Verified Reviews
Trompsburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Trompsburg
Rated 3.4 out of 5 based on 166 reviews.
"Besoek die Waterwiel vir die lekkerste kos ooit! Die pers winkeltjie is oop van 6 uur in die oggend tot 9 uur die aand en bied etes soos gaffels ens. Die vriendelikste diens en spotgoedkoop etes!"
"Pragtige dorpie, net jammer van die rommel wat die ingang na die dorp ontsier. (Vanaf Philippolis se kant)."
"Eerste keer in Trompsburg - baie netjiese dorpie met unieke eetplekke. Sal weer stop vir oornag.."
"Besoek gerus Snobs Coffee in die dorp, wat 'n onverwagte juweel. Heerlike omelette en varsgebakte koek."
"Ons geniet en waardeer 'n tipiese plattelandse dorp soos Trompsburg, maar omdat ons net oorgeslaap het en route na Graaff-Reinet, het ons nie die omgewing se besienswaardighede besoek nie."
"Weereens 'n vriendelike, skoon en onopgesmukte klein dorpie met onverwagte skatte wat wag om ontdek te word. Die Waterwiel Bakhuis is 'n wegneem ete restaurant wat net beleef moet word. Baie gerieflik geleë langs die N1, buite die gedruis van Bloemfontein en 'n ideale plek om oor te slaap op jou vakansie reis."
"Baie stil dorpie, maar beslis aanbeveelbaar vir daai lang reis Kaap se kant toe. 'n mens ry dit so maklik mis, maar daar is mense van ouds wat reg staan om gaste te ontmoet. Plattelandse gasvryheid met baie liefde."
"'n Baie vaal plekkie, maar wag net tot jy binne die dorpie is en die mense ontmoet. Regtig baie oulik en stil."
"Trompsburg het regtig nie veel in die dorp nie. Hul het 'n supermark, maar net die nodigste word daar verkoop. Dit is meer net 'n nood stop of nood slaapplek."