Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Williston

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Williston

Rated 4.1 out of 5 based on 204 reviews.

Williston

Ark Gastehuis and B&B

"Ons doen elke jaar 'n padvat van 5 000 km op die langpad deur die Kaap se vlaktes en bly ongeveer op nege plekke. Het al ontdek dat die klein, amper vergete dorpies die plekkies word wat ons nooit vergeet. Williston is een hiervan wat verras met sy mense, skoon strate, pragtige kerk en vetplant doolhof. Dis hier wat jy moet stop."

Williston

Zakrivier Guest Farm

"Pragtige klein Karoo dorp. Lekker aandete geniet by Manna op die dorp, enige tyd sal ek die restaurant aanbeveel! Die dorp het dan nog grond paaie!! "

Williston

Annie's Inn

"Must be the most underrated town in the Karoo."

Williston

Dorpshuis

"Dit is 'n pragtige dorpie met baie mooi argitektuur. Dit is veral ideaal vir oornag en die Williston Mall en restaurant was puik. Die gasvryheid was 'n heerlike kuier werd! "

Williston

Ark Gastehuis and B&B

"Aangenaam verras deur die uitstekende kos en diens by die Manna Restaurant. "

Williston

Dorpshuis

"Baie vriendelike klein dorp en die mense is baie hulpvaardig. "

Williston

Annie's Inn

"Ons was bly om 'n restaurant te vind wat op 'n Sondagaand oop was!"

Williston

Lord Willis Guest House

"Ons het die gevoel gehad dat die dorpje nie mooi wakker is nie. Hulle kan baie meer maak van bv. die AfrikaBurn-gangers (soos wat ons was), wat daar oornag op pad na die Tankwa. Dit is 'n strategiese oorslaap vir AfrikaBurn. Dit behoort ook so geadverteer te word. Ons het by Manna Restaurant geëet, deur die eienaar aanbeveel. Dit was wel goed, maar ons was die enigste mense daar. Miskien word Manna ook nie so goed adverteer nie? Die hele Williston ondervinding kry nie meer as 6 uit 10 nie. Ek is eghter oortuig die potensiaal is daar vir 'n 8! "

Williston

Annie's Inn

"Oral vriendelike, hulpvaardige mense."

Williston

Lord Willis Guest House

"Dorpie lyk sommer of daar vooruitgang is, en ek was aangenaam verras."

Williston

Annie's Inn

"'n Klein dorpie met opregte mense met warm harte!"

Williston

Annie's Inn

"Heerlik geëet die aand in die Manna Restaurant. Nooit onveilig gevoel nie."

Williston

Die Kuierhoekie

"Die Williston Mall is 'n belewenis! Die dorpie is netjies, rustig, atmosferies en veilig. Dit lyk nogal, as mens vergelyk met 'n paar jaar gelede, asof Williston 'n nuwe trots ontwikkel. Daar is nuwe gastehuise wat uitstekende akkommodasie bied."

Williston

Dorpshuis

"Stil Karoodorpie totdat jy rondbeweeg en al die lekker ervaar. Dis voorwaar manna vir die siel. "

Williston

Dorpshuis

"Baie oulike Karoo-dorp. Die beste wat ek nog gesien het."

Williston

Zakrivier Guest Farm

"Met behulp van die gasvrou, het sy ons gou gewys waar alles op die dorp is, watter dienste en besighede mense van hul huise af bedryf en die dorp het gou amper dieselfde geriewe as 'n groot dorp of stad gehad, behalwe dat dit rustig en stresvry ook was. Die Williston-mall was baie uniek en hulle restaurant is 'n plek waar mens ure kon sit. Daar is 'n slagpale wat vars en heerlike karoo-lam verkoop in alle vorme, klerewinkels, inkopiewinkels, 'n garage, motorherstelwinkel en nog restaurante met muurproppe en WiFi opvangs om ure by the sit. "

Williston

Dorpshuis

"Die Williston Mall is 'n moet sien!"

Williston

Annie's Inn

"Mense is vriendelik. Baie interessante stories."

Williston

Die Kuierhoekie

"Interessante plek en baie om te sien!"

Williston

Dorpshuis

"Oase in Suid Afrika met die rustigheid en skoonheid van die dorpie. Wat 'n klomp vriendelike inwoners. Besonderse natuurskoon. "

Williston

Annie's Inn

"'n Tekort aan aanbevelings oor besienswaardighed en historiese agtergrond."

Williston

Zakrivier Guest Farm

"Die Williston Mall was iets unieks om te sien en beleef! Nie vir veel meer as dit tyd gehad nie."

Williston

Dorpshuis

"Ek was verras met die dorp se netjiese en skoon strate. Tyd het ontbreek om meer van die dorp te besigtig."

Williston

Dorpshuis

"Sal nie daar vakansie hou nie, maar goed geleë vir oorslaap Kaap toe."

Page
Page 7 - Showing 181 to 204
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!