Paardekloof Plaas
Review Summary
Millicent C - Dec 2020
Overall score
Peaceful stay in the Karoo.
Paardekloof Plaas's response
Thank you so much Millicent we appreciate that you took the time to write the review.
We are trying our very best to make it comfortable for our guests . Your review just give us the motivation to keep on and improve where we can .
Bless you and we hope to see you in the future.
Karoo - groete
Hildegard S - Dec 2020
Overall score
Stil op die plaas.
Paardekloof Plaas's response
Baie dankie Hildegard.
Ek is bly julle kon bietjie ontspan en ons wêreld verken na 'n lang reis. Dankie vir die positiewe gradering. Kom kuier gerus weer in die Karoo - sy lyk al bietjie groener na die dankbare reën.
Mooi jaar vir julle.
Karoo - Groete
Stella B - Mar 2020
Overall score
Baie lekker.
Paardekloof Plaas's response
Dankie Stella.
Wat 'n voorreg vir ons om julle te kon ontvang vir die 2de maal. Met die verbeterings wat ons beplan, hoop ons dat julle volgende keer nog lekkerder gaan kuier.
Karoo-Groete
Werner D - Jan 2020
Overall score
Een woord: fantasties!
Paardekloof Plaas's response
Baie dankie Werner en gesin. Dit was 'n voorreg om julle te kon ontmoet en tyd met julle kinders te kon spandeer. Hoop ons kan julle gesin weer sien vorentoe. Mooi Jaar vir julle.
Karoo-Groete
Paul G - Dec 2019
Overall score
Die netjies versorgde tuin en huis, bied lafenis vir 'n moeë reisiger.
Paardekloof Plaas's response
Dankie Paul en Susan dat julle die ' ou' huis wat baie stories kan vertel met sy goeie fondasies, kwaliteit vakmanskap en wat na al die jare nogsteeds so uitstekend behoue gebly het kom beleef het.
Daarom ook ons besluit om 3 maande terug te begin om die gebou met sy groot werf binne en buite te herstel, ou verwaarloosde hoenderhokke af te breek, te skoffel en te snoei dat die sweet jou oë brand en sommer alles mooi te maak met wat tot ons beskikking is in hierdie rampdroogte wat ons tans beleef.
Ons wil graag vir ons gaste 'n 'Plaasvakansie' bied net soos in die tyd toe families by Oupa en Ouma op die plaas gaan kuier het. Weg van alles wat die menslike brein so bombardeer met al die stad se lawaai, en die stress van die hedendaagse lewe.
Die stilte wat 'Plaas' bied met sy groot ruim huis waar plankvloere kraak al loop jy hoe sag, 'n groot grasperk waar kinders kan rondhardloop en van hulle energie ontslae raak, braai onder die sterre met al die naggeluide, veilige stap en fietsry en stop waar skaapooie met hulle lammertjies op groenlande wei, ontspan in die natuur en dan saam met ander plaasbotter en tuisgemaakte konfyt op 'n brood geniet - dis moeilik om 'n geldwaarde hieraan te koppel.
Dis vir ons belangrik om nie net 'n 'plek' te skep vir oornag nie, maar waar families weer kan saamgesels en kuier tot laataand en daar gesorg word vir baie herinneringe en 'stories' vir die nageslag.
Ons wil graag 'sorg' vir mooi ' memories' .
Baie dankie nogmaals
Karoo -Groete
Amy W - Dec 2019
Overall score
Moes op die laaste oomblik vir heelparty mense plek kry.
Paardekloof Plaas's response
Henk, dankie vir die mooi briefie.
Dankie vir julle waardering vir ons moeite en omgee ten spyte van die bad se uitloopwater wat julleself sommer uitsorteer het.
Dankie dat julle ons 'hart' vir mense raakgesien het.
Dit was lekker om julle klompie hier te kon hê en wat 'n mooi gebeurtenis dat 'n familie so kon saam kuier en gesels .Julle was 'lekker' aangename gaste.
Dankie dat ons julle kon huisves. As ons vir julle punte kon gee, sou ons vir julle 10/10 gee.
Hoop ons kan julle weer sien
Al ons beste wense vir 'n mooi jaar
Karoo groete
Alba D - Nov 2019
Overall score
It was awesome.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was awesome.
My man en sy vriend het daar oorgebly en hulle het dit terdeë geniet!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Paardekloof Plaas's response
Dankie Alba. Was vir ons lekker om hulle te kon ontmoet en te gesels. Ons kon lekker saam eet aan Hennie se roosterbrood.
Baie dankie en groete
Dries V - Oct 2019
Overall score
Friendly and service orientated personnel, clean facilities with lots of space. Extras like firewood, rusks for coffee time and more.
Paardekloof Plaas's response
Baie dankie Dries, vir die voorreg om julle te kon ontmoet. Dankie vir julle waardering en vriendelikheid vir dit wat die plaaslewe aanbied. Mag dit 'n aansporing wees vir ander wat net bietjie stilte en rus vir hulle siele soek. Dankie ook dat julle weer ons plekkie gekies het om te kom oornag vir volgende jaar se Meiringspoort maraton.
Vriendelike groete
Dup D - Oct 2019
Overall score
Very pleasant, hospitality is outstanding!
Paardekloof Plaas's response
Hi Dup en Rosa. Wat 'n groot verrassing om julle te kon ontmoet en julle te kon ontvang in ons mooie Karoo. Dankie vir julle mooi woorde. Dit was vir ons 'n groot voorreg en plesier. Kom kuier weer.
Karoo -groete
Thelma M - Oct 2019
Overall score
Netjies en vriendelike diens.
Paardekloof Plaas's response
Hi Thelma. Baie dankie vir jou mooi briefie. Dit was kort kennisgewing vir 9 mensies, maar is bly ons kon julle akkommodeer. Baie dankie vir julle vriendelike klompie en hoop ons kan julle weer sien vorentoe.
Baie seën vir julle
Karoo - groete
Lindi B - Sep 2019
Overall score
Heerlike, netjiese verblyf in die Karoo met vriendelike gashere.
Paardekloof Plaas's response
Aww Lindie dankie vir julle mooie resensie. Dit was lekker om julle vriendelike klompie te kon hê by ons. Die Karoo is so dankbaar om al die vriendelike en mooie mense te kan ontvang en beloon hulle graag met haar uniekheid wat so goed is vir die siel.
Maak weer so, mooi gaan met julle.
Karoo - groete
Stella B - Sep 2019
Overall score
Baie rustig en mooi natuurskoon.
Paardekloof Plaas's response
Baie dankie Stella. Dankie vir die mooi woorde en gradering. Dit was 'n voorreg om jou familie te kon ontvang. Ek is bly hulle kon ons rustige mooi Karoo -natuurskoon en skape geniet. Kom kuier weer vir ons as julle in ons area is.
Karoo - groetnis
Dick V - Jan 2019
Overall score
Lovely overnight on the farm.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lieflike oornag op die plaas.
Die beste oornagstop wat ons nog gehad het bop hierdie lieflike plaas in die Karoo. Die stilte, vars lug en aangename gasvryheid van die beste.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Paardekloof Plaas's response
Dick en Magda
Baie dankie vir die mooi woorde. Dankie vir die voorreg om julle te kon ontmoet en om 'n bietjie van die mooie Karoo met julle te kon deel.
Hoop ons kan julle weer vorentoe sien. Julle is baie welkom.
Karoo groete
Jaco G - Jan 2019
Overall score
Fantasties.
Paardekloof Plaas's response
Baie dankie vir die mooi woorde, Jaco. Dit was alles 'n voorreg en 'n plesier. Dit maak ons bly as ons gaste dit geniet en tuis voel.
Julle moet weer so maak.
Karoo-groete,
Paardekloof Plaas
Elsabe H - Dec 2018
Overall score
Ongelooflik lekker, vriendelike gasvrou, Karooliefde op sy beste.
Paardekloof Plaas's response
Elsabe
Ons het nie woorde nie, wat 'n voorreg om julle te kon ontvang. Dankie dat julle ons lewens so kom verryk het. As ons sterre vir julle moes gee, sou julle 10 uit 10 gekry het. Julle het ons plek skoner en netjieser gelos as wat julle dit gekry het. Dankie dat ons julle kon groet as vriende.
Ons is geseënd.
Sien uit om julle weer te kan sien.
Karoo groete
Anel V - Nov 2018
Overall score
Peaceful and nature is incredible.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustig en natuurskoon is ongelooflik.
Vodacom toring is op plaas, so ek sal aanbeveel om simkaart te vat vir beter sein. MTN is baie swak! Noem ook dat die plaas 60 km van Willowmore geleë is. Het daar gebly vir die God's Karoo women konferensie. Ons het heerlik gebly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Paardekloof Plaas's response
Baie dankie Anel, dankie dat jul Paardekloof Plaas gekies het vir julle verblyf al was dit 'n entjie se ry van Willowmore. Dit was vir ons 'n voorreg om julle as gaste te ontvang. Ons sal julle graag volgende jaar weer wil sien, dan kan julle al julle vriende saambring vir 'n lekker kuier en ontspan op die huis se stoep.
- Capacity: 17 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: Farm Paardekloof, Off the R341, Barandas, 6460, Western Cape
- All ages welcome