustige omgewing en baie klein dorpie. Maak seker dat jy al jou inkopies het of klaar gekoop het teen Vrydag. Pak warm en koeler klere want die weer wissel nogal baie. Besoek die White House Inn and gaan kyk die sterre! Dit is rêrig die beste plek om dit te doen. As jul graag sneeu wil sien, moet nie in Julie Sutherland besoek nie. Pak lekker tekkies in vir stap en gaan saam met iemand wie se geselskap jy rêrig geniet. Sutherland is rêrig die plek om te ontspan en bietjie weg te breek. "

Sutherland

The Jupiter

"Dis 'n ou dorp, effe verwaarloos, maar daar is beslis beweging om dit weer te vernuwe, kan sien mense doen moeite. Natuurlik een van die mooiste kerke op Sutherland en die Sterrewag buite Sutherland is 'n moet sien. Die oom wat ook op die dorp sterrekyk doen is fantasties. Hy het 'n passie en humorsin wat dit 'n heerlike ondervinding maak, al het ons almal gebewe. Die trippie was op ons emmerskoplysie en nog beter gewees saam met kosbare vriende."

Sutherland

Primrose Cottage

"Ons is baie bly dat ons by Jurg Wagenaar se Sterland gaan sterre kyk het. 'n Onvergeetlike ervaring wat mens nooit aan iemand anders kan beskryf nie. Dit is 'n MOET! Die SALT teleskoop is indrukwekkend, maar die hele dagtoer is vervelig in vergelyking met die vorige aand se ervaring. "

Sutherland

Die Stal Cottage

"Sutherland is pragtig en het 'n heerlike atmosfeer. 'n Besoek aan SALT en Jurg Wagenaar by Sterland asook die NG Kerk is sterk aan te bevele."

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"Gaan daarheen vir sterrekyk en plattelandse gasvryheid."

Sutherland

Gelukshoop Cottage Tankwa

"Dit was toe nie so koud nie. "

Sutherland

Starry Night

"Gasvrye plattelandse mense. Het die besoek aan SALT ook baie geniet."

Sutherland

Holhoed Overnight Accommodation

"Interessante restaurante. Sal in sterrekunde moet belangstel om langer daar te wil vertoef."

Sutherland

Blydevooruitsig Guesthouse

"Meer aandtoere na die SALT kompleks, om so bietjie meer mense te kan akkommodeer. "

Sutherland

Gelukshoop Cottage Tankwa

"I could not get an opportunity to visit the observatory because all slots were fully booked. But I believe that Sutherland need some face uplift, given the observatory facility that is there. The state of the 'dorpie' is pathetic; people of Sutherland deserve far better than the current state."

Sutherland

Primrose Cottage

"Dit regverdig 'n besoek!"

Sutherland

Starry Night

"Enige iemand wat na Sutherland gaan vir SALT, moet beslis nie Jurg Wagener se plaas by Starry night misloop nie. Hy gee self ook 'n hele sterre/planete ondervinding op sy eie en is definitief die moeite werd. Jul sal nie spyt wees nie :)"

Sutherland

Lepel Lê

"Sal definitief weer besoek."

Sutherland

The Whitehouse Inn

"Die aangewese en enigste verblyf vir 'n besoek aan SALT."

Sutherland

Holhoed Overnight Accommodation

"Die grondpaaie in die area is redelik sleg en mens moet maar stadig ry as jy nie n 4x4 het nie. Beplan eerder baie ekstra tyd om in die area rond te ry (ons het gemiddeld tussen 30-60km/uur op die paaie gery) :) Neem ook 'n padkaart saam, omdat daar in meeste gedeeltes nie selfoonopvangs is nie en mens dalk kan verdwaal as jy nie vooraf jou roetes beplan het nie...of as jy 'n pap wiel kry sal dit moeilik wees om iemand in kennis te stel. Ons het die toer na die teleskoop geniet en dit baie interessant gevind :)"

Sutherland

Blydevooruitsig Guesthouse

"Meeste restaurante maak laatmiddag oop; dit sou baie lekker wees as 'n mens kon koffie drink by 'n koffiewinkel in die dorp! Ons kon geen inligtingspamflet oor die dorp self vind nie."

Sutherland

The Whitehouse Inn

"Pragtige Karoo-dorpie met die mooiste sterre!"

Sutherland

Blydevooruitsig Guesthouse

"Dis 'n pragtige ou dorpie en uiters uniek! 'n Belewenis om te ontdek. Die mense is hartlik en jy voel orals tuis."

Sutherland

Kambro Kind Guesthouse

"Jy sal verlief raak op die plekkie as jy hou van stiltes, blou lug, jouself wil hoor dink en lief is vir die natuur."

Sutherland

The Whitehouse Inn

"Sterrekyk by Jurg is aan te beveel."

Sutherland

The Whitehouse Inn

"Sutherland gaan oor baie meer as net sterre en sneeu, hoewel die sterre beslis 'n hoogtepunt is. 'n Besoek aan die SALT teleskoop en Sterland is 'n moet. Die dorpie het 'n ryke geskiedenis asook 'n nasionale park. Dit was beslis die besoek werd."

Page
Page 30 - Showing 871 to 900
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!