Glipsie By Die See
Review Summary
Johan D - Apr 2021
Overall score
Kuier lekker.
Glipsie By Die See's response
Dankie baie Johan vir jou goeie gradering en resensie. Ja nee kyk, daar is bitter min plekke in ons land waar kinders nog so sorgeloos en vry kan speel sonder dat ons as ouers bekommerd moet wees waar hulle is en of hulle veilig is. Dit is beslis een van die aspekte wat Pearly Beach Oord en Glipsie by die See 'n ideale naweek, lang naweek of vakansie bestemming maak. Groetnis en ons sal julle met graagte weer terug verwelkom by Glipsie.
Groete
Pieter en Miems du Toit.
Chanelle A - Mar 2021
Overall score
Baie lekker ontspan!
Glipsie By Die See's response
Hello Chanelle
Baie dankie vir jou goeie resensie.
Jy is beslis n vrou van min woorde, maar jou resensie spreek boekdele op hul eie.
Ek is seker julle kan ook nie wag vir die dag wat julle self hier in die oord julle eie huisie sal hê en nie meer as "gaste" hierna toe hoef te kom nie.
Vriendelike Groete
Pieter & Miems du Toit
Carmen S - Feb 2021
Overall score
Ons het die kuier baie geniet.
Glipsie By Die See's response
Hello Carmen
Baie dankie vir julle resensie.
Ons waardeer dit en stel dit hoog op prys.
Ons is altyd baie bly wanneer gaste lekker by Glipsie vertoef het en ook baie tevrede is met die diens wat hulle kry.
Ons sien uit na julle volgende kuier.
Vriendelike Groete
Pieter & Miems du Toit
Helen H - Dec 2020
Overall score
Lovely beach 3 mins walk away.
Glipsie By Die See's response
Thank you for your positive review. Yes unfortunately the houses are in close proximity of each other but that also contributes to the excellent security of the resort and people can genuinely relax. You might hear the neighbours but not necessarily see them.
Monya V - Sep 2020
Overall score
Heerlike ontspanne kuier ten spyte van slegte en koue weer.
Read moreGlipsie By Die See's response
Hallo Monya
Baie, baie dankie vir jou fantastiese resenie van Glipsie, dit word opreg waardeer.
Die weer is die een aspek waaroor niemand van ons beheer het nie en dis juis hoekom ons daarna strewe om vir gaste 'n "home away from home" wil gee. Daar is niks meer frustrerend in die lewe om vasgevang te wees in 'n vakansie plekkie met slegte weer en die huis voldoen ook nie regtig aan jou behoeftes nie. Juis daarom het ons ook al die verskillende tipe bord en kaart speletjies in die swartkas in die sitkamer sodat families vir hulself geleenthede kan skep om die tyd saam te kan geniet. Daar is ook die swingball stel vir kinders om hulself buite te kan entertain sonder heeltyd onder ma en pa se voete te wees.
Ons is baie bly julle het dit so baie geniet en sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom, hopelik volgende keer met beter weers omstandighede. Nogmaals baie dankie.
Viendelike Groete
Pieter en Miems du Toit
Magda V - Mar 2020
Overall score
Rustig, rustig, rustig.
Read moreGlipsie By Die See's response
Hello Magda
Baie dankie vir julle baie goeie terugvoer en resensie oor Glipsie, dit word baie hoogs waardeer. Dit is ons strewe om vir ons gaste 'n huis weg van hul huis te gee, 'n plek waar hulle gemaklik kan voel en maak soos hulle ook by hulle eie huis maak. Sulke goeie resensie en terugvoer sê vir my ons slaag daarin, maar ons sal altyd strewe daarna om nog beter te kan doen.
Ons sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom by Glipsie.
Groete
Pieter & Miems du Toit (Eienaars)
Hendrik V - Feb 2020
Overall score
Ek sal gerus enige toekomstige gaste aanbeveel. Die eenheid is so gemaklik en netjies. Dit was 'n plesier om daar te bly.
Glipsie By Die See's response
Hello Hendrik.
Baie dankie vir jul positiewe kommentaar, ons waardeer dit opreg. Ons is baie bly dat julle die verblyf geniet het. Vertrou Glipsie sal julle beslis weer in die toekoms sien.
Groete,
Pieter en Miems du Toit
Chrisna M - Jan 2020
Overall score
Heerlik gekuier in veilige omgewing.
Glipsie By Die See's response
Dankie Chrisna sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom by Glipsie.
Pieter en Miems du Toit
Neels H - Dec 2019
Overall score
Lovely resting place.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlike rusplek.
Baie dankie dat ons in Glipsie by die see kon gaan uitspan. Ek het lanklaas in so 'n goed toegeruste huis, tuisgegaan. Alles was netjies en skoon. Die skottelgoedwasser was regtig 'n bonus. Ons tieners het die WiFi geniet. Gaan definitief weer.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Hello Neels
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer en goeie rensensie vir Glipsie - ons waardeer dit opreg. Ek en my eggenote streef regtig daarna om vir gaste n huis weg van hul eie huis te gee waar hul gemaklik kan voel en leef asof dit hul eie is. Ons sien uit daarna om julle weer terug te kan verwelkom.
Groetnis
Pieter en Miems du Toit
Mariaan A - Dec 2019
Overall score
A fantastic experience.
This review has been translated,click hereto view the original version.
'n Fantastiese ervaring.
Wat 'n wonderlike ervaring. Baie netjies en skoon. Net wat ons nodig gehad het. Gaan definitief weer terug.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Hello Mariaan
Baie dankie vir julle komplimentêre rensensie van Glipsie - dit word hoogs waardeer. Ons is besonder bly as julle alles wel en tot jul bevrediging gevind het en ons sien uit daarna om julle in die toekoms weer te verwelkom by Glipsie.
Vriendelike Groete,
Pieter en Miems du Toit
Waheed A - Oct 2019
Overall score
A great little place with everything you need.
Glipsie By Die See's response
Dear Waheed,
Thank you kindly for your great review - this is much appreciated. Also, thank you for the compliment. I try and make my guests feel welcome and at home too. I do want people to come back to Glipsie knowing what it has to offer and how they experience it.
Kind regards
Pieter and Miems du Toit
Kobus D - Oct 2019
Overall score
Quiet and tasty and little trouble.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustig en lekker en min moeite.
Ons het baie lekker gebly. Die huis is baie goed toegerus. Ons kan die huis aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Dankie Kobus ek is bly as julle lekker gekuier en gebly het, dis altyd lekker om te hoor. Sien jou weer met 'n volgende bespreking.
Pieter & Miems du Toit
Chadlee L - Sep 2019
Overall score
Definitely a home away from home.
Glipsie By Die See's response
Hello Colleen
Thank you very much for your kind words, it is much appreciated. And thank you for your repeat business, this is hugely appreciated and I believe also a true reflection of what Glipsie has to offer its guests. Thank you again and we are looking forward to your next visit.
Kind regards,
Pieter and Miems du Toit
Tessa O - Aug 2019
Overall score
Very comfortable cottage.
Glipsie By Die See's response
Hello Tessa
Thank you for your kind review of Glipsie - this is much appreciated. Glad you found it comfortable and to your liking. We are looking forward to your future return visits to Glipsie.
Kind Regards
Pieter & Miems du Toit
Johann S - Aug 2019
Overall score
Baie lekker en gerieflik!
Glipsie By Die See's response
Hello Ansie,
Baie dankie vir jou mooi resensie. Dit is altyd lekker wanneer gaste hul verblyf by Glipsie genotvol vind. Ek neem kennis van die byl en sal beslis 'n plan laat maak daarmee. Sien uit na julle terugkeer na Glipsie.
Vriendelike Groete
Pieter & Miems du Toit
Lionel M - Jul 2019
Overall score
Sal beslis weer daar gaan tuisgaan.
Glipsie By Die See's response
Hello Lionel,
Baie dankie, ons sien uit na julle terugkeer. Baie bly as Glipsie aan julle behoeftes voldoen het, dis altyd lekker wanneer gaste tevrede is met wat hul ontvang vir hul rand waarde.
Groetnis
Pieter & Miems du Toit
Dorianne K - Jul 2019
Overall score
Dit was heerlik!
Read moreGlipsie By Die See's response
Goeie dag Dorianne,
Baie dankie vir julle pragtige en komplimentêre rensensie van Glipsie - dit word hoogs waardeer. Ons is besonder bly as julle alles wel en tot jul bevrediging gevind het en ons sien uit daarna om julle in die toekoms weer te verwelkom by Glipsie.
Vriendelike Groete,
Pieter en Miems du Toit
Marthinus S - Jun 2019
Overall score
Stil en rustig.
Glipsie By Die See's response
Hello Martin
Baie dankie vir julle positiewe terugvoer - ons waardeer dit opreg. Sien julle weer op n volgende geleentheid.
Groete
Pieter & Miems
Melani E - Apr 2019
Overall score
Waarde vir geld!
Glipsie By Die See's response
Beste Melani,
Baie dankie vir die vol-sterre beoordeling van Glipsie - somtyds spreek dit meer boekdele as woorde. Ons waardeer dit opreg en is baie bly dat julle so lekker gekuier en gebly het by Glipsie by die See.
Ons sien uit na jul volgende kuiertjie.
Mooi loop en groete,
Pieter en Miems du Toit
Neil P - Mar 2019
Overall score
Fantasties.
Glipsie By Die See's response
Beste Neil,
Baie dankie vir jul positiewe kommentaar, ons waardeer dit opreg. Ons is baie bly dat julle die verblyf geniet het. Vertrou Glipsie sal julle beslis weer in die toekoms sien.
Groete,
Pieter en Miems du Toit
Andy V - Feb 2019
Overall score
Fantastic and friendly place.
Fiona - Oct 2018
Overall score
Wonderful place.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlike plekkie.
Fantastiese kuier naby die see. Huis skoon en het alles wat mens nodig het. Almal vriendelik. Weer was lieflik. Kan nie wag vir volgende kuier nie!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Baie dankie Fiona, ons is baie tevrede as julle lekker gekuier het en ook baie bly die weer het saam gespeel met jul kuiertjie. Ons sien baie uit daarna om julle weer terug te verwelkom by Glipsie.
Groete
Pieter en Miems du Toit
Carla D - Oct 2018
Overall score
Had a great stay, everything we needed was in the house!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker gekuier, als wat jy benodig is in die huis!
Heerlike plekkie om na weg te breek, goeie waarde vir geld!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Baie dankie Carla en familie ons is regtiug bly as julle lekker gekuier het. Sien julle weer in die toekoms ook.
Groetnis,
Pieter en Miems
Leon B - Jul 2018
Overall score
Huis weg van jou huis af.
Glipsie By Die See's response
Beste Leon,
Baie dankie vir jou mooi woorde, ons is baie bly as julle dit so baie geniet. Kom kuier gerus weer - mens rus regtig lekker in Pearly en by Glipsie!
Groete
Pieter en Miems du Toit
Neels L - Jul 2018
Overall score
Ons het baie lekker gebly en die mense is baie vriendelik en het vir ons tuis laat voel. Die kinders het hulle gate uit geniet.
Read moreGlipsie By Die See's response
Hello Neels
Baier dankie vir jou mooi resensie en vriendelike woorde, ons waardeer dit opreg. Ja, Pearly is verseker 'n mooi en baie vriendelike en ook veilige plek, waar kinders nog in die straat kan speel en jy nie hoef te bekommer oor hul doen en late nie. Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom by Glipsie.
Vriendelike groete
Pieter en Miems du Toit
Clement M - Jun 2018
Overall score
Had a great stay, outstanding.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Het baie lekker gebly, uitstekend.
Ons verblyf by Glipsie By Die See was baie lekker. Skoon en baie gerieflik. Die area is mooi en veilig - thumbs up, great place to stay. Waarde vir geld.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Bly julle het die verblyf geniet Clement, maak gerus weer so! Dankie vir die goeie en mooi resensie.
Groete
Pieter en Miems
Gabrie S - Jun 2018
Overall score
Awesome.
Glipsie By Die See's response
Thank you Gabrie, always nice to hear that guests enjoyed their stay at Glipsie.
Best wishes your side!!
Regards,
Pieter & Miems
Andre S - Jun 2018
Overall score
Baie oulik en lekker.
Glipsie By Die See's response
Hello Andre,
Baie dankie - dis werklik n riem onder ons harte wanneer gaste weer en weer terugkom en net goeie goed oor Glipsie te se het. Baie dankie vir jul goeie en gereelde ondersteuning, dit word hoogs waardeer.
Beste wense vir jou en jou wederhelfte, ons kyk uit vir julle volgende kuiertjie :-) :-) !!
Groete,
Pieter & Miems
Marietjie B - May 2018
Overall score
Heerlik gerus en tweede asem gekry.
Glipsie By Die See's response
Beste Marietjie,
Baie dankie vir jou mooi terugvoer en positiewe aanbeveling van Glipsie - ons stel dit werklik hoog op prys. Ek sal jou ook persoonlik kontak ten opsigte van die toiletsitplek - geen gebreke is aan my gerapporteer deur die agent nie.
Alles wat mooi, ons sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom by Glipsie.
Groete,
Pieter en Miems du Toit
André V - Apr 2018
Overall score
Moet die naam na Toyota verander, want alles is reg!
Glipsie By Die See's response
Hello Andre,
Baie dankie vir jou komplimente dit is regtig wonderlik vir ons wanneer ons sien gaste het hul verblyf tyd by Glipsie geniet. Ek wil egter net een korreksie maak op jou terugvoer ons voorsien wel beddegoed vir gaste dit is net handdoeke wat gaste hul eie moet verskaf.
Dankie nogmaals en hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Groete
Pieter en Miems
Nelis Van As V - Mar 2018
Overall score
Fantasties. Een sin is te veel.
Glipsie By Die See's response
Hello Nelis,
Sjoe baie dankie dit is n groot kompliment, ons waardeer dit ongelooflik baie. Ek is baie bly as julle die tydjie daar geniet het en Glipsie aan al julle behoeftes voldoen het. Dit is n riem onder die hart want ons streef daarna om vir gaste n huis weg van die huis te gee. Dis lekker as mens gemaklik in iemand anders se plek kan wees en ook jouself kan wees. Ons sien uit na julle volgende besoek by Glipsie.
Groete,
Pieter en Miems
Sonja S - Feb 2018
Overall score
Ideale plekkie om jouself weer te vind.
Glipsie By Die See's response
Hello Sonja,
Baie dankie vir julle positiewe kommentaar en ons is baie inskiklik dat julle die verblyf tydperk geniet het en lekker rus ook gevind het. Vertrou Glipsie sal julle beslis weer in die toekoms sien.
Groete,
Pieter en Miems du Toit
Hein S - Oct 2017
Overall score
Very neat place with all the facilities. We enjoyed our stay.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie netjiese plekkie met alle geriewe ons het heerlik gekuier.
Hoogs aan te beveel, baie netjiese plekke naby aan alles.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Baie dankie Hein ons hoop om julle in die toekoms weer terug te verwelkom by Glipsie.
Frank M - Oct 2017
Overall score
Lekker ruskansie by die see ...
Glipsie By Die See's response
Goeiedag Frank,
Baie dankie, ons is bly dat julle die rustyd geniet het. Glo en vertrou julle sal in die toekoms weer graag van ons wil gebruik maak. Tot volgende keer.
Groete
Pieter
Leon B - Sep 2017
Overall score
Dit het gevoel asof ons by ons 2de huis was, baie lekka.
Andre S - Sep 2017
Overall score
Rus vir die siel.
Glipsie By Die See's response
Baie dankie Andre en baie bly julle het die rus kansie geniet. Sien uit daarna om julle weer by Glipsie te verwelkom.
Groete
Pieter
Aj B - Aug 2017
Overall score
Lovely, peaceful and neat accommodation at the sea.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lieflike, rustige en netjiese verblyf langs die see.
Die eienaars het voorwaar moeite gedoen met die inrig van die plek om te verseker dat alles wat mens moontlik nodig sou hê (plus nog 'n bietjie) beskikbaar is vir gebruik. Die plek is baie netjies en was silwerskoon met ons aankoms. Ons sal beslis weer daar tuisgaan!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Tanja C - Apr 2017
Overall score
Lekker gebly in baie netjiese huis.
Read moreGlipsie By Die See's response
Hello Tanya
Baie dankie vir jou mooi resensie van Glipsie, ek waardeer dit baie. Ek wil darem egter van jou verskil oor die jongmense en te alle tye stilte aspek, dit is nie heeltemal so erg nie. Baie gesinne met kinders en ook jong mense kuier in Pearly Beach en geniet dit terdeë. My eie kinders, 24 + 26, gaan baie soontoe met hulle vriende - kuier, lag, gesels, speel en geniet musiek, solank dit darem net binne redelike tye gedoen word. Soos in enige woongebied moet die mense wel jou bure in ag neem en nie na 22:00 in die aand 'n steurnis wees vir ander mense nie. Pearly Beach is soos 'n aftree oord, so daar is baie pesionarisse wat huis eienaars is ja, maar die oorgrote meerderheid huis eienaars daar is nog werkende mense. Pearly Beach Oord is darem nog nie 'n outehuis nie. Skool vakansies en lang naweke wemel Pearly Beach van kinders op fietse en in die strate wat speel en raas en hulself geniet. Dit hou ook die ou mense jonk.
Vriendelike groete
Pieter du Toit
Eienaar
Adrie L - Mar 2017
Overall score
Great.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Was heerlik!
Dis die eerste keer wat ons 'n plek is wat waarlik petfriendly is, erf omhein, so hondjies kan heerlik buite bly as jy dalk wil uitgaan!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rouxda V - Feb 2017
Overall score
Great!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker.
Ons het ons gate uit geniet by Glipsie. Daar is als wat jy nodig sal hê tot speserye as jy joune vergeet het soos ek het, tot 'n pot vir potjiekos. Daar is volle DStv maar kinders het skaars TV gekyk aangesien hul heeldag buite en by die strand baljaar het. Die kinders het dit ook geniet hulle kan self parkie toe stap en heel dag fiets ry aangesien dit so rustig en veilig is. En die beddens was super comfy, gewoonlik is die beddens by plekke baie ongemaklik maar ons het vreeslik lekker geslaap. Ons beplan om definitief weer terug te kom want dit was net te lekker en gemaklik.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Hello Rouxda
Baie baie dankie vir jou goeie terugvoer en mooi woorde - ons waardeer dit ongelooflik baie. Ja, ons probeer beslis vir mense n huis weg van die huis gee - en dit is hoekom Glipsie so goed toegerus is. As ons sê jy hoef slegs kos, klere, bad handdoeke en persoonlike badkamer benodigdhede te bring dan bedoel ons dit .
Julle is welkom om weer te kom kuier en ons verwelkom julle terug. Ons kyk uit vir julle volgende bespreking.
Vriendelike Groete
Pieter & Miems du Toit
Danie D - Dec 2016
Overall score
Peace for your soul.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rus vir die siel.
Baie rustig. Lekker ontspannend in goed toegeruste huisie. Net wat ons nodig gehad het.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Andre S - Nov 2016
Overall score
Very pleasant, clean and cute. Really worth it.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie aangenaam, skoon en oulik. Dit is werklik die moeite werd.
Was saam met 2 volwasse kinders daar, en die plekkie was heeltemal groot genoeg vir ons.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Hello Andre
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer dit word hoog op prys gestel. Ons strewe daarna om vir daardie "home away from home" te gee. En nie hierdie kliniese en duursame ingerigte woning waar mens glad te bang is om iets te doen nie want netnou breek iets.
Kom kuier gerus weer asseblief, ons geniet en waardeer dit wanneer ons gaste dit ook geniet.
Vriendelike Groete
Pieter & Miems du Toit (Eienaars)
Nerine K - Oct 2016
Overall score
Wonderful!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlik!
Hierdie is 'n klein versteekte juweel! Ons het ons tydjie so baie geniet, veral my seuntjie. Die plekkie het letterlik alles wat 'n mens benodig en is volledig omhein so dit was lekker veilig vir my seuntjie om buite te speel (dankie vir die swing-ball, dit het ons so lekker laat lag). Die rustigheid van die omgewing en natuurskoon is net wat 'n mens nodig het vir 'n lekker ontspannende wegbreek! En ook die "local" winkeltjie wat letterlik alles verkoop! Ek wil net vir Pieter ook dankie sê vir sy vriendelikheid en gasvryheid. Ons sal definitief weer gaan kuier en ek kan met vertroue die plekkie aan ander ook voorstel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Glipsie By Die See's response
Hello Nerine
Sjoe ek moet regtig vir jou baie baie dankie sê vir jou vriendelike en mooi woorde oor Glipsie by die See. Dit is regtig n riem onder ons hart wanneer gaste so n genotvolle tydjie by Glipsie het - en ons weet ons strewe na 'n "huis weg van die huis" vir ons gaste is 'n werklikheid. Gaste moet altyd welkom voel in so n plekkie - nie te bang om iets te doen want netnou breek iets of smeer dit vuil of iets dergeliks nie - gaste moet optree asof dit hul eie plekkie ook is.
Baie baie dankie en ons sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom by Glipsie.
Vriendelike Groete
Pieter du Toit (Eienaar)
Reginald O - Aug 2016
Overall score
Uitstekende verblyf, goed ingerig en baie netjies.
Glipsie By Die See's response
Goeie dag Reginald,
Baie dankie vir jou vreindelike en mooi terugvoer mbt Glipsie en julle verblyf daar. Dis altyd lekker om te weet wanneer gaste hulle kuiertjie en verblyf daar geniet het - en julle is welkom om weer terug te kom ook. Glipsie sien uit daarna om weer vir julle van verblyf te kan voorsien.
Groete en lekker dag.
Pieter du Toit
Anne-marie W - Jul 2016
Overall score
Lovely breakaway from the city!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlike wegbreek uit die stad se geraas!
Aangename ervaring. Baie skoon en netjies. Beskik werklik oor alle geriewe wat mens dalk mag nodig kry.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Irna L - Apr 2016
Overall score
Perfekte gesinswegbreek.
Read moreGlipsie By Die See's response
Goeie dag Irna
Ek wil jou baie dankie sê vir die baie positiewe en mooi terugvoer wat jy vir Glipsie gedoen het - ons strewe regtig daarna om dit vir gaste 'n "home away from home" te maak met al die geriewe en gemak van jou eie huis ook. Julle is meer as welkom om Glipsie weer te kom besoek en sien uit na julle volgende kuier.
Groete
Pieter du Toit (Eienaar)
Karl O - Feb 2016
Overall score
Excellent position, quiet area, beach close by, house very well appointed.
Makkie S - Sep 2015
Overall score
Oovergeetlik!
Annalise B - Jul 2015
Overall score
I will definitely visit again.
Elmari S - Apr 2015
Overall score
It's what you need to get away and rest with all the comforts of home.
Esmari M - Sep 2014
Overall score
Presies die wegbreek ons nodig gehad het.
Maggie E - Jul 2014
Overall score
'n Lekker rustige en vriendelike omgewing.
Carina B - Jul 2014
Overall score
Lovely stay at Glipsie by die see
- Capacity: 4 people
-
Check-in: 14:00 to 21:00
Check-out: 11:00 - Address: 57 Melkhout Avenue, Pearly Beach, 7221, Western Cape
- All ages welcome