Location
- Guests think Pacem is in an excellent location
- 33 11th Avenue, Voëlklip, Hermanus, 7200, Western Cape
Hermanus bied vir die toeris bykans alles wat begeer kan word.
Hermanus se populêre swemstrande is in die woonbuurt Voëlklip waar Pacem geleë is: Grotto-strand, Voëlklip-strand, Kammabaai en Langbaai.
Daar is 'n baie gewilde seekus-wandelpaadjie wat van die een kant van Hermanus tot die anderkant loop, ongeveer 9 km. Hierdie wandelpaadjie bied 'n besondere uitsig op die walvisse in walvistyd en dra by tot die feit dat Hermanus bestempel word as die beste landgebaseerde walvisbesigtingsplek in die wêreld.
Walvistyd is daar walvisbesigtigingsbote.
Hermanus se golfbaan is beroemd, so-ook sy wynplase, Daar kan in die see geswem word, op die strandmeer geseil word en van die berg af gespring word met 'n 'hang glider'.
Die Fernkloof Nauurreservaat bied kilometers wandelpaaie in die fynbos-omgewing. Die botaniese verskeidenheid in die reservaat is van die grootste in die wêreld.
Daar is voortreflike restaurante te kies in te keur. Daar is 'n ryke verskeidenheid spesialis-winkels, veral kunswinkels.
- Capacity: 4 people
-
Check-in: 15:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: 33 11th Avenue, Voëlklip, Hermanus, 7200, Western Cape
- All ages welcome