Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Baie oulike eetplekke langs die see en gerieflik geleë met lekker winkels, en tog naby aan al die toegangsroetes na Kaapstad. "
"'n Pragtige, historiese dorp met baie om te doen en te sien. Daar is heerlike staproetes en uitstekende restaurante. Die museum is 'n moet-sien."
"A lovely destination for those outdoor orientated - especially those who enjoy hiking and biking."
"Sal beslis weer daar gaan uitspan en dan alle paadjies uitstap en ook op die rivier gaan roei. Dit is naby 'n hele aantal besienswaardighede."
"Daar is nie baie te sien of doen hier nie, maar dit is baie naby aan Langebaan, Saldanha en ander kusdorpies. Dis 'n stil, rustige en veilige dorp."
"Dit is hoe ons dink 'n vakansiedorpie by die see moet lyk. Dit het geen handelsgedruis, maar is nogtans naby winkels. Die omliggende plekke is ook lekker om te besoek. By dit alles is Jacobsbaai prentjiemooi. Ons sal graag weer daar vakansie wil hou."
"Dit is 'n pragtige dorp waar rus en vrede in alle opsigte ervaar kan word, en waar die vriendelikheid en gasvryheid van die inwoners die besoekers met baie energie laat welkom voel. "
"Paternoster is 'n idilliese plek by die see. Die lang, ongerepte strand en vriendelike mense, vars lug, seekos, lenteblomme en natuurskoon maak dat mens net weer wil gaan."
"Hermanus het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n top-bestemming vir toeriste van heinde en ver. Veral buitelandse toeriste is gaande oor Hermanus. En natuurlik is dit ook die beste plek naby aan Kaapstad om die Suidelike Noorkapper-walvisse van die land af te sien."
"Dit is 'n baie mooi strand en nie te bedrywig nie. Dit is reg vir 'n wegbreek uit die bedrywige stadslewe."
"Dit is naby die studentedorp, maar nie deel daarvan nie, wat dit rustiger maak. Daar is goeie fasiliteite. Dit is naby die hoofweë."
"There's not a lot happening here, which is why we went. We enjoyed the morning market, went on a pub crawl (only visited 1 of the 2), and met with numerous locals. Robertson and numerous wine farms are all just around the corner. You can walk everywhere in McGregor. It's a very quite town . We had a great dinner in town. "
"Paternoster is 'n pragtige vissersdorpie en ons het heerlik daar "gekuier". Ons sal verseker weer terug gaan."
"Daar is soveel om te doen in Hartenbos! Langeberg Mall (wat net 'n paar minute se ry van die woonstel af is) het absoluut alles wat 'n mens nodig het. Die weer is heerlik daar en ons sal verseker weer teruggaan."
"Die padstal net buite Riversdale met die houtitems was baie besonders. Die mense is baie vriendelik - dit het ons laat verlang na 'n tyd toe ons in Laingsburg woonagtig was. Dit is sommer net lekker om die rustige klein dorpie te geniet. Die dorp lyk op die oog af netjies, asof dit gereeld in stand gehou word."
"Jammer so min van die oorspronklike vissershuisies is nog te sien - dit het beslis die bekoring van Paternoster beïnvloed."
"Enjoyed, but feel area is more for business - and not for holiday purposes."
"Oudtshoorn-mense is baie vriendelik! Mal oor die dorp. Daar is geweldig baie om te doen! 'n Mens kan alles definitief nie op een slag doen nie."