Lagoonside@77
Review Summary
Lucius V - Oct 2020
Overall score
Skoon en netjies!
Lagoonside@77's response
Goeiedag Lucius
Baie dankie vir jou besoek aan ons. Dit was baie aangenaam om jou te ontmoet. Baie dankie vir jou fantastiese resensie - ek waardeer dit opreg. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Tossie M - Oct 2020
Overall score
Mooi en netjiese vakansie plekkie
Lagoonside@77's response
Dagsê Tossie
Baie dankie vir jul kuier hier by ons. Dit was aangenaam om vir jou en jou seun te ontmoet. Ek is baie bly die wi-fi het goed gewerk. Kom kuier gerus weer - dan sal ons beslis 'n kuiertjie op die dek inwerk. Baie dankie vir jou resensie.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Dominique W - Oct 2020
Overall score
Lekker en rustig.
Lagoonside@77's response
Hi Dominique en Jenny
Baie dankie vir jul kuier - dit was aangenaam om jul te ontmoet. Baie dankie vir jul resensie - waardeer dit baie. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Kobus V - Oct 2020
Overall score
Wonderlik, kon nie vir beter huisvesting en vriendelikheid gevra het nie. Annamarie by wooneenheid is wonderlik.
Madelein M - Sep 2020
Overall score
Uitstekenden lekker rustig
Louise S - Sep 2020
Overall score
Fantasties
Vic M - Sep 2020
Overall score
Heerlik gekuier.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Vic
Baie dankie vir jul kuier en oorbly hier by ons. Dankie vir jou terugvoering.
Julle is fantastiese gaste en dit was aangenaam om julle te ontmoet. Ek hoop jul maak nog so 'n vinnige kuier voordat jul emigreer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Stephanie M - Sep 2020
Overall score
A warm and friendly welcome to comfortable accommodation with a gorgeous view.
Lagoonside@77's response
Hi Stephanie,
Thank you for your stay, it was fantastic to see you again. Thank you for your awesome review, I do appreciate it. See you again soon.
Kind regards,
Anna-Maria
Ann U - Sep 2020
Overall score
Die plek het regtig alles wat jy nodig het en is uitstekend vir 'n enkel persoon, alhoewel dit slaapplek bied vir 2 persone.
Dina C - Sep 2020
Overall score
Uitstekende verblyf.
Rachell H - Aug 2020
Overall score
Wonderlik.
Lagoonside@77's response
Dagsê Rachall,
Was so lekker om julle weer te sien. Altyd n plesier om jul te ontvang .... Julle is fantastiese gaste. Baie dankie vir julle kuier en puik review. Mooi loop en sien weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Ian K - Mar 2020
Overall score
Uitstekend. Net die lugversorging sou dit baie beter gemaak.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Ian,
Baie dankie vir jou puik resensie. Ja n lugversorging is altyd n groot bederf, gelukkig is daar groot sterk waaiers wat verkoel. Dit was lekker om jou te ontmoet. Kom gerus weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Lynette K - Feb 2020
Overall score
Heerlik gerieflik geleë en gasvrou/eienares baie vriendelik en behulpsaam.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Lynette,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, waardeer dit baie. Dit was lekker om jul te ontmoet. Ons laat weet altyd ons gaste lank voor die tyd as daar beurtkrag is, goeie idee van jou, miskien kan n 'flask' ook dinge vergemaklik. Gelukkig op hierdie stadium is die kragonderbrekings darem nie so vreeslik lank nie. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Brandon O - Feb 2020
Overall score
Perfect weekend getaway.
Lagoonside@77's response
Hi Brandon,
Thank you for your review was a pleasure meeting you. Come again soon.
Kind regards,
Anna-Maria
Corrie B - Jan 2020
Overall score
Lagoon77 Weskus is tops.
Estelle M - Dec 2019
Overall score
Fantastiese naweek gehad.
Dorothy V - Nov 2019
Overall score
Fantastic owners, beautiful place.
Linda L - Nov 2019
Overall score
Excellent.
Lagoonside@77's response
Beste Linda,
Baie dankie vir jou fantastiese resensie. Dit was so lekker om jou te ontmoet.
Ek wag vir jul volgende, langer kuier.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Sanet V - Oct 2019
Overall score
Absoluut heerlik!
Xmolelewa X - Oct 2019
Overall score
Very welcoming.
Carina A - Sep 2019
Overall score
Comfortable and affordable accommodation!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Gemaklike en bekostigbare verblyf!
Heerlike twee dae op Langebaan gekuier. Sentraal geleë, uiters netjies en gemaklik.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Jacquee H - Sep 2019
Overall score
The beauty, peace and tranquillity is perfect.
Sarel B - Sep 2019
Overall score
Goeie ligging met fantastiese geriewe en smaakvolle meubelering.
Jim V - Sep 2019
Overall score
Netjies en baie goed toegerus.
Christo B - Aug 2019
Overall score
Walking distance to beach.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Loopafstand na strand.
Strand en lekker eetplekke naby.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Marissa B - Aug 2019
Overall score
Baie lekker gebly.
Mariette M - Aug 2019
Overall score
Safe, comfortable and neat.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Veilig, gerieflik en netjies.
Die eienaars is grasvry, die verblyf aangenaam en die uitsig van die dek kosbaar. Baie dankie!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Hi Mariette
Baie dankie vir jul mooi resensie. Ons is baie bly julle het heerlik gekuier en die dek geniet met sy mooi uitsig oor die see. Kom kuier gou weer, julle is stunning gaste.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Azraa H - Aug 2019
Overall score
The best hospitality I have ever seen.
Lagoonside@77's response
Dear Grant and Azra,
Thank you for your fantastic review, for us so wonderful if people enjoy Lagoonside@77 . Thank you for your stay and see you 2 soon again, you were awesome guests!
Kind Regards
Anna-Maria
Piet S - Aug 2019
Overall score
Everything I needed was there.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Alles wat nodig was vir my was in plek.
Het die kuier geniet, was baie hulpvaardig, selfs ons wasgoed gewas.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Liewe Piet en Elize
Baie dankie vir jul kuier en jul mooi review. Ek is bly ek het jul in Eenheid 2 (die groter meer luukse eenheid) in plaas Eenheid 1 (kleiner kamer) soos jul aanvanklik bespreek het ingesit want as mens so ver reis soos julle het mens daardie meer spasie nodig. Groot plesier wat betref die wasgoed. Kom kuier gerus weer. Julle was wonderlike gaste en was lekker om jul te ontmoet.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Carol K - Aug 2019
Overall score
Very nice place, will definitely recommend.
Lagoonside@77's response
Beste Carol,
Baie dankie vir jul puik resensie.
Julle was fantastiese gaste en baie dankie dat jul alles so verskriklik netjies gelos het! Dit was aangenaam om jul te ontmoet en Desember verwelkom ek weer jou dogter met haar gesin.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Annette V - Jul 2019
Overall score
Rustige naweek.
Lagoonside@77's response
Beste Annette
Baie dankie vir jul kuier, julle is asemrowende gaste. Jul mooi foto wat jul geneem het daar op die dek toe jul gebraai het, gaan ek beslis gebruik. Baie dankie vir jul puik resensie, ons waardeer dit opreg. Ons sien jul gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Neels S - Apr 2019
Overall score
Baie aangenaam gevind met die beste geriewe.
Lagoonside@77's response
Dagsê Neels
Baie dankie vir jou fantastiese resensie, ons waardeer dit opreg. Baie dankie vir jul kuier, julle is fantastiese gaste. Kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Marlee M - Mar 2019
Overall score
It was a very enjoyable experience to stay there.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was een baie genotvolle ondervinding om daar te bly.
Ek het lanklaas by so 'n skoon, netjiese plek gebly en die eienaars is die vriendelikste mense en het ons so tuis laat voel. Beveel dit vir enige iemand aan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Marlee,
Baie dankie vir jul kuier by ons dit was so lekker om jul te ontmoet en te verwelkom. So bly jy het jou dogter bederf met haar verjaarsdag by Lagoonside@77. Kom kuier weer, julle is fantastiese gaste. Baie dankie vir ons puik resensie!
Vriendelike groete
Anna-Maria
Steve D - Feb 2019
Overall score
A new experience.
Lagoonside@77's response
Good day Steve
Thank you for your fantastic review, we appreciate! Looking forward to your next visit, this time much longer.
Kind Regards
Anna-Maria
Barend P - Feb 2019
Overall score
Very pleasant.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie aangenaam.
Ek stel voor windskerm op die dak sodat 'n mens rustig kan braai, ook die eenhede moet gediens word. Dreineringspype moet oopgemaak word, water dam op in die stort. Groter wasbak in kombuis.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Barend,
Baie dankie vir jou kuier hier by ons. Al ons gaste ontvang ons persoonlik soos ook met jou en met ontvangs het ons ook vir jou gesê as iets hinder om dadelik vir ons te laat weet. Ons sou onmiddellik gehelp het. Wat betref ons lieflike Weskus wind op die dek, ons het 'n hoogtebeperking en mag geen windskerm daar sit nie daarom het ons ook vir jou gewys waar jy meer beskut kon braai. Wat betref die klein wasbakkie is dit ook uiteengesit op die webtuiste wat elke kamer het sodat die gaste volgens hul behoeftes kan bespreek. Alle eenhede is selfsorg eenhede en as gaste langer as 5 nagte bly vra ons hulle of ons weer hul kamer kan diens. Ek het ook gedurende jou verblyf vir jou gewhatsapp om te hoor of alles nog reg is. Volgende keer moet jy liewers in Eenheid 3 bespreek wat 'n groot dubbel opwasbak het asook 'n binnebraai. Hoop jy kom kuier weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Charmaine - Feb 2019
Overall score
What amazing place and amazing hosts, I love this lady so much.
Lagoonside@77's response
Hi Charmaine
Baie dankie vir jou puik resensie, ek waardeer dit opreg. Ek is so bly julle het by ons gebly en so ook jul wittebrood by ons gevier. Die seilbootjie wat ons as geskenk van julle gekry het, staan in jul 'honeymoon suite' en sal altyd 'n spesiale plekkie by Lagoonside@77 hê. Ek sien uit na jul volgende kuier, julle is 'n oulike paartjie.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Marlene En Danie - Jan 2019
Overall score
Uitstekend, hier sal ek week kuier.
Karen C - Dec 2018
Overall score
Very neat and clean. Close walk to beach.
Rachell H - Nov 2018
Overall score
Excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekend.
Die eienaars was besonders gasvry. Verblyf het my verwagtinge oorskry. Sal hierdie plek definitief aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Martin V - Oct 2018
Overall score
Absolute tranquillity.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Absolute rustigheid.
Omdat dit ons eerste huweliksherdenking was, het Anne-Marie uit haar pad gegaan om ons gemaklik en tuis te laat voel. Haar vriendelikheid is aansteeklik. Ons het heerlik gebly in die kothuis en het ek regtig elke elke oomblik geniet saam met my geliefde. Baie dankie, Anne-Marie, Jy is 'n gasvrou duisend.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Jacobus Leslie J - Oct 2018
Overall score
Fantasties.
Eben B - Oct 2018
Overall score
Ongelooflik lekker en netjies.
Rubin A - Oct 2018
Overall score
Dit was fantasties en lekker.
Anton F - Sep 2018
Overall score
Fantasties.
Mark S - Sep 2018
Overall score
Perfect.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Perfek.
Perfekte plek om te bly vir 'n naweek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Beste Mark,
Baie dankie vir jul kuier en fantastiese resensie. Ek hoop daar is volgende keer meer sonskyn vir jou en Johan se golf. Julle was wonderlike gaste, sien jul binnekort weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Spike E - Sep 2018
Overall score
Absoluut fantasties.
Lagoonside@77's response
Beste Spike,
Baie dankie vir jul kuier en die fantastiese resensie. Dit was so lekker om jul te ontmoet, julle was awesome gaste. Ek is ook bly julle het jul pakkie ontvang wat julle vergeet het. Sien jul volgende blomme seisoen weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Adri S - Aug 2018
Overall score
Heerlik en rustig.
Lagoonside@77's response
Beste Adri en Pat,
Baie dankie vir jul fantastiese resensie. Dit was so lekker om julle 2 te ontmoet julle was wonderlike gaste. Ek is bly julle het al die Lagoonside@77 geniet. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Hanneli Z - Aug 2018
Overall score
Aangenaam.
Lagoonside@77's response
Hi Hanneli,
Baie dankie vir jul kuier hier by Lagoonside@77 in Langebaan en ook vir ons goeie resensie. Terloops ek het glad nie hier in Langebaaan 'n buite-seisoen nie - Augustus en Sept is eintlik ons hoë seisoen met al die pragtige blomme om ons en my pryse is altyd dieselfde behalwe vir Desember en Januarie. Ek is bly jul het jul motorfiets byeenkoms baie geniet. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Carl P - Aug 2018
Overall score
Lagoonside@77 bied alles wat jy vir 'n kort verblyf, soos 'n naweek, nodig het.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Carl,
Baie dankie vir jou kuier en vir ons goeie resensie. Ons gee gewoonlik die alarm ook by as daar nie ander gaste is nie, maar gelukkig met die Trelllidore asook diefwering en veilige parkering agter geslote remote hekke, voel die meeste gaste altyd veilig.
Kom kuier gerus weer en alle sterkte met jou navorsing vir jou M.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Danico P - Jul 2018
Overall score
Dit was absoluut tops.
Lagoonside@77's response
Hi Danico en Sandra,
Baie dankie vir jul fantastiese resensie - ek waardeer dit baie. Baie dankie vir jul kuier - altyd so lekker as gaste ons 'huisie by die see' so kan geniet. Dit was net so lekker om jul te ontmoet - julle is awesome gaste!!!!! Kom kuier weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Liesl H - May 2018
Overall score
Fantastic! Lazy weekend.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties! Luilekker naweek.
Lagoonside@77 is elke ma en pa met groot kinders se droom vakansieplek. Niemand was onder mekaar se voete nie. Dit was baie skoon en netjies en die gasvrou en haar man het ons tuis laat voel, opregte mense. Ons het selfs beskuit en sjokolade gekry. Ek sal dit definitief aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Liesl,
Baie dankie vir jul bespreking en kuier by ons. Ons is bly jou man se 50ste verjaarsdag saam met jul kinders het jul by ons gevier. Baie dankie vir jul fantastiese resensie, ons waardeer dit opreg. Kom kuier weer, julle was wonderlike gaste.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Veranay J - May 2018
Overall score
Relaxing and love the view on porch.
Lagoonside@77's response
Hi Veraney
Baie dankie vir jou bespreking hier by ons vir Natasha en Henry. Dit was so aangenaam om hul te ontmoet, hulle is fantastiese gaste. Baie dankie vir ons pragtige resensie, ons hoop om hulle gou weer te sien.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Christelle P - May 2018
Overall score
Asemrowend, rustig verby. Love die plekkie.
Lagoonside@77's response
Hi Christelle
Baie dankie vir jul bespreking hier by ons. Julle was fantastiese gaste. Baie dankie vir ons puik resensie, ons hoop om jul gou weer te sien.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Fred J - May 2018
Overall score
Fantastic.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties.
Anna-Maria se gasvryheid!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Beste Fred,
Baie dankie vir jou oorbly by Lagoonside@77 en die fantastiese resensie. Dit was baie aangenaam om jou te ontmoet.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Semantha D - May 2018
Overall score
Rustig.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Semantha
Baie dankie vir jul review, ek waardeer dit. Dit was baie lekker om jul te ontmoet en ek is bly jul kon die heerlike rustigheid van Lagoonside@77 geniet. Ek is ook by dat julle die 30% flash deal kon gekry het van Lagoonside@77. Kom kuier gerus weer, julle is awesome gaste.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Fc V - Mar 2018
Overall score
Fantastic.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties.
Baie lekker gebly, naby strand. Alhoewel alles wat jy nodig het in die woonstel is, sal ek verkies dat daar 'n tweeplaatstofie beskikbaar is. Beveel definitief aan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Goeie dag Fc
Baie dankie vir julle kuier, dit was fantasties om jul te ontmoet. Fc wat betref die 2-plaat stofie - volgende keer moet jul in Unit 3 bespreek wat 'n ten volle toegeruste kombuis het met 'n stoof, groot dubbeldeur yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser asook 'n heerlike binne-braai. Baie dankie vir jul positiewe resensie asook jul spesiale briefie in ons Gaste-Boodskap boek. Julle was wonderlike gaste, sien gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Jean M - Mar 2018
Overall score
Baie baie lekker gebly was so huislik!
Lagoonside@77's response
Beste Jean,
Baie dankie vir jul pragtige resensie en vir jul kuier by Lagoonside@77, dit was aangenaam om julle te ontmoet. Kom kuier gerus gou weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Stefan V - Mar 2018
Overall score
Baie lekker gebly kan dit vir seker aanbeveel.
Lagoonside@77's response
Hi Stefan
Baie dankie vir jul kuier by Lagoonside@77. Dit was aangenaam om julle te ontmoet. Baie dankie vir jou mooi resensie, ons waardeer dit. Kom kuier gerus wees.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Enno B - Mar 2018
Overall score
Very nice place to stay.
Lagoonside@77's response
Hi Enno,
Thank you for your stay with us, it was so nice to meet you. You were awesome guests, and we hope to see you in 2019 for your next holiday season of kite-surfing.
Kind regards,
Anna-Maria
Belinda M - Mar 2018
Overall score
Was fantasties!
Lagoonside@77's response
Hi Belinda
Baie dankie vir jul kuier hier by ons, dit was aangenaam om julle te ontmoet. Baie dankie vir jou fantastiese resensie, ons waardeer dit opreg. Kom kuier gerus gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Aletta H - Mar 2018
Overall score
Was aangenaam verras.
Lagoonside@77's response
Hi Aletta
Baie dankie vir jul kuier hier by ons, dit was aangenaam om jul te ontmoet. My plesier om ekstra huisvesting vir jul dogter te verskaf, julle is fantastiese gaste. Baie dankie vir ons mooi resensie, ons waardeer dit opreg. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Susan T - Feb 2018
Overall score
Fantasties!
Lagoonside@77's response
Goeie dag Susan
Baie dankie vir jou pragtige resensie, dit is altyd so lekker om te hoor as mense al die ekstra bederf, en ons plekkie geniet. Dit was aangenaam om julle te ontmoet, julle was fantastiese gaste. Ons wag vir jul volgende besoek.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Maria Anna W - Feb 2018
Overall score
Nice place to stay.
Jaremy V - Feb 2018
Overall score
Eksoties.
Carol B - Jan 2018
Overall score
Soul enriching.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Sielsverrykend.
Die eienaar is 'n fantastiese mens en die plekkie is pragtig.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Frik V - Jan 2018
Overall score
Aangename plek naby alles.
Stia S - Dec 2017
Overall score
Very tranquil, helpful reception and accommodation.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie rustig vriendelike, behulpsame ontvangs en verblyf.
Dit is sentraal geleë en binne bereik van pragtige Weskus-weelde en wat dit alles bied. Uitsig pragtig en dek goeie idee, net nie as die wind waai. Ontvangs en diens van uitstaande gehalte.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Alrene B - Dec 2017
Overall score
It was good.
Carl R - Dec 2017
Overall score
Amazing destination.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Carl,
Baie dankie vir jou kuier, dit was heerlik om jou te ontmoet! Baie dankie vir jou mooi resensie, ons waardeer dit opreg. Sien jou spoedig weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Emile T - Nov 2017
Overall score
Fantastiese huis in ideale ligging met 'n skitterende uitsig!
Lagoonside@77's response
Beste Emile en Janlie,
Baie danie vir jul kuier by Lagoonside@77. Ons is baie bly julle het jul kuier geniet en dit was voorwaar aangenaam om so 'n oulike jong klomp mense te ontmoet. Hoop ons sien jul gou-gou weer vir jul volgende kuier en gholf-toernooi.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Stephanie M - Nov 2017
Overall score
Perfect accommodation just a short walk from the beach.
Lagoonside@77's response
Dear Stephanie and Leon,
Thank you for your fantastic review, we do appreciate it very much. Thank you for your visit, we hope your next stay will be longer. You were wonderful guests and we are glad you enjoyed Lagoonside@77 as well as being near the beach.
Kind regards,
Anna-Maria
Quentin L - Oct 2017
Overall score
Stunning, very comfy.
This review has been translated,click hereto view the original version.
"Stunning", baie gerieflk.
Skoon en netjies. Baie goed geleë, naby aan alles. Baie stil in die aande, 'n absolute lekker plek om te ontspan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Betste Quentin,
Baie dankie vir jou kuier by Lagoonside@77. Ons waardeer jou fantastiese review opreg. Dit was baie lekker om jou te ontmoet. Sterkte en voorspoed met al jou nuwe ondernemings wat in wording is.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Linda V - Oct 2017
Overall score
Netjies en gerieflik.
Lagoonside@77's response
Beste Linda en Schalk
Baie dankie vir jul kuier hier by ons. Julle is stunning gaste en dit was so lekker om jul te ontmoet. Baie dankie vir jul positiewe review. Ons waardeer dit opreg. Kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Schalk P - Oct 2017
Overall score
Skoon, gerieflik en vriendelike gasvrou.
Lagoonside@77's response
Goeie dag Schalk en Mary-Ann
Baie dankie vir jul kuier. Ek is bly julle het Lagoonside@77 geniet asook vir Langebaan behoorlik verken. Baie dankie vir jul positiewe resensie - julle is fantastiese gaste. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Sarie S - Oct 2017
Overall score
Fantastic. Will not hesitate going there again.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties. Sal nie huiwer om weer soontoe te gaan nie.
Dit was fantasties. Baie gasvrye mense wat jou so tuis laat voel met jou aankoms. Sal nie huiwer om weer van hulle gebruik te maak nie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Beste Sarie
Baie dankie vir ons fantastiese resensie. Dit was so lekker om vir jou, jou dogter en kleinseun te ontmoet. Ek is baie bly julle het jul Weskus-kuier geniet. Kom kuier gerus weer. Julle is altyd welkom.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Erna P - Sep 2017
Overall score
Voortreflik.
Lagoonside@77's response
Beste Erna,
Baie dankie vir jul kuier by Lagoonside@77. Julle was wonderlike gaste en heerlik om jul te ontmoet. Baie dankie vir jul positiewe resensie. Kom kuier gerus weer wanneer jul na die Weskus kom.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Rika T - Sep 2017
Overall score
Dit is die wonderlikste plekkie om te bly.
Lagoonside@77's response
Beste Rika
Baie dankie vir jul kuier hier by Lagoonside@77. Baie dankie vir jul pragtige resensie ons waardeer dit opreg. Sien jul iewers in November weer. Julle was awesome gaste.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Mike H - Sep 2017
Overall score
Wow! Ek is laas as 10 jarige so bederf deur my ouma.
Lagoonside@77's response
Beste Mike
Baie dankie vir jul kuier. Julle was fantastiese gaste. Baie dankie vir jou fantastiese resensie, ons waardeer dit opreg. Kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Roland Lionel David D - Sep 2017
Overall score
Excellent value for your money.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekende waarde vir jou geld.
Lagoonside@77 bied uitstekende waarde vir jou geld. Die kamer is netjies, goed toegerus in 'n veilige omgewing. Die ontvangs is hartlik en laat jou sommer onmiddellik tuis voel. Alhoewel die kamers nie 'n see-uitsig het nie, kan jy 'n asemrowende uitsig van die sonsondergang en strandmeer vanaf die dek geniet. Hierdie uitspanplek sal ons beslis aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Beste Ronald
Baie dankie vir jul kuier hier by Lagoonside@77. Dit was baie lekker om jul te ontvang en te ontmoet. Baie dankie vir jul positiewe resensie ons waardeer dit opreg. Kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Abri V - Sep 2017
Overall score
Beste in die weste ...
Read moreLagoonside@77's response
Beste Lettie
Baie dankie vir jul kuier hier by Lagoonside@77. Dit was lekker om jul te ontmoet, julle was wonderlike gaste. Baie dankie vir die fantastiese resensie, ons waardeer dit opreg. Kom kuier gerus weer hier by ons.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Reginald M - Sep 2017
Overall score
Relaxing, peaceful and very strategic.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ontspannend, rustig en baie strategies.
Ek en my vrou het julle aanbevole akkommodasie verskriklik baie geniet. Gaan later in die jaar weer Lagoonside 77 toe.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Beste Reginald en Jenny,
Baie dankie vir jul kuier by Lagoonside@77. Julle is wonderlike gaste. Baie dankie vir jul mooi review - ons waardeer dit opreg!! Kom kuier gou weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Hannelie S - Aug 2017
Overall score
Fantastic.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties.
Ons het dit baie geniet!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Hi Hannelie
Dit was dit nou lekker om jou te ontmoet en klein Hanro is so pragtig en 'n vriendelike ou seuntjie. Baie dankie vir jul kuier en jou fantastiese resensie. Ek waardeer dit baie. Julle was asemrowende gaste. Kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Wilma S - Aug 2017
Overall score
Was baie rustig en gerieflik.
Lagoonside@77's response
Beste Wilma en Gerrit
Baie dankie vir jou mooi resensie, ek waardeer dit baie. Baie dankie vir jul kuier hier by Lagoonside@77. Julle was wonderlike gaste. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Gerrit S - Aug 2017
Overall score
Was heerlik.
Lagoonside@77's response
Goeiedag Gerrit,
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Bly jy het lekker gekuier sien jou weer!
Vriendelike groete
Anna-Maria
Wikje S - Aug 2017
Overall score
Heerlik.
Lagoonside@77's response
Goeie dag Wikje
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar. Ons waardeer dit baie. Dit was lekker om jou te ontmoet en ons is bly jy het die Beach Cottage Unit 3 baie geniet. Kom maak weer 'n draai as jy jou rus kans nodig het.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Heinri G - Jul 2017
Overall score
Very nice place close to the beach and restaurants.
Read moreLagoonside@77's response
Good Day Heinri,
Thank you for your fantastic review we appreciate it very much! Thank you for your visit you were awesome guests hope to see you again.
Kind Regards
Anna-Maria
Coenie V - Jun 2017
Overall score
Fully equipped. Best ever.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Volledig toegerus, beste ooit.
Dit is die beste verblyf wat ons nog gehad het. Al wat jy moet bring is tandepasta en 'n tandeborsel so goed is plekkie toegerus. By die see en veilig met alarmstelsel. Sal enige tyd weer gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Liewe Coenie, baie dankie vir jul fantastiese resensie, ons waardeer dit opreg. Baie bly julle het lekker gekuier en ons hoop om jul spoedig weer hier in die Weskus te sien. Vriendelike groete, Anna-Maria.
Tabble E - Jun 2017
Overall score
Excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekend.
Eenheid baie goed toegerus. Baie skoon en netjies. Anna-Maria is 'n gasvrou duisend.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Liewe Tabbie en Hannelie
Baie dankie vir jul positiewe terugvoering, ons waardeer dit opreg. Dit was lekker om jul te ontmoet. Ek gaan beslis in die toekoms by jul aanklop as toergidse, want julle het omtrent ons Weskus wyd verken. Julle was fantastiese gaste. Kom kuier gerus weer in die toekoms.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Sharon R - May 2017
Overall score
Ons het elke oomblik geniet.
Lagoonside@77's response
Liewe Sharon en Hendrik
Baie dankie vir jul fantastiese resensie. Waardeer dit opreg, julle was wonderlike gaste. Dankie vir jul kuier, bly julle het jul herdenking by ons gevier. Kom kuier gou weer en bring dan jul kinders ook saam.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Christian R - Apr 2017
Overall score
Fantastic.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties.
Baie lekker gekuier. Sal beslis weer so maak. Vriendelike mense en baie veilig, lekker. Dankie Anna Marie en eggenoot.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Hi Christiaan en Eilene
Baie dankie vir jul kuier, was so lekker om jul te ontmoet. Baie dankie vir jul mooi resensie, so bly julle het jul kuier geniet. Julle is awesome gaste. Hoop ons sien jul gou weer!
Vriendelike groete
Anna-Maria
Tinus D - Apr 2017
Overall score
Nice old West Coast.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker ou Weskus.
Puik verblyf, mense, omgewing, lagoon. Naby alles, 2 minute vanaf lagoon af. Puik seekos en eetplekke. Veilig, rustig, te veel om te noem!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Liewe Tinus en Anita
Baie dankie vir julle wonderlike resensie, ons waardeer dit baie. Ons is bly julle het die Beach Cottage baie geniet. Ek dink volgende keer gaan ek jul nommer vir my gaste gee want julle het omtrent Langebaan se restaurante verken. Julle is fantastiese gaste en kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Ebeth M - Apr 2017
Overall score
Very good, clean and efficient room with a lovely shower.
Lagoonside@77's response
Beste Ebeth,
Baie dankie vir jou mooi resensie. Ek is baie bly jy het lekker gekuier en dat jy dit geniet het. Ek sal vir jou volgende keer 'n ekstra stel handdoeke bysit. Ek is net spyt jy het nie gesê wat jou behoefte is nie want ek het altyd genoeg in voorraad beskikbaar.
Sien jou gou weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Albertus Frederik D - Apr 2017
Overall score
Excellently equipped for a self-catering traveller.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekend ingerig vir 'n selfsorg-reisiger.
Alles was daar wat ek nodig gehad het. Vriendelike en gasvrye eienaar.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Baie dankie Albie vir jou fantastiese resensie en jou kuier. Altyd baie aangenaam om 'n ou Weskusser te ontvang. Sterkte vir hierdie komende kwartaal en kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Jeanne F - Apr 2017
Overall score
Wonderfully clean and neat and hospitable reception and service.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlik skoon en netjies en baie gasvrye ontvangs en diens.
Heerlik salig gerus en die sonsondergang geniet en baie naby die lagoon en dorpie. Doen so voort. Kan baie beslis hierdie Lagoonside@77 aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Baie dankie Jeanne Marie vir jou mooi review en jul kuier!!! Baie bly julle het jul kuier geniet en ook dat jul legkaart voltooi is. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Elmarie S - Mar 2017
Overall score
We enjoyed it a lot.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons het dit baie geniet.
Ons het dit baie geniet en hul is 'n wonderlike gasheer en gasvrou. Uitstekende diens en verblyf. Baie, baie dankie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Beste Dennis en Elmari,
Baie, baie dankie vir jul fantastiese resensie, ons waardeer dit baie. Ons is bly julle het jul kuier by Lagoonside@77 geniet. Julle is wonderlike gaste! Hopelik sien ons julle gou weer.
Vriendelike groete,
Anna-Maria
Pieter G - Mar 2017
Overall score
Neat home and excellent service.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Netjiese huis en uitstekende diens.
Skoon, netjies en ideaal geleë (bietjie uit die hoofstroom, maar naby alles), asook ten volle toegerus. Niks wat jy hoef saam te bring hiernatoe nie, behalwe kos.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Baie dankie Pieter en Hillary vir jul fantastiese review. Ek is bly ek het jul liewers in die Beach Cottage ingesit vir jul 21 dag verblyf .... darem net meer spasie en ook gerieflik om saam met jul kinders en kleinkinders te kuier. Julle is wonderlike gaste gewees. Kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Gideon V - Mar 2017
Overall score
We had a great time in the beautiful well-appointed flatlet.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ons het baie lekker gebly in die mooi en goed ingerigte woonstelletjie.
Ons is hartlik ontvang deur Jan en Anna-Maria en het baie welkom gevoel. Ons het gehou van die moderne en goed ingerigte woonstelletjie. Die bederfies soos mineraalwater, melk, sjokolade, beskuit, tee en koffie het ons verras. Daar was selfs 'n haardroër, iets wat 'n mens by verblyf in 'n duurder prysklas sou verwag. Die braai- en kuierarea op die dak is baie lekker en bied 'n mooi uitsig oor die lagoon. Ons sou graag weer daar wou gaan bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Liewe Lynette
Baie dankie vir jul mooi resensie - dit was lekker om jul te ontmoet - julle is awesome gaste! Kom kuier weer en volgende keer vir baie langer.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Gerhard W - Feb 2017
Overall score
Was nice and relaxing.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker en ontspannend.
Was baie lekker en sal enige tyd weer daar gaan bly. Heel rustig en veilig. Baie vriendelike en gasvrye eienaars. Sal dit definitief vir die vriende aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lagoonside@77's response
Hi Gerhard
Baie dankie vir jul kuier - dit was lekker om jul te verwelkom en te ontmoet.
Ek is bly julle het dit geniet by Lagoonside@77. Ek hoop jul seun kom bly ook saam met jul met sy volgende krieket hier aan die Weskus.
Vriendelike groete
Anna-Maria
Sonnette V - Feb 2017
Overall score
Fantastically wonderful!