The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Moolmanshof & Stables | TravelGround
+92

Moolmanshof & Stables

12 reviews
Guest House

Review Summary

3.9 out of 5from 12 reviews for Moolmanshof & Stables
Cleanliness
4.1/5
Service
3.8/5
Location
4.4/5
Safety
3.3/5
Value for money
3.8/5
Andre D - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
3/5
Value for money
4/5
Andre D
With spouse/partner

Gemaklik en mooi B&B.

Het lekker gebly, dankie.

Moolmanshof & Stables's response

Hello Andre. Dankie vir terugvoer. Bly julle het lekker gebly.
Groete

Moolmanshof & Stables
Ronelle G - Mar 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
1/5
Location
5/5
Safety
1/5
Value for money
3/5
Ronelle G

Gemaklike oornagverblyf as al die slotte op die deure jou nie pla nie.

Ek was nie baie teleurgestel oor die kamers nie, want ek het vooraf 'n resensie gelees wat gewaarsku het dat die Stables eenhede nie soos die foto's op die webtuiste lyk, wat almal net die hoofhuis wys. Die Stables kamers is goed genoeg, maar sal teleurstellend wees as mens iets anders verwag. Dit sal 'n goeie idee wees om foto's op die webtuiste te plaas. Maar ons was baie teleurgestel omdat ek spesifiek 'n boodskap gestuur het om te sê ek soek verblyf en een van ons is in 'n rolstoel, en ek het 'n antwoord ontvang wat daarop gedui het dat ons geakkommodeer sal kan word met 'n rolstoel. Die eenhede was hoegenaamd nie rolstoel-vriendelik nie (en ons is gewoond aan bietjie ongemak, met so paar trappies of so). Dis dan nou juis hoekom ek die boodskap gestuur het voordat ek bespreek het! Dit is baie onprofessioneel.

Henk M - Feb 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
2/5
Value for money
4/5
Henk M
With spouse/partner

'n Wonderlike, geskiedkundige en outentieke gastehuis, uitstekend gemeubileerd en wat voldoen aan die verwagtinge om teruggeneem te word na die verlede.

Hierdie uitstekende gerestoureerde huis bied 'n besondere voorbeeld van ons geskiedenis en om die atmosfeer eerstehands te kon ondervind en beleef sal ons altyd bybly. Omdat die gebou so oud is, het dit heelwat onderhoud nodig om op standaard te wees. Die die badkamer van die slaapkamer links van die ingang is nie op standaard nie (klein, geen kassies en hakke). 'n Elektriese waaier kan gerus toegevoeg word om die middag- en aand-hitte te sirkuleer.

Moolmanshof & Stables's response

Hello Henk.
Bly u het waardering vir die outentiekheid van Moolmanshof!
Die draagbare elektriese waaier is agter die oorhoekse hangkas versteek!
Stortbadkamer ook klein omdat dit onder die buitetrap gebou moes word ten einde nie die raar egtheid van die H-vormigheid van die Kaaps Hollandse ou huis te verstoor nie. Die huis is nog 'n
'n klassieke voorbeeld daarvan. Ek het dit al oorweeg om 'n vrystaande bad in die kamer te laat installeer.
Groete.


Moolmanshof & Stables
Petra M - Jul 2018
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Petra M
With spouse/partner

Ons het lekker gebly en alles was skoon en netjies.

Lizette was baie vriendelik en bedagsaam.

Moolmanshof & Stables's response

Hello Petra,
Dankie dat jy van jou kosbare tyd afgeknyp het om te laat weet dat julle lekker gebly het in BO-KAPIE!
Ons waardeer die mooi terugvoering. Hoop mos maar altyd dat ons gaste tog net gerieflik sal wees en lekker sal kuier. Baie dankie. Kom kuier gerus weer.
Groete,
Lizette

Moolmanshof & Stables
Ann G - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Ann G
Family with teenagers

Oornag op pad na Jeffreysbaai.

Baie welkom gevoel met Lynette wat uit haar pad gegaan het om ons welkom te heet. Lekker geswem in die swembad op die perseel. Dit ook geniet dat ons tienderjariges hulle eie kamer gehad het langs ons sin. Die geriewe in die kamers is voortreflik. Dit was heerlik om nie 'n probleem met die WiFi-stelsel te hê nie, die sein was baie sterk.

Odette B - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Odette B
Family with teenagers

Heerlik rustig en gerieflik met baie vriendelike personeel.

Pragtige ou huis, mooi ingerig met vars blomme en daar word ag geslaan op detail. Vir die prys sou ek verwag dat die kamer gediens word, en dat hulle die asblikkie uitgooi, beddens opmaak en handdoeke droog en netjies terughang.

Brenda O - Jan 2017
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
3/5
Location
3/5
Safety
2/5
Value for money
3/5
Brenda O
Family with teenagers

Nie waarde vir geld.

Die hoofgebou en kamers is baie mooi en word in die bemarking gebruik. Ons het egter in buitegeboue geslaap met ons twee volwasse dogters. Hulle moes deur ons eenheid na buite loop deur digbegroeide plante omdat hul eenheid nie 'n buitedeur het nie. Boonop het die gesin langsaan reg teen my kinders se kombuis se venster op hul stoep gesit. Die toiletpapier was onvoldoende en daar is geen hek wat sekuriteit vir jou voertuig bied nie. Ons kamer se DSTV het nie gewerk nie en hul het ook geen poging aangewend om te herstel nie. Sal gewis nie die verblyf aanbeveel nie.

Willemsen 6 - Jan 2016
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
5/5
Willemsen 6
With spouse/partner

Vriendelijk, erg gastvrij, warm onthaal. Heel gezellig.

Prima verblijf, door regen moesten we hoofdzakelijk in kamer blijven. Maar het was geriefelijk en de verzorging uitstekend.

Corne B - Apr 2015
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
2/5
Value for money
2/5
Corne B
Family with young children

Disappointing, expected more.

We expected B&B, but it was a self-catering unit and then no/limited cutlery provided. Vehicle safety concerns. No gates, lockup garage or visible security presence. We were also the only guests at the time on very large property.

Louis S - Jan 2015
Overall score
Cleanliness
2/5
Service
2/5
Location
4/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Louis S
With spouse/partner

Lekker rustige verblyf. Kwaliteit linne en beddegoed is voorsien.

Moolmanshof is goed geleë in Swellendam. Die perseel en tuin is ruim en rustig.

Cobus L - May 2014
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Cobus L
With spouse/partner

Onbeskryflik lekker. Dankie, Lizette!

Sien die sterre hieronder.

Welmie O - Sep 2013
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
5/5
Welmie O
With spouse/partner

Ongelooflik!

Tannie Lizet is baie gasvry en vriendelik. Dit is een van die mooiste gastehuise waarin ons nog gebly het, en die ontbyt is iets ongeloofliks. Ek sal Moolmanshof enige tyd aanbeveel.

was R900
From R585
per night (for 2 people)
was R900
From R585
per night (for 2 people)
was R900
From R585
per night (for 2 people)
Make a Booking
  • Capacity: 14 people
  • Check-in: 14:00 to 19:00
    Check-out: 11:00
  • Address: 217 Voortrek Street, Swellendam, 6740, Western Cape
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMzMTU0ZWUyLTJiYzEtNGI0Mi04OWFjLTYxZTQ3MzJmOGI5NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R900, now From R585  per night (for 2 people) 12 5 1 4 217 Voortrek Street Swellendam 6740 Western Cape 0860 022 102 14:00-19:00 11:00 -34.034408 20.428174
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!