Op die See

Add to Favourites

Self Catering 35 Kus Road, Gouritz, 6696, Western Cape

Map of the Area

Local Area

Gouritsmond is geleë aan die monding van die Gouritzrivier met die Langeberge in die agtergrond en die Indiese Oseaan wat die rotsagtige kuslyn omspoel. Ons nooi u uit om van die unieke geleentheid gebruik te maak om hierdie juweel, Gouritsmond, te kom ontdek. In teenstelling met ons buurdorp Mosselbaai, is Gouritsmond baie gelyk en dus idiaal vir die stapper of fietsryer - selfs ouer persone vind dit gemaklik om ons natuurskoon te voet te kom verken. Om stappers aan die verskillende plantegroei-tipes van die omgewing bekend te stel het die Gouritsrivier Bewaringstrust staproetes ontwikkel en word hierdie baie spesiale natuurlike erfenis nou gedeel met die algemene publiek. Vier staproetes van respektiewelik 1,6 km, 3 km, 5 km en 8 km is uitgelê en nommers is by verskeie plante aangebring wat vergelyk kan word met die nommers op die brosjure. Dit help met die identifisering van plante. Hierdie brosjures is beskikbaar by die plaaslike Inligtingskantoor of kan hier afgelaai word.


Gouritsmond lê in 'n gebied waar daar ‘n samevloeiing is van drie internasionaal-erkende biodiversiteite met meer as 200 plant- en 240 voëlspesies. Die streek val in die "World Heritage Cape Floral Kingdom". 'n Groot gedeelte van die grond binne die grense van Gouritsmond is weens die sensitiewe plantegroei wat hier voorkom, as oop ruimte 111 soneer, wat beteken dat dit amptelik 'n bewaringsgebied is. Dit is die tuiste van minstens veertien spesies van bedreigde plante. Pragtige fynbos, 3 soorte!

Nearby Attractions

Guests that viewed Op Die See also viewed:

From R1 200 R800 per night (sleeps 6)

Stay 3 nights, pay for 2 for stays between Friday and Sunday. Valid from 31 Oct 2019 until 4 Dec 2019.

Accepts online payment through TravelGround.com   
Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com