Review Summary
Hannes H - Jul 2022
Overall score
Gasvrou baie vriendelik, netjiese plek en stil omgewing.
Pretoria North Lodge 's response
Goeiemore,
Dankie dat u die tyd geneem het om oor u ondervinding by ons gastehuis te skryf.
Ek waardeer dit dat u genoem het dat die bed kraak, by nadere ondersoek het ons gevind dat die basis gebreek is en het ons die basis vervang. Ons vra egter verskoning vir die geraas.
Verder wil ek noem dat ons gewoonlik ekstra komberse uitgee op aanvraag. Sedert die Covid -probleem sit ons nie meer komberse in die kaste nie.
Ek hoop u sal ons weer gebruik wanneer u in hierdie omgewing kom.
Groete
Rentia Vink
Willie T - Mar 2022
Overall score
Dit was ons huwelikherdenkingaand uit en dit was nie baie goeie aand van herinnering nie.
Read morePretoria North Lodge 's response
Goeiemiddag
Jammer vir die slegte ondervinding.
Ons voel ernstig oor ons gaste se terugvoer en sal beslis seker maak die dit nie weer gebeur nie. Ongelukkig het mens nie beheer oor skielike waterlekke nie en moet mens maar die beste van 'n slegte saak maak. Jammer dat dit jul herdenkingsaand nadeling be-invloed het. Ek hoop dat ons in die toekoms die saak sal kan regstel.
Vriendelike groete
Rentia Vink
Melissa V - Mar 2022
Overall score
This was an awesome stay, loved it.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Melissa
Thank you for taking the time to write your lovely review. We always take to hart everything our guests say.
Reviews like yours encourage us to give our best at all times.
We look forward to your next visit.
Regards
Rentia and Leonie
Zelda S - Jan 2022
Overall score
Almal wat daar werk is baie vriendelik en behulpsaam.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Zelda,
Dankie dat jy die tyd geneem het om 'n oorsig te skryf.
'n Oorsig soos hierdie spoor ons net aan om ons beste ten alle tye te doen.
Ons sien uit daarna om jou weer by ons huis te ontvang.
Vriendelike groete,
Rentia.
Marione B - Dec 2021
Overall score
Baie lekker.
Christiaan Johannes D - Sep 2021
Overall score
Vriendelik, veilig, rustig.
Pretoria North Lodge 's response
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om terugvoer te gee ten opsigte van jou besoek aan ons.
Hierdie tipe terugvoer spoor ons aan om elke dag beter te doen.
Weereens baie dankie ons waardeer dit.
Ronel L - May 2021
Overall score
Aangenaam
Sandra M - Apr 2021
Overall score
Pragtige plek, vriendelike ontvangs, gerieflike, ruim kamer.
Read morePretoria North Lodge 's response
Goeiemore
Dankie dat jy die tyd geneem het om terugvoering te gee.
Ek is baie jammer dat jy ons gastehuis beleef het as 'n koshuis-agtige plek.
Soos ons almal weet, leef ons in 'n baie moeilike en vreemde tyd. Ons probeer so ver moontlik by die 'Covid 19' reels vir gastehuise te bly.
Die koffie/suiker/poeiermelk/toiletpapier -situasie is dat ons slegs een porsie uitsit sodat daar nie onnodig aan die sakkies geraak word deur verskillende gaste nie. Ons kan nie die omhulsel saniteer nie. Ons is egter heeltemal bereid om ekstra porsies te gee indien nodig. Verder het ons by ontvangs 'n waterfontein met koue, gesuiwerde water wat aan die gas die versekering gee dat hy/sy skoon en onaangetaste water kry, indien nodig. Ons is altyd bereid om vir die gas 'n beker daarvan uit te tap (in hul teenwoordigheid). Die gas het dus die versekerdheid dat dit wat hy kry - skoon en onaangetas is.
Die 'Covid' reel is dat elke persoon wat ons eiendom betree moet saniter die nodige vorms moet voltooi en ons moet toelaat om hul temperatuur te neem. Ons is verplig om rekord te hou dat, indien daar 'n uitbraak in die gastehuis sou wees, almal in kennis gestel sal word. Ons nooi egter kuiergaste om in die oop area op die patio te kuier aangesien dit minder gevaarlik is. Sommige gaste besluit egter om die reel te verbreek en is ons hande afgekap indien daar 'n probleem sou ontstaan.
Ek is al 17 jaar in die bedryf en nog nooit was hierdie moeilike reels van toepassing nie en is ons ongelooflik jammer dat dit jou ongelukkig gemaak het.
Ons gee graag die beste diens wat 'n gas kan vra en dit is vir my baie moeilik om negatiewe terugvoering te ontvang, ek hoop ons kan dit eendag aan jou opmaak.
Vriendelike groete
RENTIA VINK EN LEONIE DE BRUIN
Jani C - Jan 2021
Overall score
Skoon, netjies en gerieflik.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Jani
Dankie dat jy die tyd geneem het om 'n oorsig te skryf.
Ek is bly julle het jul verblyf by ons geniet, ons sien uit daarna om jul weer hier by ons te ontvang.
Goeie terugvoering spoor ons gewoonlik aan om ten alle tye ons bes te doen.
Vriendelike groete en wees veilig
Rentia Vink
Frederick M - Oct 2020
Overall score
Excellent Service, friendly staff, value for money
Jannie G - Jan 2020
Overall score
This was definitely palace accommodation at its best!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Hierdie was beslis paleisverblyf op sy beste!
Netjiese verblyf, vriendelike diens, gasvrye ontvangs ruim kamer, stil rustige omgewing! Sal beslis weer van julle gebruik maak!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Pretoria North Lodge 's response
Goeiemore,
Baie dankie jy die tyd geneem het om terugvoering te gee oor die verblyf. Ons waardeer die mooi woorde werklik baie en dit spoor ons beslis aan om altyd net ons beste te lewer. Ons sien uit om jou weer hier te ontvang.
Groete
Rentia Vink
Sarel C - Jun 2019
Overall score
Was lekker.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo daar,
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om 'n resensie te skryf. Dit is die beste barometer waar ons onsself kan aan meet.
Nadat dit onder my aandag gebring is dat die yskas nie lekker werk nie het ek onmiddellik ondersoek ingestel en gemerk dat die multi prop nie meer so lekker werk nie. Baie dankie vir die inligting, ons het die prop dadelik vervang.
Verder, by nadere ondersoek het ons gevind dat die lugversorging om een of ander rede nie ingeprop was nie. Vader weet hoe iemand onder die bed gekom het om dit uit te prop. Maar, weereens, baie dankie vir die inligting sodat ons dit kon regstel. Ek vertrou ons sal julle weer hier by ons sien en dat volgende keer foutloos sal wees.
Geseënde dag,
Rentia Vink
Johnny K - Oct 2018
Overall score
Heerlik gebly.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Sonet
Dankie jy die tyd geneem het om 'n boodskap te stuur.
Ons streef altyd daarna om die beste moontlike diens te lewer.
Ek hoop ons sien julle weer gou.
Groete
Rentia Vink
Innocent M - Sep 2018
Overall score
Perfect.
Pretoria North Lodge 's response
Good day,
Thank you for taking the time to write a review. We strive to deliver the best service every time.
We look forward seeing you again.
Kind regards
Rentia
David F - Jun 2018
Overall score
Baie lekker en rustig gewees.
Pretoria North Lodge 's response
Goeiedag Kirsten,
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om 'n resensie te skryf.
Verder wil ek net dankie se vir die pragtige woorde, dit maak ons net besef dat net die beste is goed genoeg vir ons gaste.
Ons sien uit daarna om jul weer hier te ontvang.
Groete
Rentia
Christell D - Jun 2018
Overall score
Excellent service.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekende diens.
Sommer met die intrapslag het ons baie welkom gevoel. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam en die diens was uitstekend.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Pretoria North Lodge 's response
Christell
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om hierdie pragtige boodskap te stuur. Ons strewe om altyd ons beste te lewer en ek hoop om julle sommer gou weer te sien.
Vriendelike groete
Rentia VInk
Lorinda S - Apr 2018
Overall score
Rentia is 'n ongelooflike gasvrou, die ontbyt was ongelooflik lekker gewees. Ek het baie lekker gekuier by hulle en sal beslis weer daar oornag.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Lorinda,
Dit was heerlik om jou hier te ontvang. Dit is resensies soos joune wat ons meer bewus maak daarvan dat ons ten alle tye die beste diens moet lewer.
Ek sien uit daarna om jou weer hier die sien.
Groete
Rentia
Vic V - Jan 2018
Overall score
Goeie waarde vir geld.
Pretoria North Lodge 's response
Goeiedag Vic,
Baie dankie dat u die tyd geneem het om 'n resensie te skryf, ons waardeer dit. Ons is bewus van die knap parkering en dit is in die beplanning om dit reg te stel.
Ek vertrou dat volgende keer vir u meer gemaklik gaan wees.
Vriendelike groete,
Rentia
Joan H - Jan 2018
Overall score
Dit was heerlike verblyf.
Pretoria North Lodge 's response
Ons waardeer die terugvoer. Sulke positiewe terugvoer spoor ons net aan om ons beste te lewer.
Ek hoop ons sien julle gou weer.
Groete,
Rentia
Khothatso N - Dec 2017
Overall score
Lovely environment.
Mike E - Nov 2017
Overall score
Aangenaam.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Daar,
Baie dankie vir die terugvoer.
Ons streef om elke dag bietjie beter as die vorige dag te wees.
Hoop ons sien julle weer.
Groete,
Rentia
Danie S - Oct 2017
Overall score
Bekostigbare oornag akkommodasie.
Read morePretoria North Lodge 's response
Goeiedag Danie,
Ek is rerig jammer dat julle 'n onaangename ervaring by ons gastehuis gehad het. Ons is bewus van die teëls wat losgeraak het maar moet ongelukkig wag tot die huis 'n bietjie stiller is voor ons dit kan herstel.
Verder vra ek om verskoning vir die feit dat daar nie 'n kombers in die kamer was nie, dit is nie standaard praktyk by ons gastehuis om toe te laat dat mense koud kry nie. Daar is egter 'n muurverwarmer asook 'n lugversorging in die kamer wat gebruik kan word indien dit skielik koud word.
Groete
Rentia Vink
Christo H - Jul 2017
Overall score
Baie mooi uitsig.
Hannes E - Nov 2016
Overall score
It was lovely! Centrally located for the purpose of my visit. Everything worked out perfectly. Thanks so much to you guys behind the scenes.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was heerlik! Sentraal geleë vir my doel van besoek. alles het perfek uitgewerk. Baie dankie aan julle ouenes agter die skerms.
Die plek voldoen aan wat ek verlang het. Heerlik rustig gewees na die reis vanaf Durban.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Daar
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om 'n resensie te skryf, ons waardeer dit.
Ek hoop ons sien julle weer eendag.
Groete
Rentia Vink
Winston P - Oct 2016
Overall score
Veilig, gerieflik, netjiese vriendelike bestuur en personeel.
Pretoria North Lodge 's response
Hallo Julle
Dit was heerlik om julle hier by ons huis te ontvang.
Dankie vir die pragtige kommentaar - ons waardeer werklik dat jy die tyd geneem het om dit te plaas.
Ons sien uit daarna om julle weer by ons te ontvang.
Vriendelike groete
Rentia Vink
Lungi M - Aug 2016
Overall score
The rooms are comfortable and most importantly were kept clean. The owner and staff were friendly and always helpful.
Pretoria North Lodge 's response
Thank you for the review.
We appreciate any feedback and we look forward seeing you again.
Regards
Rentia
Willem R - Feb 2016
Overall score
Waarde vir geld.
Mandy G - Jan 2016
Overall score
Pretoria North Lodge was oulik en aanvaarbaar.
Pretoria North Lodge 's response
Baie dankie, ons hoop om jou weer by ons te sien.
- Capacity: 34 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: 93 Ben Viljoen Street, Pretoria North, Pretoria, 0182, Gauteng
- All ages welcome