Festina Lente in Onrus
Review Summary
Chanel S - Jun 2022
Overall score
Pragtige plek.
Festina Lente in Onrus 's response
Chanel, dit was ons plesier om julle as gaste te ontvang en al het ons nie saam gekuier nie, sien ons uit na julle volgende besoek. Alles van die beste vorentoe.
Liesbet K - May 2022
Overall score
Goeie blaaskans.
Festina Lente in Onrus 's response
Baie dankie, Liesbet. Ons glo ook dis 'n ideale plek vir diep asem haal. Kom kuier gerus gou weer.
Annetjie J - Mar 2022
Overall score
Skoon, netjies, 'n fees vir die oog.
Festina Lente in Onrus 's response
Dankie Annetjie en vriende, dis altyd 'n fees om gaste soos julle by Festina Lente In Onrus te onthaal. Ons hoop julle voete vind eendag weer hul pad terug na ons plekke. Tot dan, alles van die beste.
Suretha R - Mar 2022
Overall score
Lui lekker verblyf.
Festina Lente in Onrus 's response
Suretha, baie dankie vir jou woorde van lof, ons waardeer dit baie.
En net terloops, ons ondersoek die voor- en na-dele van strandhanddoeke, so wie weet, volgende keer hoef julle dalk net julle eie kos hoef te voorsien. Kom maak gerus gou weer 'n draai!
Fransonette S - Mar 2022
Overall score
Heerlike rustige kuierplek.
Festina Lente in Onrus 's response
Hallo Fransonette, ons is bly julle het lekker gebly en hoop julle sal gou weer kom kuier!
Nico V - Dec 2021
Overall score
Heerlik en veilig en skoon.
Festina Lente in Onrus 's response
Dankie Nico, familie, en ook vierpotiges,
Jou resensie sluit sleutelwoorde in wat ons van oor tot oor laat glimlag.
Hoop julle almal kan eendag weer kom kuier.
Corne V - Jul 2021
Overall score
Ons kon net afskakel en batterye laai!
Festina Lente in Onrus 's response
Dankie vir jou resensie, Corné, dis beslis ook ons battery-laai plek! Ons hoop om julle en die hondjies weer in die toekoms te sien. Tot dan, alles van die beste!
Beverley B - Apr 2021
Overall score
Festina Lente was conveniently situated for all we wanted to do and was easy to find.
Festina Lente in Onrus 's response
Thank you Beverley, we were so honoured that you and you family (furry ones included) decided to stay at Festina Lente in Onrus and you are most welcome to come again as you were very gracious guests. Thank you also for your useful recommendations.
Mari O - Jan 2021
Overall score
Onvergeetlike lekker kuierplekkie, met alles wat jy nodig het om dit gerieflik en aangenaam te maak.
Festina Lente in Onrus 's response
Dis musiek in ons ore, Mari. Ons is so dankbaar dat jy en jou familie (ook die klein vierpotiges) julle Kaapse vakansie by ons huisie gehou het. Mag julle strandherinneringe julle weer laat terugkom.
Alles van die beste.
Jana V - Jan 2021
Overall score
Heerlik rus in Onrus.
Festina Lente in Onrus 's response
Dankie baie Jana, ek weet dis die tweede keer dat julle met kind- en hondefamilie kom kuier het en ons beskou dit as 'n groot kompliment. Ons hoop om julle almal binnekort en baiemale weer te sien.
Karin V - Dec 2020
Overall score
'n Heerlike gesellig kuier saam met familie en vriende met die opening van die kreefseisoen.
Festina Lente in Onrus 's response
Karin, ons vertrou julle het lekker kreef geëet en dat julle weer saam met jul hondemaats en ander familie sal kom kuier. Sien julle een van die dae weer.
Pippa M - Nov 2020
Overall score
So tuis soos by jou eie huis.
Festina Lente in Onrus 's response
Dankie Pippa en vierpoot-familie. Ons mag dalk jou opskrif vir een van ons advertensies gebruik! Ons sien uit daarna om julle in die nabye toekoms weer te verwelkom.
Chivaugn G - Oct 2020
Overall score
We spent a week in this quaint house.
Festina Lente in Onrus 's response
Thank you so much for your generous comments. So sorry to hear that you were sick while visiting Festina Lente In Onrus. We trust that the happy memories will soon overtake the negative ones and that you'll visit again when there's sunshine everywhere.
Naomi P - Oct 2020
Overall score
Baie lekke kuier, net die weer wat op die laaste dag saam kom speel het.
Festina Lente in Onrus 's response
Aaa, Naomi en Kie, ons is so bly dat julle en die kleintjies lekker gekuier het. Dis ons hoop dat ons julle gou weer sal sien - en dat die son volgende keer die hele tyd sal skyn. Ons hoor ook julle voorstel oor die dak oor die braai-area - dis beslis iets wat ons sal oorweeg.
Roelien R - Sep 2020
Overall score
Klein, maar gemaklik.
Read moreFestina Lente in Onrus 's response
Hallo Roelien, ons is baie dankbaar vir jou eerlike en opregte kommentaar. Jy't vir ons 'n bietjie huiswerk gegee en ons sal beslis daaraan aandag gee. Ons hoop wanneer julle eendag weer kom kuier, dat alles presies sal wees soos julle daarvan sal hou.
Veronica C - Aug 2020
Overall score
Fabulous getaway in Onrus!
Read moreFestina Lente in Onrus 's response
Veronica & co, you warm the cockles of my heart with your kind words. We're so glad you chose to 'break' lock down at Festina Lente In Onrus and we look forward to host you and your daughters again in the near future. Until then, stay safe!
Gerhard L - Jan 2020
Overall score
Oupa en ouma met twee dogters van oorsee en twee kleindogters op soek na 'n paar dae by die see.
Read moreFestina Lente in Onrus 's response
Hallo Gerhard en familie
Wat 'n lekker boodskap om te ontvang. Dankie dat julle ons plekkie gekies het en ons is bly julle het dit geniet. Julle kan enige tyd weer kom inloer.
Jana V - Jan 2020
Overall score
Heerlike week in Onrus.
Festina Lente in Onrus 's response
Jana, jy en jou hele familie (ook die vierpotiges) is baie welkom om enige tyd weer te kom kuier! Ons is so bly om te hoor julle het julself geniet.
Tot weersiens!
Charné V - Oct 2019
Overall score
Dit was ontspannend, heerlik en smaakvol tog huislik ingerig. Die baie badkamers is beslis wonderlik! Ek sal beslis weer teruggaan.
Read moreFestina Lente in Onrus 's response
Dankie vir jou opregte en openlike terugvoer en jou praktiese voorstelle. Ons sal beslis dink aan maniere om die geraas aan die straat se kant van die huis te verminder; miskien sal ons die boonste bed na die ander kant van die huis toe skuif.
Ons sien beslis uit na jou, jou dierekinders en jou vriende se volgende besoek, want julle is model-gaste!
Joe D - Mar 2019
Overall score
Pleasant, central and adequate for a holiday stay.
Festina Lente in Onrus 's response
Thanks, Joe and family, it means so much to us to hear that guests enjoyed their stay at Festina Lente In Onrus. We look forward to seeing you again sometime in the future.
All the best.
Lindie, owner.
Marcelle H - Feb 2019
Overall score
Absolutely awesome.
Festina Lente in Onrus 's response
Dear Marcelle,
We appreciate your encouraging words very much and look forward to hosting many guests as wonderful to have as you and your family were.
Au revoir,
Lindie
Claudia M - Sep 2018
Overall score
Very nice and neat, very very peaceful. I'll come again.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie mooi netjies, baie baie rustig. Ek kom weer.
Pragtige huis en plek om weg te breek vir ‘n vakansie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Festina Lente in Onrus 's response
Dankie, Claudia, jy gebruik woorde wat ons harte warm laat klop. Ons sien uit na julle volgende kuiertjie!
Wian J - Aug 2018
Overall score
A simplistic holiday at a peaceful little town.
Festina Lente in Onrus 's response
Thank you, Wian and friends. We are so happy to hear that others also enjoy the peaceful haven that we have tried to create at our home in Onrus, despite the name paradox.
Do visit again!
Mikyle D - May 2018
Overall score
Excellent and relaxing.
Festina Lente in Onrus 's response
Hi Kyle,
Thanks for your kind words. We look forward to having you, your friends and your furry family to stay at Festina Lente in Onrus again.
All the best,
Lindie
Welna J - Jan 2018
Overall score
Kunstige, knus interieur sê dadelik "welkom!" en ontdekking van goeie boeke en DVD's maak dat mens wil aanbly.
Read moreFestina Lente in Onrus 's response
Welna, al het ons nie ontmoet nie, voel dit of ons al jare vriende is. Baie dankie vir jou mooi woorde oor ons wegkruip-kuierplekkie. Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom.
Irvin K - Dec 2017
Overall score
Heerlik.
Festina Lente in Onrus 's response
Baie, baie dankie vir julle resensie, dit beteken vir ons baie. Ons sien uit daarna om julle weer te onthaal. Groete, Lindie. Festina Lente in Onrus
- Capacity: 6 people
-
Check-in: 14:00 to 17:00
Check-out: 10:00 - Address: 5 De Kock Close, Onrus, 7201, Western Cape
- All ages welcome