The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Die Rondawel | TravelGround
+44

Die Rondawel

38 reviews
Self Catering

Review Summary

4.9 out of 5from 38 reviews for Die Rondawel
Cleanliness
4.9/5
Service
5.0/5
Location
4.8/5
Safety
4.9/5
Value for money
4.8/5
Engela V - Sep 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Engela V
With spouse/partner

Lekker paradysie.

Mens voel sommer dadelik tuis met eerste kontak en ontvangs; die pragtige groen tuin is verassend en Die Rondawel met mooi dekor was heerlik gemaklik.

Margaret C - Feb 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
2/5
Margaret C
With spouse/partner

Very welcoming hostess. We stayed in The Nessie unit.

The kitchen did not have a microwave as advertised which we felt should be an essential in a self catering unit. Overpriced for what you get.

Louise S - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Louise S
With spouse/partner

'n Perfekte oornagslaapplek. Sou egter graag langer wou bly as die tyd dit toegelaat het.

Die Rondawel is ruim, asook die badkamer. Die kombuis het alles wat nodig is, selfs ontbytkos, beskuit en reusegroot vars eiers in die yskas. Die Rondawel loop uit op 'n lushof van 'n tuin waar jy kan ontspan en kan afkoel in die swembad. Dit was 'n genot om daar tuis te gaan. Baie dankie aan Anphia wat ons onmiddellik laat welkom voel het.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om jul te ontvang Louise! Dit is altyd lekker om te hoor hoe gaste ook ons lushof van 'n tuin geniet!

Die Rondawel
Sarah P - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Sarah P
With spouse/partner

Most beautiful evening walk. Our dogs were delighted and most welcome.

Only slight downside was a bit of a chicken smell but otherwise perfect.

Die Rondawel's response

Glad you enjoyed our home away from home. Yes we do have a chicken smell! One of the results of a working farm ;) with 21000 chickens producing eggs! We do grow our own veggies and use our own organically produced compost from chicken manure to fertilize our veg garden and feed for the livestock. As we are a working farm, various "farm-smells" and farm activity and noise is present. But at least we do not have any traffic noise! Hope to see you again.

Die Rondawel
Ilse V - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Ilse V
With spouse/partner

Comfortable overnight stay between George and Pretoria.

Clean, comfortable on-site farm with beautiful garden and pool.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Gerieflike oornagverblyf tussen George en Pretoria.

Skoon, gerieflike kamer op plaas met pragtige tuin en swembad.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Die Rondawel's response

Bly jul het dit geniet Ilse! Hoop om jul weer te ontvang!

Die Rondawel
Renier B - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Renier B
Family with young children

100% perfek vir ons behoefte. 5 ster voëlkyk opsie!

Anphia en familie die perfekte gashere. Pragtige swembad vir kinders om te speel en geniet. 5 ster voëlkyk geleentheid op die plaas met byna 70 spesies gesien gedurende vroegoggend geleentheid.

Die Rondawel's response

Dit was 'n fees om jul te ontvang oom. Die kennis wat ons self opgedoen het by jul agv die voëls is van onskatbare waarde! Ons is bevoorreg om in die paradys te woon en werk, en daagliks gegroet te word met voël-gesang en in die aand nag-gesê te word deur die nonnetie-uil! Hoop om jul weer te ontvang!

Die Rondawel
Deon L - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
5/5
Deon L
Family with young children

Lekker oornagplekkie.

Ons het baie lekker gebly by Die Rondawel. Die eenheid is baie mooi binne en buite met als wat jy kan nodig het. Die melk, beskuit en eiers was n baie oulike touch. Ons dogtertjie het die klimraam en trampoline vreeslik geniet. Anphia was 'n uitstekende gasvrou en ons sal beslis weer kom.

Die Rondawel's response

Bly ons kon jul kuier lekker maak Deon! Dit is alty lekker om te hoor die gaste geniet ons vars-gebakte beskuit en eiers en die kinders die speel geriewe! Ek sien uit om jul weer te ontvang!

Die Rondawel
Elsabe H - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Elsabe H
With spouse/partner

Ongelooflike gasvryheid, netjies en skoon verblyf, 'n lushof.

Ons verblyf was die kersie op die koek van ons hele vakansie, die laaste aand se oorslaap die moeite werd, moes net langer gebly het, maar sal so maak wel 'n volgende keer. Netjies, skoon, goed toegerus, en die tuin 'n lushof. Baie vriendelike gasvrou, Anphia, laat jou sommer vergeet van al die N1-verkeerstres en ons het heerlik ontspan.

Die Rondawel's response

My "kersie op die koek" is as ek gelukkige gase het wat ons stukkie paradys net so geniet soos ons! Dankie Elsabe vir jul kuier, jul moet verseker volgende keer 'n dag langer bly!

Die Rondawel
Marlisé T - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Marlisé T
Family with young children

Absoluut fantasties.

Die plaas is 'n lushof! Pragtige tuine. Die rondawel is gerieflik en die decor is treffend.

Die Rondawel's response

As ons gaste met 'n verkwikte gees wegry is ons gelukkig! Hoop om jul gou weer te sien Marlise!

Die Rondawel
Pieter V - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Pieter V
With spouse/partner

Onverwagte oase.

Vriendelike ontvangs, pragtige tuin en 'n snoesige blyplek. Geleentheid om te gaan stap en wonderlike sonsondergang. 'n Ware juweel.

Die Rondawel's response

Om 'n Vrystaatse sonsondergang op die vlaktes te beleef is 'n besonderse ondervinding! Bly ons kon dit met jul deel! Hoop om jul vinnig weer te sien en te onthaal in ons oase!

Die Rondawel
Nelia L - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Nelia L
With spouse/partner

Pragtige plek.

Baie netjies en mooi, ongelooflike mense.

Die Rondawel's response

Bly jul was gelukkig by ons Nelia. Dit is heerlik as ons gaste tevrede is!

Die Rondawel
Mj G - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Mj G
Individual traveler

Baie netjies en stylvol met pragtige tuin.

Die Rondawel is fantasties. Pragtige groen tuin, pragtige bome, baie voëls, lekker swembad en mooi uitsigte oor vlaktes. Ook wonderlik om die stilte te ervaar asook die gasvryheid. Sien uit om weer te gaan.

Die Rondawel's response

Het lekker saam met jou gekuier Tienie. Dit is 'n voorreg om ander natuur-liefhebbers te ontmoet! Hoop om jou gou weer te sien!

Die Rondawel
Talita M - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Talita M
With spouse/partner

Fantastiese geriewe, vriendelike diens en ideale ligging.

Egte plattelandse gasvryheid van die oomblik wat ons daar aangekom het. Ons was ingewag met 'n lekker koppie koffie en beskuit onder 'n groot koelteboom in die tuin. Die eenheid waarin ons geslaap het was pragtig skoon en netjies. Selfs ons hondekind was welkom.

Die Rondawel's response

Ons is self lief vir ons hondekinders, daarom is hul altyd welkom Talita. Die rustigheid wat ons groot "ou-groen reuse" skep kan nie onderskat word nie! Hoop om jul gou weer te sien!

Die Rondawel
Joanne K - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Joanne K
With spouse/partner

Very comfortable and beautifully decorated.

Anphia is a delightful hostess.

Die Rondawel's response

It was lovely to meet and host you Joanne. Hope to see you soon!

Die Rondawel
Jan D - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Jan D
Individual traveler

Very good service and spacious accommodation.

I was warmly welcomed and they helped arrange dinner in town. The unit is spacious and well appointed. If that's important to you, there's no TV.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Baie goeie diens en ruim goeie verblyf.

Ek is vriendelik ontvang en hulle het sommer help reël dat ek aandete op die dorp kan kry. Die eenheid is ruim en goed ingerig. As dit vir jou belangrik is, daar is geen TV.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Die Rondawel's response

Dit was lekker om oom te ontvang. Ons probeer altyd help waar ons kan al is dit net met aandete as jul laat arriveer! Hoop om oom weer te sien!

Die Rondawel
Edwin F - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Edwin F
Family with young children

Great farm!

Nice place to stop where the people are friendly.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Lekker plaas!

Lekker plek om te stop waar die mense vriendelik is.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Die Rondawel's response

Die plaas lewe is altyd aantreklik vir die kinders! Hoop om jul weer te ontvang Edwin!

Die Rondawel
Lené V - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Lené V
With spouse/partner

Beautiful accommodation with very friendly service.

The rondavel is beautiful and very neat. The owners went out of their way to make the experience pleasant. Our expectations were exceeded.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Pragtige verblyf met baie vriendelike diens.

Die rondawel is pragtig en baie netjies. Die eienaars gaan uit hulle pad om die ervaring aangenaam te maak. Ons verwagtinge was oortref.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Die Rondawel's response

Skoonheid en netheid is hoop op ons prioriteit lysie! Hoop om jul weer te ontvang Lene

Die Rondawel
Jana H - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Jana H
With spouse/partner

'n Bekoorlike oornagrondawel, privaat en gerieflik ingerig!

Heerlike oornag-opsie! Anphia het uit haar pad gegaan om ons tuis te laat voel. Ons het selfs 'n toer van haar moderne hoender-boerdery gehad wat dié stadsjapies se dag gemaak het! Die private rondawel is gerieflik ingerig en skoon, met heerlike vars dubbeldoorplaaseiers om self vir ontbyt gaar te maak. 'n Bekoorlike oornagrondawel net van die N1 af suid van Bloemfontein op pad Colesberg toe.

Die Rondawel's response

Wonderlik om inligtig en nuwe ervarings oor te dra Jana! Ek glo mens moet iets nuuts leer elke dag! Bly jul ondervinding en ervaring was lekker, hoop om jul weer te onvang!

Die Rondawel
Jan V - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Jan V
Family with teenagers

Wonderlike, rustige oorslaap naby aan N1.

Ons kon nie vir meer vra - dit was die ideale oorslaapplek na 'n dol dag op die pad. Baie netjies, goed toegerus met 'n pragtige tuin en rus en vrede!

Die Rondawel's response

Rus en vrede is waarna ons streef! Bly ons kon jul dit bied Jan! Hoop om jul weer te ontvang!

Die Rondawel
Louisa V - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Louisa V
With spouse/partner

Ons was verras met die diens wat ons gekry het in hierdie buitewyke van 'n klein Vrystaatse dorpie.

Skoon, netjies, gasvry!

Die Rondawel's response

Die Vrystaat het baie interessante plekkies, die geheim is om hul te ontdek! Bly dat ons een van die verrassings kon wees! Hoop om jul weer te ontvang Louisa!

Die Rondawel
Deon T - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Deon T
Family with young children

Hartlike ontvangs en vriendelike diens met baie netjiese kamer en mooi tuin.

Anphia is 'n vreeslike vriendelike gasvrou wat ons baie welkom laat voel het. Dit was baie verwelkomend om na 'n lang rit tuisgebakte beskuit en koffie te kon nuttig. Die kamer is baie mooi en skoon en die pragtige tuin skep 'n lekker atmosfeer. Die ontbyt wat jy self kan maak was ook heerlik. Baie aangename ervaring.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om jul te ontvang Deon. Ek is vreeslik bly as jul dit hier geniet het. My doel is om n lafenis te skep na n laaaang N1 rit.
Hoop om jul weer te ontvang!

Die Rondawel
Elizabeth V - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Elizabeth V
Family with teenagers

Heerlike oase naby die N1.

Die Rondawel is 'n pragtige oornagplek. Die lafenis van hul tuine, swembad, gasvryheid en goeie ligging maak dit 'n heerlike plek om by te oornag.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om jul te ontvang Elizabeth.

Ons hoop om jul gou weer te sien.

Groete
Anphia

Die Rondawel
Yelia H - Dec 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Yelia H
With spouse/partner

Ons verblyf was baie aangenaam en ontspanne.

Wat 'n heerlike voorreg was dit om na 'n lang pad by so 'n pragtige plaas aan te kom. Anphia is 'n warm en spontane gasvrou en in alle opsigte behulpsaam. Die eenheid was lieflik skoon. Die natuurskoon is besonders en daar is heerlike roetes om langs te stap. Ons sal sonder twyfel weer by Die Rondawel oornag. Baie dankie vir 'n heerlike tyd.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om jou en Stephen te ontvang Yelia. Ons is baie bly as ons plekkie jul kon help ontspan na die lang pad.
Hoop om jul gou weer te sien.
Groete
Anphia

Die Rondawel
John W - Oct 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
John W
With spouse/partner

Wonderful place and hosts.

Thoughtful attention to detail with country charm and hospitality. Anphia ensures one is welcomed and cared for. Die Rondawel is a calm oasis of tranquility, away from the stress and traffic of the N1.

Die Rondawel's response

It was so nice to meet you and Judith John. Glad you enjoyed our little hide-away. Hope to see you again.

Die Rondawel
Monica J - Aug 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Monica J
Family with teenagers

Heerlik rustig, baie smaakvol ingerig, heerlike ontbyt.

Die Rondawel is baie, baie spesiaal, baie netjies en smaakvol ingerig. Heerlike warm beddens - dit was koud toe ons daar was. Baie mooi ligging in 'n wonderlike tuin, omring deur die mooi landskap. Ons het baie welkom gevoel en kon lekker rus. 'n Mens kan ook bietjie gaan stap. Daar was so lekker bederf dinge vir ons met vars plaas eiers en die lekkerste boerewors. Ons sal beslis weer kom! Baie dankie!

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om julle te ontvang Monica. Ons is so bly jul kon die rustigheid van ons plasie in die Vrystaat geniet. Ons hoop om jul gou weer vir n naweek te sien.

Die Rondawel
Liezl C - Apr 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Liezl C
Family with teenagers

Gasvryheid gevolg met heerlike slaap.

Wonderlike oorslaap op pad na die see. Mense is ongelooflik gasvry en die akkommodasie is skoon, gemaklik, pragtig en alles wat nodig is, is daar. Dankie.

Die Rondawel's response

Bly as jul gelukkig was Liezl. Hoop om jul weer te sien!

Die Rondawel
Alan F - Mar 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Alan F
With spouse/partner

Peaceful location, friendly host and comfortable accommodation.

This is the perfect spot for a restful, stress-free visit. Anphia makes guests feel most welcome and the lush green surroundings provide just the tonic needed for weary travellers. Highly recommended.

Die Rondawel's response

It was a pleasure meeting you, Alan. I hope you enjoyed your visit to sunny (or in this case, rainy) South Africa! We hope to see you again on your next visit to our lovely country.

Enjoy your tour and travel safe!

Die Rondawel
Pieter V - Feb 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Pieter V
Individual traveler

Onvergeetlike ervaring.

Al waaroor ek regtig spyt is, is dat ek net een nag hier oornag het. Die gasvrou het uit haar pad gegaan om my te laat tuis voel. Die omgewing is besonder mooi en ek het kalmte en rustigheid ervaar weg van die gejaag van die stad. Die akkommodasie is prakties en skoon. Ek kan beslis Die Rondawel aanbeveel en sal definitief terug kom.

Die Rondawel's response

Was heerlik om jou te ontvang Pieter. Altyd lekker om nuwe mense te ontmoet! Sien uit om jou gou weer te sien.

Die Rondawel
Mireille J - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Mireille J
With spouse/partner

Pragtige verblyf geleë tussen bome en 'n tuin wat jou laat wonder is jy regtig op 'n gasteplaas.

‘n Juweel van ‘n rondawel geleë net buite Trompsburg. ’n Mens kan die sorg en detail sien wat ingespan is met die inrig van hierdie rondawel. Jy word ontvang met die vriendelikheid wat mens sou verwag van die mooie Vrystaat. Lieflike landskap, tuin en geriewe wat mens tuis laat voel. Hierdie akkommodasie sal ons vir seker weer sien.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om julle te ontmoet Mireille, hoop regtig om julle gou weer te sien!

Die Rondawel
Gerrit T - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Gerrit T
Family with young children

Plattelandse gasvryheid.

Baie dankie Anphia, Rudi en Kotie vir julle gasvrye verwelkoming en gasvryheid. Ons het die oornag baie geniet. Die rondawel is baie netjies en gemaklik ingerig en ons het baie die boma so in die tuin geniet.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om jul te ontvang Gerrit. Bly julle kon deel in ons tuin-rustigheid. Hoop om jul weer te sien.

Die Rondawel
Marie V - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Marie V
With spouse/partner

Heerlik!

Wat 'n oulike, skoon, netjiese (alles nuut!) eenheid en vriendelike mense. Ons was so jammer ons het net vir een nag oorgebly.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om jul te ontmoet en te onthaal tannie! Hoop om jul weer te sien!

Die Rondawel
Thomas A - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Thomas A
With spouse/partner

Vriendelike veilige familieplaas met respek vir privaatheid, wonderlike aandag aan detail, pragtige oase in die Vrystaat grasveld, sal enige tyd weer oorbly.

Vra vir Anphia oor die hoenderboerdery, dit is baie interessant! Ruim plekke om veilig te gaan verken.

Die Rondawel's response

Was heerlik om jou en Caz te ontmoet! Lekker gekuier om die boma saam met julle! Hoop om jul gou weer te sien!

Die Rondawel
Colette J - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Colette J
With spouse/partner

'n Regte oase na 'n langpad se ry. 'n 5-ster bederf!

Die gasvrou is vriendelik. Die akkommodasie is uitstekend - beslis 'n 5-ster stop. En die ontbyt was ook heerlik. Silwerskoon.

Die Rondawel's response

Dit was net n voorreg om jul te ontvang Colette! Gevoel ons ken mekaar al jare! Hoop ons sien jul gou weer!

Die Rondawel
Carlien G - Dec 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Carlien G
Family with young children

Onvergeetlik spesiaal, ons kom vir seker terug!

Hierdie oorslaapplekkie het daai ietsie ekstra wat almal graag wil hê maar nie in woorde kan beskryf. Dan nog boonop die bederf van vars gebakte beskuit en die heerlikste muffins saam met vars plaas lug. Oase in die Vrystaat, mooiste tuine. Ons het gesukkel om weg te kom, wou net langer bly.

Die Rondawel's response

Dit was sooo lekker om julle te ontmoet Carlien. Die kinders het hulle regtig terdeë geniet. Elke persoon wat ons hier ontmoet verryk ons lewens en dit was verseker ook so met julle.

Die Rondawel
Norma P - Dec 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Norma P
With spouse/partner

Vriendelike diens, netjies, skoon. Goed toegerus. Ons sal beslis weer inboek.

Puik. Vriendelike diens, netjies, skoon. Goed toegerus. Ons sal beslis weer inboek.

Die Rondawel's response

Dit was heerlik om julle te ontvang Kobus. Sien uit om jul gou weer te sien.

Die Rondawel
Diane L - Dec 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Diane L
With spouse/partner

A hidden gem!

Thank you for an amazing little oasis, in the middle of nowhere, where we spent a comfortable night to break the long trip from the Cape to Johannesburg. Beautifully decorated, with such friendly, helpful hosts. We will definitely make this a regular stop when driving this road in the future.

Die Rondawel's response

It was a pleasure hosting you guys Diane. Every one of our guests feels like family when they leave.
Hope to see you soon again.

Die Rondawel
Dewald R - Dec 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Dewald R
Individual traveler

Uitstekend.

Baie vriendelike diens, rondawel goed uitgerus met alle benodigdhede.

Die Rondawel's response

Baie dankie Dewald, hoop om jou gou weer te sien.

Die Rondawel
Peter S - Sep 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Peter S
With spouse/partner

Wonderlik

Rustig, 5-ster, fantastiese host, pragtige plek!

Die Rondawel's response

Was heerlik om jul te ontvang Peter. Sien uit om jul weer te sien in die toekoms.

Die Rondawel
From R900
per night (sleeps 2)
From R900
per night (sleeps 2)
From R900
per night (sleeps 2)
Make a Booking
  • Capacity: 6 people
  • Check-in: 14:00 to 19:00
    Check-out: 10:00
  • Address: S542, Trompsburg, 9913, Free State
  • All ages welcome
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe1648a2d9efc74145efcf4ea1033939431f8b24711df92aa3e29da22fa090c7a5f7e7be720d857e0437080cfbd28d7dd9560?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format From R900  per night (sleeps 2) 38 5 1 5 S542 Trompsburg 9913 Free State 0860 022 102 14:00-19:00 10:00 -30.026022 25.715379
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!