Alm-U
Review Summary
Pierre N - Dec 2020
Overall score
Die huis was goed uitgerus en baie skoon op aankoms.
Piet D - Dec 2020
Overall score
Heerlike wegbreek na grendeltyd.
Johnny V - Sep 2020
Overall score
Relaxed environment.
David G - Sep 2020
Overall score
Perfect position in town, a home that feels like home and lovely hosts - will definitely be back.
Read moreWilmarie S - Sep 2020
Overall score
Sorgelose wegbreek, ‘n huis weg van jou huis af.
Piet D - Feb 2020
Overall score
Numerous improvements since our last visit.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Talle verbeteringe sedert ons laaste besoek.
Ons was aangenaam verras met al die verbeteringe vandat ons laas hier was. Ons is verwelkom met gebottelde water en selfs 'n sjokoladetjie en beskuitjie vir elkeen. Die splinternuwe kombuis met moderne teëls en ligte graniet is 'n groot aanwins. Die nuwe Delonghi-masjien, wat met die druk van 'n knoppie werk, het ons elke keer met die heerlikste cappuccino's bederf. Die roostuin is 'n groot verbetering op die vorige woestyntuintjie en nooi mens uit om sommer bietjie op die gras te ontspan. Die alarm wat in die aand vir die tuin geaktiveer kan word, bied ook ekstra gemoedsrus. Ons sien julle beslis weer.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Beste Piet, dis vir ons lekker om te weet dat al die verbeteringe raakgesien en waardeer word. Julle is enige tyd weer welkom.
Natasja A - Dec 2019
Overall score
Well located, lovely unit and well-equipped!
Alm-U's response
Dear Natasja, we're glad that you've enjoyed your stay, and would love to invite you for a longer stay to thoroughly enjoy the patio. Hope to see you soon.
Elma K - Nov 2019
Overall score
We enjoyed the tranquility.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons het die rustigheid geniet.
Ons het weereens baie lekker gebly. Die huis is pragtig binne en mooi skoon. Die kombuis is nuut oorgedoen. Ons waardeer die sekuriteit buite. DStv is nou baie beperk.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Beste Elma,
Dis vir ons lekker as ou gesigte weer kom kuier, en nog lekkerder as hulle die verbeteringe raaksien en waardeer.
Hoop ons sien julle gou weer.
Groete
Anlie
Anna Maria V - Nov 2019
Overall score
Lieflike huis, modern binne, alle nodige geriewe. Stapafstand van al die oulike plekke in die dorp.
Read moreAdri B - Nov 2019
Overall score
Baie gerieflik, soos by die huis.
Alm-U's response
Beste Adri, ons is bly dat julle die tydjie by Alm-U geniet het.
Kom kuier asseblief gou weer.
Eric R - Nov 2019
Overall score
Heerlike ruim huis, volledig toegerus met al die geriewe van 'n warm kombers tot 'n koffiemasjien, kaggels en lekkerste toegemaakte kuierstoep, hoogs aan te beveel, sal beslis weer en weer gaan!
Read moreAlm-U's response
Beste Eric,
Baie dankie vir die vyfster-resensie. Ons is bly om te hoor dat julle Alm-U geniet het.
Ons hoop om julle spoedig weer te verwelkom.
Groete
Anlie
Herman B - Oct 2019
Overall score
Lekker sentraal met onderdakbraai-area.
Alm-U's response
Beste Herman
Ons is bly dat julle die huis en al sy ekstras geniet het. Die koffiemasjien is reeds vervang en die nuwe een werk klopdisselboom. Ons hoop julle kom kuier gou weer om dit op die proef te stel.
Emsie D - Sep 2019
Overall score
Fantastic: Kitchen remodeled.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties: Kombuis nuut oorgedoen.
Die naweek-verblyf was fantasties. Alm-U is naby die hoofstraat, maar ver genoeg om nie die hoofpad se geraas te hoor nie. As 3 ouer pare was dit lekker om elk ons eie kamer met 'n dubbelbed te hê. Beddens met goeie kwaliteit, kraakvars en skoon linne het heerlik geslaap. Die elektriese komberse was 'n bonus vir 'n koue naweek. Die huis is baie gerieflik ingerig en ons het gebruik gemaak van die toegemaakte stoep al was dit 'n koue, winderige naweek. Die kombuis is nuut oorgedoen en die graniettoonbanke en teëls is pragtig. Die wit kassie laat die vertrek ruim vertoon. Was gerieflik vir 3 vriendinne om saam kos te maak. Die skottelgoedwasser is 'n aanwins. Goeie aanwysings na die plek en hoe om die alarm the gebruik. Sal vir seker die plek aanbeveel en weer gebruik. Ons derde keer op Dullstroom en dié was beslis die beste blyplek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie vir die volpunte resensie en positiewe terugvoer. Ons is bly dat julle die opknappings geniet het en hoop dat dit sal bydra tot 'n sien-julle-beslis-weer ervaring.
Ons sien daarna uit om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.
Jacqueline V - Aug 2019
Overall score
Definitely worth it!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Defnitief die moeite werd!
Baie dankie aan Alm-U vir die wonderlike blyplek. Ons het baie gerieflik gebly. Ons as 'n jong groep vriende het dit vreeslik geniet, veral die netjiese en lekker kuierarea. Ons sal dit beslis aanbeveel vir almal. Die foto's doen Alm-U nie eers justice nie. Baie dankie aan Alm-U wat ons besoek aan Dullstroom soveel lekkerder en definitief die moeite werd gemaak het!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Beste Jacqueline,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is so bly dat die 7 van julle 'n vyfster-ervaring gehad het en sien uit daarna om julle sommer gou weer by Alm-U te verwelkom.
Groete,
Alm-U
Sandra R - Jul 2019
Overall score
Relaxation, everything was provided!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlik ontspan, alles was voorsien!
Baie rustige deel van Dullstroom. Veiligheid wat Alm-U aanbetref het ons baie veilig gevoel met binne en buite alarm stelsel. Alhoewel ons ons eie toiletware saam gevat het, het die wat voorsien is tog 'n goeie indruk gelaat. Die kombuisware was skoon en netjies alles op hulle plek en goed toegerus. Pluspunt vir Alm-U daar is genoeg speletjies voorsien vir vermaak. Enigste klagte is die mat in hoofslaapkamer, kort 'n diep skoonmaak.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Beste Sandra,
Dankie vir die positiewe terugvoer en goeie raad. Ons is bly om te sien dat julle lekker gebly het en die huis geniet het.
Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom.
Groete,
Alm-U
Duane R - Jul 2019
Overall score
Fantastiese waarde vir geld!
Alm-U's response
Beste Duane Ons sien daarna uit om julle weereens terug te verwelkom.
Antoinette V - Jun 2019
Overall score
Cute place.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Oulike plekkie.
Baie oulike plekkie. Ten volle toegerus om gemaklik vir langer as 'n naweek ook te bly. Die hoofslaapkamer is pragtig met sy eie kaggel, pragtige badkamer en stoepie. Plekkie is groot genoeg vir 'n groot gesin, mooi, ruim kamers op die onderste vloer en elektriese komberse op die bed vir die koue. Heerlike braai-area asook 'n kaggel onder in die sitkamer. Ek sal beslis die plek aanbeveel en weer soontoe gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Beste Antoinette
Ons is so bly dat julle 'n vyfster-ervaring gehad het. Ons sien daarna uit om julle sommer gou weer by Alm-U te verwelkom.
Elmarie K - Jun 2019
Overall score
Lekker huis. Net baie koud.
Alm-U's response
Beste Elmarie
Ons is bly dat julle lekker gekuier het en die kaggel kon geniet. Kom kuier asseblief gou weer.
Piet D - May 2019
Overall score
Great! We will definitely come back again.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Puik! Ons kom beslis weer terug.
Hierdie is voorwaar die lekkerste huisie wat ons al in Dullstroom bespreek het. Ons gaan hom vir seker volgende keer weer bespreek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Beste Piet
Ons is bly om te hoor dat julle lekker gekuier het. Ons sien daarna uit om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.
Safety At Work S - May 2019
Overall score
Lekker ruim plek om te bly.
Alm-U's response
Beste Safety at Work
Ons is bly julle het kom kuier. Ons hoop om julle gou weer te ontvang.
Stella G - Mar 2019
Overall score
Ek het al die geriewe van my huis, en meer, op vakansie.
Read moreAlm-U's response
Ons is so bly julle het tuis gevoel en gerieflik gebly. Dankie vir jou raad oor die hoofslaapkamer. Die gloeilampe is reeds vervang.
Ons hoop om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.
Michael C - Mar 2019
Overall score
Stil, salig en romanties!
Alm-U's response
Beste Michael,
Ons is bly julle het 'n volpunte-ervaring gehad. Ons hoop om julle sommer gou weer by Alm-U te verwelkom.
Susan V - Mar 2019
Overall score
Fantasic.
Alm-U's response
Beste Susan,
Ons is bly julle het lekker gekuier. Ons hoop om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.
Vera R - Feb 2019
Overall score
Gerieflike en maklik bereikbare akkommodasie.
Alm-U's response
Baie dankie. Ons is bly julle het lekker gekuier.
Jana G - Jan 2019
Overall score
Beter as enige hotel.
Alm-U's response
Beste Jana,
Ons sien uit na julle volgende kuier. Dankie dat julle Alm-U gekies het.
Adriaan S - Nov 2018
Overall score
Fantastiese ligging met meer as die nodige geriewe.
Alm-U's response
Ons is bly julle het lekker gekuier, en hoop om julle gou weer by Alm-u te verwelkom.
Gert V - Nov 2018
Overall score
Very quiet and battery is recharged.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker rustig en battery is herlaai.
Baie lekker gebly, als wat jy nodig sal kry is reeds in die huis, bring net jouself en jou persoonlike items. Ligging baie lekker nie te naby besige hoofstraat nie. Stort baie lekker, sal voorstel om vloer van stort van beton te maak en te teel met sit plek teen linkerkantste muur vir ouer persone. Meer hout kan verskaf word vir kaggels. Braai op stoep baie lekker, as die deksel bv. heeltemal boontoe kan oop maak of af gehaal word (sal verhoed dat hakkies op kettings oop buig) om uit pad te wees. Alarm, meer inligting gee vir gaste om buite alarms aan te sit en nog steeds vrylik in huis kan beweeg. Ons het baie lekker gebly, wil graag weer bespreek het vir Kersfees,maar ongelukkig reeds vol bespreek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie vir jou goeie raad. Ons beplan 'n paar verbeteringe en sal jou op hoogte hou. Ons is bly julle het lekker ontspan en sal julle graag weer ontvang.
Elmary L - Oct 2018
Overall score
Ons het heerlik ontspan en tuis gevoel. Dit voel sommer soos jou eie plekkie wanneer jy inloop.
Alm-U's response
Ons is bly julle het lekker gekuier. Ons hoop om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.
Colleen B - Jun 2018
Overall score
Awesome house.
Gert D - Jun 2018
Overall score
We had a great time. Thank you.
Estelle R - Jun 2018
Overall score
Unbelievable!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ongelooflik!
Was doodmoeg! Huis was so lekker cozy. Mooiste ou meubels. Heerlike kaggels. Hoop om 'n vriendin van UK in Desember te bring.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie. Bly julle het heerlik gekuier.
X
Neels S - Apr 2018
Overall score
Aangename, rustige naweek.
Alm-U's response
Baie dankie Neels. Bly jul het lekker gekuier. Hoop jul kuier gou weer by Alm-U.
Liaan K - Apr 2018
Overall score
Lekker rustig.
Nastasha W - Mar 2018
Overall score
Wonderlik.
Magriet D - Dec 2017
Overall score
Baie lekker gewees dankie!
Alm-U's response
Baie dankie vir jou mooi terugvoer, ons geniet ons huis net so baie. Bly om die rustigheid te kan deel.
Elma K - Dec 2017
Overall score
Dit was baie lekker en ons het die uitstappie baie geniet.
Read moreAlm-U's response
Dankie vir jou terugvoer. Ons geniet weer ons huis se ou Dullstroom "look" en charm en wil nie graag die buitekant en ou plaas heining en hek vervang nie. Bly jul het die huis binne positief en gerieflik gevind.
Moné S - Oct 2017
Overall score
Beautiful house with a tranquil atmosphere.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Pragtige huis met 'n rustige atmosfeer.
Netjies, skoon, toegerus met alles wat ek nodig gehad het en perfek vir 'n naweek-wegbreek. Eienaars is vriendelik en behulpsaam.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie Moné. Dit is lekker om te hoor dat julle lekker, gerieflik en rustig gebly het. Julle is welkom.
Louis B - Sep 2017
Overall score
Rustig en veilig.
Jill I - Sep 2017
Overall score
Cosy and comfortable.
Read moreAlm-U's response
Thank you glad you are safe back home. Thank you for the nice review.
This is our home away from home and we stay there as often as we can. We are still deciding if we should replace the old fence and farm gate as we love the feel of it.
We understand it's not everybody's taste.
Wiehan B - Aug 2017
Overall score
It was fantastic.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was fantasties.
Alm-U is 'n baie goeie verblyf opsie in Dullstroom. Ons was 'n groep van 6 mense wat vir die naweek by Alm-U gebly het. Kaggels regdeur die huis het gehelp om die koue uit te hou. Die stoep wat toegemaak kan word met seile is 'n baie gesellige kuierplek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie vir die goeie terugvoering. Dit is lekker om te weet julle het dit geniet.
Charmaine R - Aug 2017
Overall score
Lovely stay in neat, clean accommodation and close to amenities in town.
Alm-U's response
Thank you. Glad you had a great time. You are welcome any time.
X
Jozet M - Jul 2017
Overall score
Lovely stay, home meets the basic needs.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker gebly, die huis voldoen aan die basiese behoeftes.
Warm beddegoed is 'n essensiële noodsaaklikheid vir hierdie huis. Somerlakens en kussingslope doen nie die ding in die middel van die winter in die tweede koudste dorp in die land nie! Verder het ons baie lekker gekuier. Die stoep is 'n wenner.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Dankie vir jul terugvoer. Ons sal dit in ag neem.
Esther V - Jul 2017
Overall score
Baie gerieflik.
Alm-U's response
Verwarmers is n veiligheids risiko aangesien gaste in die verlede nie die verwarmers afsit nie. Jammer julle het so koud gekry. Ons waarsku almal oor die koue en almal is welkom om hulle eie warmkomberse saam te neem. Dullstroom is vreeslik koud in die winter.
Anita S - Jan 2017
Overall score
Very comfortable and relaxing.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie gerieflik en rustig.
My dogter het van haar goed in die kas vergeet toe ons daar ry. Ek het die eienaar geskakel en sy het dit persoonlik vir my in Nelspruit kom aflewer.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Dit is 'n groot plesier. Julle is baie welkom.
Landi A - Nov 2016
Overall score
Excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekend.
Huis was netjies en skoon. Het die naweek baie geniet en lekker gerus. Ons sal definitief weer in Alm-U gaan bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Ek hoop ons sien jul gou weer.
Adel C - Oct 2016
Overall score
Well equipped and very neat.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Goed toegerus en baie netjies.
Die huis is goed toegerus en in 'n goeie kondisie. Die kaggels skep 'n lekker atmosfeer vir die koue.aande.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Dankie Adel. Ek hoop ons sien julle gou weer.
Lezette V - Sep 2016
Overall score
We felt very spoilt.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker bederf gevoel.
Die huis is pragtig met alles wat nodig is.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie. Ek hoop ons sien jul weer.
Ronél R - Sep 2016
Overall score
Oulik
Alm-U's response
Baie dankie Ronel. Ek waardeer jou terugvoering. Ek hoop ons sien jou weer in Alm-U.
Esther V - Aug 2016
Overall score
Cosy.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Knus.
Baie lekker. Sal graag weer daar bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie vir jou terugvoering. Dis lekker om te weet julle het jul tyd geniet. Ek hoop jul gaan kuier gou weer by Alm-U.
Matilda en Adriaan Bester
Sonja M - Jul 2016
Overall score
Value for money.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Waarde vir geld.
Die gastehuis is baie goed toegerus.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alm-U's response
Baie dankie vir die terugvoering, ons waardeer dit. Ek hoop julle gaan kuier gou weer by Alm-U.
Matilda en Adriaan
Renscha H - May 2016
Overall score
Rus en vrede is te vinde by Alm-U!
Alm-U's response
Baie dankie Renscha. Dis lekker om te hoor julle het dit geniet.
Dankie vir die terugvoer. Julle is baie welkom.
Matilda en Adriaan
Duane R - Mar 2016
Overall score
Absolute waarde vir geld ten opsigte van fasiliteite, netheid en ligging!
Alm-U's response
Hi Duane,
Dankie vir die positiewe terugvoer. Hoop jul kom herlaai julle batterye gou weer.
Rene E - Feb 2016
Overall score
Besonder lekker. Sal dit sterk aanbeveel.
Alm-U's response
Dankie Rene. Bly julle het lekker gekuier. Hoop ons sien julle gou weer.
X
Matilda
Shane S - Nov 2015
Overall score
Very nice cozy little house. Perfect for a weekend away out of the city.
Alm-U's response
Glad you had a nice and comfortable stay. Hope you visit Alm-U soon again. Thanks.
Dirk C - Oct 2015
Overall score
Gerieflik en toeganklik met die nodige geriewe en toerusting om in die somer lekker oor te bly.
Read moreAlm-U's response
Dankie vir die terugvoering Dirk.
Ons is bly julle het lekker gekuier en gerus.
Sien julle hopelik gou weer.
Matilda en Adriaan Bester.
Esti V - Sep 2015
Overall score
Dit was soos 'n droom, ons huisie omring met mis!
Alm-U's response
Hi Esti,
Baie dankie julle. Hoop jul gaan kuier gou weer by Alm-U.
Nicole O - Aug 2015
Overall score
A lovely quaint house located in the heart of Dullstroom.
Alm-U's response
Baie dankie Nicole. Bly julle het lekker gebly. Hoop jul kom bly sommer gou weer in Alm-U.
Matilda en Adriaan
Petronel F - Aug 2015
Overall score
Goeie ervaring!
Alm-U's response
Hi Petronel,
Lekker om te hoor julle het jul verblyf geniet. Hoop jul kom kuier gou weer in Alm-U.
Brenda V - Aug 2015
Overall score
Warm en knus.
Alm-U's response
Goeie dag Brenda,
Ons is bly jul het Dullstroom geniet. Hoop ons sien jul gou weer.
Ons huis is nog in proses. Ons wag net vir 'n stiller tyd dan bou ons 'n braai-kamer voor op die stoep, maar dankie ons waardeer jou terugvoer.
Adriaan en Matilda
Enna A - Jun 2015
Overall score
Wegbreek-kans!
Alm-U's response
Goeie dag Enna,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons het al die moontlikheid van elektriese komberse op die beddens bespreek, maar dit hou vir ons 'n groot risiko in, in terme van krag besparing asook brandgevaar. Dit is 'n selfsorghuis wat beteken dit word nie daagliks deur skoonmakers skoongemaak nie, dus is daar niemand wat kan toesien dat die komberse afgeskakel is as gaste die huis verlaat nie. Ons wil ook nie gaste blootstel aan die verantwoordelikheid om komberse af te sit nie, sou hulle die huis verlaat. Ons verstaan wel dat Dullstroom baie koud is gedurende die winter.
Rudu D - Apr 2015
Overall score
Die akkomodasie was uitstekend en die diens puik.
- Capacity: 7 people
-
Check-in: 14:00 to 17:00
Check-out: 10:00 - Address: Stand 297, Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- All ages welcome