Ainsley Private Accommodation
Review Summary
Martin S - Apr 2022
Overall score
Wonderful.
Ainsley Private Accommodation 's response
Martin,
Dit was vir ons 'n uitsonderlike ondervinding om julle familie te huisves.
Sandra L - Apr 2022
Overall score
Veilig, netjies en waarde vir geld.
Ainsley Private Accommodation 's response
Sandra en Corne
Dit was vir ons so aangenaam om julle to kon huisves, dankie vir die lekker gesels en ons was net so opgewonde oor julle dogter se deelname met die atletiek!
Frederik V - Mar 2022
Overall score
Die beste verblyf in Potch.
Ainsley Private Accommodation 's response
Frederik en Josua
Baie dankie, ons is verseker dankbaar dat ons met julle twee kon kennis maak, julle is vol beams en regtig 'n genot om te huisves
Ariana Catharina B - Jan 2020
Overall score
Skoon, netjies met 'n vriendelike familie gevoel.
Ainsley Private Accommodation 's response
Was vir ons 'n groot plesier om julle te kon huisves.
Jacques V - Oct 2019
Overall score
Highly recommended.
Ainsley Private Accommodation 's response
Beste Jacques,
Dit was vir ons so aangenaam om julle te kon huisves en die lekker kuier by Aardklop en saam met julle dogter Rozelle, was nog meer spesiaal. Baie dankie.
Chanette V - Jan 2019
Overall score
The facilitity was stunning, except for the bathrooms. It wasn't clear on the web that it's not en-suite.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Die fasiliteit was pragtig behalwe vir die badkamers. Dit was nie duidelik op die web dat dit nie en suite was nie.
Gawe mense. Mooi plekkie. Goeie ligging. Effe duur, veral as nie "bathroom en suite" het nie!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Barend V - Jan 2019
Overall score
Vriendelikheid was een van die groot pluspunte vir ons.
Ainsley Private Accommodation 's response
Dit was vir ons 'n groot plesier om julle te kon bystaan.
Baie dankie dat ons julle kon huisves.
Karin S - Oct 2018
Overall score
Fantasties.
Ainsley Private Accommodation 's response
Dit was vir ons 'n voorreg en so aangenaam gewees om julle almal te kon akkommodeer. Sien regtig uit daarna om julle weer te sien.
Andries V - Oct 2018
Overall score
Waarde vir geld.
Ainsley Private Accommodation 's response
Andries
Baie dankie, met al die gewoel van Aardklop, was dit vir ons regtig aangenaam om jou as gas te huisves. Ons hoop as jy weer in ons area is, ons weer van diens kan wees.
Nathan M - Oct 2018
Overall score
Die mees vriendelike gasheer wat ek nog teëgekom het.
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie Nathan, dit was vir ons so opwindend om elke keer die nuus van die kinders se tennis prestasie saam met julle te ervaar. Dit was ook aangenaam om julle te kon huisves.
Johan F - Oct 2018
Overall score
Onverbeterlike, vriendelike diens teen 'n uiters lae tarief.
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie Johan,
Dit was vir ons so aangenaam gewees om vir jou en Margret te huisves.
Ons kon ook vir Yolandi ontmoet tydens Aardklop se fees.
Bly julle het die tyd hier geniet, weet dat julle altyd welkom hier by Ainsley sal wees.
Gerard V - Sep 2018
Overall score
Baie rustig en vriendelik.
Ainsley Private Accommodation 's response
Beste Gerard,
Baie dankie, ek is bly ons kon van diens wees en dat die kuier hier in Potchefstroom so spesiaal was.
Groete,
Ainsley Private Accommodation
Yolanda M - May 2018
Overall score
Extremely neat and comfortable.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Uiters netjies en gerieflik.
Die kamer was ongelooflik netjies, ons was vriendelik verwelkom en dit was maklik om van hier af rond te beweeg vir ons afsprake. Veilige parkering en lieflike buurt. Ons ontbyt was heerlik en ek sal dit beslis vir enige iemand aanbeveel. Ons het 'n loft eenheid bespreek wat my en my kollega genoeg privaatheid gegun het, maar ons kon steeds self koffie maak en ietsie warm maak in die mikrogolf in ons eenheid. Wat 'n gesellige plek om te bly. Julle sien my beslis weer.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie Yolanda,
Dit was vir ons 'n groot plesier om vir julle tot diens te wees. Bly ons kon kennis maak, julle is altyd welkom.
Belinda P - Oct 2017
Overall score
Ons het heerlik gebly by Ainsley! Die besondere gasvryheid, vriendelikheid en netheid laat dit soos huis weg van die huis voel!
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie Belinda en Anton, so bly dat julle Aardklop geniet het en vir ons, die kans om met julle kennis te maak.
Niek M - Oct 2017
Overall score
Lekker, nat gereën op pad na badkamer.
Ainsley Private Accommodation 's response
Dankie Niek en Linda
Faith V - Sep 2017
Overall score
Gemaklike, smaakvolle plek. Waardeer die gasvryheid.
Ainsley Private Accommodation 's response
Dit was regtig so 'n plesier om gaste soos julle te kon huisves. Ek is baie bly dat julle so bietjie met jul seun kon kuier.
Nerika M - Sep 2017
Overall score
Baie vriendelike mense en 'n gerieflike skoon kamer.
Ainsley Private Accommodation 's response
Beste Nerika,
Baie dankie, dit was goed om jou sussie ook te ontmoet, en bly julle kon darem so bietjie kuier.
Chantelle D - Sep 2017
Overall score
Spesiaal!
Ainsley Private Accommodation 's response
Beste Chantelle,
Baie dankie vir die goeie terugvoer. Die belangrikste vir ons is om gaste reeds met hul aankoms tuis te laat voel.
Rika G - May 2017
Overall score
Great reception, treated us as if we were relatives.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons was soos familie ontvang!
Wat 'n heerlike ervaring! Ons was soos ou vriende ontvang en op die hande gedra! Baie dankie vir die gasvryheid wat ons gekry het en die belangstelling in ons as gaste! Fantasties!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie Rika, julle was regtig soos vriende en dit was vir ons so aangenaam om vir julle tot diens te wees.
Christine V - Jan 2017
Overall score
Wow, great accommodation.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Sjoe verblyf was uit die boonste rakke!
Ons verblyf het in elke opsig alle verwagtings oortref en was onoortreflik, gerieflik, smaakvol, netjies en puik toegerus met wonderlike gasvryheid!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie, Christine en Gerhard, vir ons was dit so aangenaam om vir julle van diens te wees.
Frans L - Jan 2017
Overall score
Lovely hospitality.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlike gasvryheid geniet.
Hierdie mense gaan uit hulle pad om jou verblyf aangenaam te maak. Baie dankie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ainsley Private Accommodation 's response
Frans en Hannelie,
Vir ons was dit 'n voorreg om julle hier by ons te kon huisves.
Willie S - Oct 2016
Overall score
Incredible hospitality!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ongelooflike gasvryheid!
Ons was twee volwassenes en 6 kinders wat tydens Aardklop in die Pool Loft gebly het. Dit was voorwaar 'n heerlike tyd en het alles wat jy nodig het, ingesluit heerlike storte met genoeg warm water. Dianne het seker gemaak alles is reg en ons het ook heerlike ontbyt geëet. Die kinders was mal daaroor! Daar is ook 'n heerlike swembad waar mens kan afkoel in die somer. Ons sal beslis weer hier kom bly - want sulke gasvryheid kry mens nie sommer nie!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie, so bly dat julle en ook die kinders, Aardklop en die verblyf by ons geniet het. Dit is altyd goed om te weet dat al die gaste gelukkig en tevrede is.
Christopher V - Oct 2016
Overall score
Het baie lekker hier gebly, sal dit aan almal aanbeveel!
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie vir julle kuier by ons - bly julle kon so bietjie ontspan tussen al die Aardklop opvoerings.
Hannelie V - Oct 2016
Overall score
Perfect for school groups!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Perfek vir skoolgroepe!
Vriendelike, persoonlike diens ontvang. Genoeg spasie vir jongmense om te baljaar. Heerlike ontbyt ontvang. Span se wedstrydklere is daar gewas, vir die volgende dag se wedstryd. Veilige parkering vir skoolbussie en waentjie. Netjiese, skoon badkamers met genoeg handdoeke.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ainsley Private Accommodation 's response
Baie dankie aan ons Nelspruit groep, julle het 'n uitstekende spangees, hou dit so!! Was so lekker om saam met julle duim vas te hou vir elke wedstryd.
Jeanine D - Aug 2016
Overall score
We will definitely go back!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons sal verseker weer daar gaan oorbly!
Ons skool se 1ste hokkiespan het daar oornag vir 'n paar aande. Alles is so mooi skoon en netjies en die kos baie lekker. Die eienaars se gasvryheid en ekstra moeite wat hul insit is uit die boonste rakke. Dianne en Herman het soos familie gevoel toe ons daar weg is. Ons beveel graag en met die grootste liefde die plek aan!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ainsley Private Accommodation 's response
Jeanine, Mare-Lize en Joanne, Curro College julle is tops, ons het 'n hele span ryker geword.
Johan K - Feb 2016
Overall score
Awesome!
Ainsley Private Accommodation 's response
Dankie Johan en Merinda, so bly julle het dit geniet.
Zelda V - Jan 2016
Overall score
Tuiste weg van die huis.
Ainsley Private Accommodation 's response
Dankie Zelda
Ek is altyd so bly as die gaste tuis voel.
Carien P - Jan 2016
Overall score
Die eienaars is uiters vriendelik en hulpvaardig!
Ainsley Private Accommodation 's response
Dankbaar om tot diens te wees.
- Capacity: 16 people
-
Check-in: 14:00 to 21:00
Check-out: 10:00 - Address: 11 Japonika Street, Grimbeek Park, Potchefstroom, 2531, North West
- All ages welcome