Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Uniondale

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Uniondale

Rated 4.2 out of 5 based on 109 reviews.

Uniondale

Potjiesrivier Selfsorg Akkommodasie

"Uniondale is 'n mooi skoon en goedversorgde dorpie, in teenstelling met talle ander plattelandse dorpe wat jammerlik deur hul plaaslike munisipale besture klaaglik verwaarloos en wanbestuur word. In hierdie opsig troon Uniondale bo die ander uit en vertoon vooruitstrewend."

Uniondale

Potjiesrivier Selfsorg Akkommodasie

"Is daar 'n gemeenskapsprogram in plek om die behoeftes van kinders aan te spreek?"

Uniondale

Potjiesrivier Selfsorg Akkommodasie

"Besoek die omgewing en spandeer tyd. Daar is baie om te verken."

Uniondale

Potjiesrivier Selfsorg Akkommodasie

"Dit is 'n plek waar daar eenheid bewerk word!"

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"Pragtige, skoon en mooi dorp."

Uniondale

Mountain Pastures

"Mooi dorp met goeie paaie."

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"Sou 'n groter keuse eetplekke met traditionele kosse wou sien. Ook snuffelwinkels en antieke en versamelaarswinkels. Moes Willowmore toe ry."

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"Pragtige omgewing."

Uniondale

Schulteheim Hotel

"'n Skoon, interessante en vriendelike dorp. Moenie net deurry nie, spandeer 'n paar nagte en verken en geniet die dorp."

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"As jy van spookstories hou is Uniondale net die bestemming vir jou. Skoon dorp met goeie eetplekke."

Uniondale

Schulteheim Hotel

"'n Baie mooi dorpie. "

Uniondale

Schulteheim Hotel

"Pragtige netjiese dorp."

Uniondale

Bo Kouga Mountain Retreat

"Ons het heerlike Bobotie geniet in African Aloe, my dag gemaak! Daarna hul golfbaan besoek, ongelooflik vir 'n Karoodorpie."

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"Baie klein dorpie en kan alles in een middag besigtig. Die ideale plek om net oor te slaap. Al die winkels was al om 15:00 gesluit en net 1 restaurant om aandete te nuttig, maar dis deel van die hele ondervinding. Het die verblyf baie geniet."

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"Oulik, maar kort meer bemarking."

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"Dis 'n jammerte (eintlik 'n skande!) dat daar nie van owerheidskant meer gedoen word om die dorp en omgewing se ryke geskiedenis 'n bietjie uit te dra nie. "

Uniondale

Ouwerf Gastehuis

"Baie rustige en veilige dorp om te oornag."

Uniondale

Marthinusberg Mountain Escape

"Ek kan nie enige uitstaande kenmerke van Uniondale onthou nie, behalwe dat die omgewing pragtig is, maar ons het slegs daardeur gery op pad na Marthinusberg. "

Uniondale

Marthinusberg Mountain Escape

"Pragtige dorpie, net baie koud in die maande wat ons dit besoek."

Uniondale

Uniondale Manor Guesthouse

"Dit is opvallend dat Uniondale as toeristedorp gewild is. Huise, erwe en strate vertoon netjies. Die bergfietstoer wat einde September hier begin (Karoo to Coast) is natuurlik 'n belangrike item op die kalender. Die enigste negatief is die aantal jong bedelaars wat ons lastig geval het. Gemeet aan die selfvertroue van die bedelaars kan ons net aanneem dat genoeg toeriste hulle beloon met 'n paar sente vir 'n brood. "

Uniondale

Uniondale Manor Guesthouse

"Die dorp is baie skoon en die inwoners doen moeite om dit vir toeriste aantreklik te maak."

Uniondale

Bo Kouga Mountain Retreat

"Mekka van die Karoo To Coast fietswedren, dis wat ons daar gaan maak het, op ons eie! "

Uniondale

Bo Kouga Mountain Retreat

"Gesellige koffiewinkel met heerlike kos en gebak."

Uniondale

Schulteheim Hotel

"Hierdie dorpie het baie meer gebied as wat ons verwag het. Almal is baie vriendelik en ons het heeltemal veilig gevoel te alle tye. Ons gasheer het vir ons plek bespreek by The Hungry Ghost en dit was 'n bitter oulike eetplekkie met heerlike kos teen baie billike pryse. As jy wil wegbreek van die gewone lewe en net 'n slag ontspan, is Uniondale die plek vir jou."

Uniondale

Schulteheim Hotel

"Vriendelike dorp. Tydens Paasnaweek moet beskikbare restaurante seker maak voorraad is beskikbaar. "

Uniondale

Schulteheim Hotel

"Rustige stil dorpie wat as 'n basis kan dien om die omgewing te verken."

Uniondale

Schulteheim Hotel

"Baie teleurgesteld. Het gegaan om my seuntjie die spookmeisie van Uniondale te gaan wys en daar is absoluut niks daarvan in die dorp nie."

Uniondale

Schulteheim Hotel

"Het nie die spook gesien nie."

Uniondale

Marthinusberg Mountain Escape

"Baie interesante dorp."

Page
Page 3 - Showing 61 to 90
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!