Live-A-Little
Review Summary
Christine H - Mar 2019
Overall score
Sielerus gewees.
Live-A-Little's response
Baie, baie dankie Christine. Dit was voorwaar 'n groot voorreg om julle by Live-A-Little te hê. Julle was regtig goeie gaste en dit is 'n eer om gaste soos julle te hê. Ons hoop julle boek sommer binnekort weer. Ons sien baie uit daarna om julle terug te verwelkom.
Nogmaals 'n duisend dankies aan julle.
Tot weersiens
Vriendelike groetnis
Mariette
Elsabe D - Oct 2018
Overall score
Comfortable accommodation in beautiful surrounds. Excellent service!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Baie gerieflike verblyf in pragtige omgewing. Uitstekende diens!
Die huis is baie gerieflik en ek was gek oor die buite-stort. Die 2 nagapies wat saans kom kuier het, was groot pret en die pragtige bosbok-ooitjie het ook elke dag kom hallo se. Ek was ook bevoorreg om die skugter bosbok-rammetjie te sien een aand. My verblyf sou idillies gewees het as dit nie was dat die buurman besluit het om juis toe veranderings aan sy huis te bring nie. Dit het regtig 'n slegte smaak in my mond gelos dat hul van 08:00 tot 18:00 en Vrydagaand tot 19:30 gesaag, geboor en gedril het. Ek het juis Marloth toe gegaan om te rus en die stilte te geniet. Ek het ongelukkig presies die teenoorgestelde ervaring gehad. Op 'n baie positiewe noot, die diens wat ek van Colleen en haar man gekry het, was uitstekend. Ek waardeer hul moeite baie. Kommunikasie van Mariette se kant af was ook uitstekend, en ek waardeer dit baie dat jy ook wou seker maak ek het veilig in Marloth aangekom. Klein goedjies soos dit tel baie punte. Sal ek weer Live-A-Little bespreek? Beslis. Sal net volgende keer vir Mariette vra om die buurman te bel en te vra of hy weer gaan verbeterings aanbring!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Live-A-Little's response
Elsabe,
Dit was regtig 'n baie groot eer en voorreg om jou as n gas by Live A Little te hê.
Ek is vreeslik jammer vir die lawaai met verbeteringe tydens jou verblyf. Ek verwag ook dat my gaste te rustigheid en kalmte van die bos ervaar en heerlik ontspan. Nogmaals baie jammer.
Ek gaan beslis met bure gesels.
Hoop om jou gou weer terug te he by ons huisie.
Vriendelike groete tot weersiens,
Mariette
Belinda V - Jul 2017
Overall score
A wonderful bush getaway!
This review has been translated,click hereto view the original version.
'n Heerlike bosveld-rus!
Ons was baie beïndruk met Live-a-little. Die huis en cottage is baie goed toegerus met alles wat jy mag nodig kry gedurende die verblyf. Ons sal beslis weer gebruik maak van hierdie akkommodasie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Live-A-Little's response
Baie dankie Belinda, hoop om julle in nabye toekoms weer te sien.
Vriendelike Groete,
Mariette
Jeff S - Aug 2016
Overall score
It is a paradise home. Welcome from the minute you cross the threshold.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dis 'n paradys-huis. Welkom vanaf die oomblik wat jou voete oor drumpel gaan.
Sal dit vir almal aanbeveel. Ongelooflike lekker ervaring. Huis is volledig toegerus en kort niks. Kombuis is enige vrou se droom. Rustig, vrede en 'n ware tuiste. LekkeSlaap se vriendelike personeel vinnig en baie behulpsaam. Tien uit tien sterre.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Johan C - Nov 2015
Overall score
Baie rustig tussen al die wild en langs Wildtuin draad was daar baie te sien.
Adriaan B - Oct 2015
Overall score
Ons was daar vir 'n huweliksherdenking saam met vriende.
Marion A - May 2015
Overall score
I would highly recommend it.
- Capacity: 6 people
-
Check-in: 15:00 to 19:00
Check-out: 09:00 - Address: 2811 Civet Street, Marloth Park Conservancy, 1470, Mpumalanga
- All ages welcome