Rietrylaagte Accommodation and 4x4
Review Summary
Riaan L - Jan 2021
Overall score
Baie rustige plekkie ver van die teerpad.
Josephine S - Nov 2020
Overall score
Hemels
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Josephine,
Ons is so bly jul het dit geniet. Hoop ons sien julle gou weer.
Groete,
Wendy
Andre O - Nov 2020
Overall score
Rustig
Alison S - Oct 2020
Overall score
It was very peaceful and relaxing
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hi Alison. Glad you enjoyed it. Thank you for leaving the house so clean. Hope to see you soon. Wendy
Johan B - Sep 2020
Overall score
Netjiese, goedtoegeruste verblyf, pragtige natuurskoon, vars lug en plaas rustigheid - wat meer het 'n mens nodig.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hallo Johan,
Ons sien uit na jul volgende kuier.
Groete,
Wendy
Christine B - Sep 2020
Overall score
Die mooiste omgewing, geen ander mense. Rus.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hi Christine,
So lekker om te hoor as gaste lekker gekuier het. Kuier gerus weer by ons.
Groete,
Wendy
Ockie M - Sep 2020
Overall score
Great experience.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Gas
Kom kuier gerus weer. Vriendelike groete. Wendy
Thys R - Sep 2020
Overall score
Ek en my vrou het my ouers gevat om blomme te gaan kyk.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hi Thys
Baie dankie vir jul kuier. Ons sien uit om jul weer te ontvang. Groete Wendy
Marinda K - Aug 2020
Overall score
Heerlike stapgeleenthede en pragtige stukke veld. Huisie is baie gerieflik met alles wat nodig is.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Bly julle het lekker gekuier. Die 4x4 word meestal gebruik deur 4x4 klubs soos SA Jeep klub, Vatikaki klub en 4x4 dae wat gereel word deur ons. As jy hier bly is jy welkom om gratis te ry sonder begeleiding en op eie risiko. Groete Wendy van Zyl
Ivan V - Aug 2020
Overall score
Baie mooi en goed ingerig.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hallo Ivan, ons hoop ons sien julle weer. Groete, Wendy.
Jakkie B - Aug 2020
Overall score
Gasvry en kos vir jou siel.
Read moreRietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hallo Jakkie
Baie dankie. Julle is enige tyd welkom. Ons sien beslis uit na jul volgende langer kuier.
Vriendelike groete
Wendy
Marietha S - Aug 2020
Overall score
Uitstekende waarde vir geld.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Marietha,
So bly julle het hier oor gebly. Ons hoop ons sien julle sommer gou weer.
Vriendelike groete,
Wendy
Charmillan M - Mar 2020
Overall score
Peaceful.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Thank you for your rating.
I do not know why you struggled with the geyser. I will let my husband take a look at it. Sometimes guests turn the knobs outside. We ask them not to do that because the geyser works at a certain water pressure level. But I will make sure it will be fixed.
We look forward to your next stay with us.
Kind regards,
Wendy
Frikkie S - Jan 2020
Overall score
Baie netjies en rustig.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Frikkie.
Ons is bly jul het lekker gekuier. As gaste vra dan was ons hul wasgoed teen n fooi. Ek hoop julle kom kuier weer.
Vriendelike groete.
Wendy
Marien - Nov 2019
Overall score
Nice.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker.
Dit was baie lekker en skoon.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Marien
Ons hoop julle kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Wendy
Niko S - Nov 2019
Overall score
Fantastiese wegkomkans vir die gesin.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hallo Niko
Baie dankie. Dis vir ons altyd lekker as gaste hul tyd geniet op ons plaas. Dankie vir die mooi fotos wat jy geneem het. Ons sien uit daarna dat julle weer kom kuier.
Groete
Wendy
Elrieta P - Oct 2019
Overall score
It's farm, open plains to explore, clean skies and stars!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit is plaas, oop vlaktes om te verken, skoon lug en sterre!
As jy hou van rondstap, sommer net, gaan boek in by Patryshuis. As jy hou van veld en son, dan is jy by die regte plek. Dis die ideale plek vir my om weer grond te vat met die natuur.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Elrieta
Dit was heerlik om julle as gaste te hê. Ek hoop julle kuier sommer binnekort weer.
Groete
Wendy
Elaine V - Sep 2019
Overall score
Heerlik en rustig!
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hallo Elaine.
Ons hoop julle kom kuier weer. Ongelukkig peuter gaste aan die gas eenheid agter die huis en veroorsaak dan dat dit gebeur. Ons probeer ons bes om dit reg te stel.
Groete Wendy
Netta C - Sep 2019
Overall score
Onvergeetlik rustig, netjies.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Netta,
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Julle was spog-gaste en ek sal julle enige tyd met ope arms ontvang.
Groete
Wendy en Altus
Erica D - Aug 2019
Overall score
Kalm.
Read moreRietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Erica,
Ek is bly julle het dit geniet. Ek hoop julle kom kuier weer.
Groete
Wendy van Zyl
Pj V - Aug 2019
Overall score
Huisvesting was uitstekend. Uitsig vanaf stoep was baie goed. Baie rustige omgewing. Aanwysings was duidelik.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Pieter
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is bly julle het dit geniet. Baie dankie vir die aanbeveling. Ek sal 'n kennisgewing rondom die 4x4 in die eenheid opsit. Ons hoop julle kom kuier gou weer.
Vriendelike groete
Wendy van Zyl
Justus H - Jul 2019
Overall score
'n Juweel in die middel van nêrens.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Justus. Ons sien uit na julle volgende kuier.
Vriendelike groete. Wendy
Heldha F - Jun 2019
Overall score
It was simply an experience.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was eenvoudig 'n belewenis.
Plek se ooptes was verskriklik kalmerend op jou gemoed. Stilte en wind se gesuis in bome was soos 'n lafenis vir my dorre siel wat net gewoond is aan die gejaagdheid van elke dag. Jy voel soos 'n nuwe mens wat weer die lewe vierkantig in die oë kan kyk.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Heldha,
Baie dankie. Ons is so bly julle het dit geniet en hoop om julle binnekort weer te sien.
Groete,
Wendy
Esmé T - Jan 2019
Overall score
Ongelooflik!
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Esme,
Baie dankie. Julle was self spog gaste. Ons hoop om julle in die blommeseisoen te ontvang.
Vriendelike groete,
Wendy
Rone S - Dec 2018
Overall score
Best farm house ever!
Read moreRietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Thank you for your beautiful review. We hope you visit us again in the near future.
Kind regards,
Wendy and Altus.
Tienie P - Dec 2018
Overall score
Ek en my vrou en ons dogter, haar man en hulle twee kinders het op Rietrylaagte oornag op pad van Windhoek na George.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Hallo Tienie,
Ons verwelkom jul graag weer enige tyd. Hoop ons is altyd julle keuse as jul weer reis.
Groete,
Wendy en Altus
Dalene V - Oct 2018
Overall score
Heerlik rustig weg van die stad se gewoel.
Read moreRietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Dalene,
Jy maak my hart warm, jul is sulke lieflike mense, ek sien uit na jul volgende kuier. Baie dankie vir jul wonderlike resensie.
Elrieta P - Oct 2018
Overall score
Relax, explore, enjoy!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ontspan, verken, geniet!
Dankie, Wendy! Dit was so lekker om deur die week op 'n werkende plaas te kon ontspan. Om te sien hoe trekkers werk en lande bewerk word, het groot bygedra tot die ervaring vir my dogtertjies. Dit was ook lekker om hulle te los om te gaan verken op hul eie. Onthou om toe skoene in te pak! Die Patrys huisie is netjies, skoon en gerieflik! Die uitsig is pragtig! Dankie dat julle jul plaas deel, was so mooi met al die veld blommetjies.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Elrita.
Dit was vir my so oulik toe jul aangery kom met die oudste wat by die venster uithang. Haar gesiggie het gestraal. Ek kon sien hul was baie opgewonde om daar te wees. Ek is so bly julle het dit geniet. Dankie vir jou pragtige boodskap in ons boekie ook. Ons hoop om julle binnekort weer terug te verwelkom.
Groete
Wendy en Altus.
Elmarie H - Sep 2018
Overall score
It was very nice.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was ongelooflik lekker!
Ons het baie lekker gebly. Die huisie is baie gerieflik, het alles gebied wat ons nodig gehad het. Die rustigheid was ongelooflik lekker! Ons sal beslis weer gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Elmarie
Baie dankie. Ons hoop julle kom kuier weer vir ons en ek hoop dat die weer volgende keer saamspeel sodat jul ons mooi blomme kan sien. Vriendelike groete, Wendy
Karin M - Aug 2018
Overall score
Moenie my op my baadjie takseer nie, ek gaan jou verras.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Karin,
Baie dankie vir jou resensie. Ons is so bly dat jul dit geniet het. Ons sien uit na jul volgende kuier.
Groete
Wendy
Karen T - Aug 2018
Overall score
Wonderful and peaceful!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlik, rustig!
Wonderlike tyd gehad! Wendy het soveel moeite gedoen om ons te verwelkom. Pragtige blomme op die plaas gesien.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Karen,
Dit was heerlik om jul te kon ontmoet. Dankie vir die mooi boodskap wat jy in ons boekie gelos het. Sê ook vir jou dogtertjie dankie vir die pragtige tekening wat sy vir ons gemaak het. Dit pryk op ons huisie se yskas.
Vriendelike groete,
Wendy
Verena M - Aug 2018
Overall score
Peace and quiet.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rus en vrede.
Wat 'n wonderlike plek! Pragtige uitsig en ons was bederf met die allermooiste reënboog die oggend van ons vertrek. Die eenheid het alles wat mens nodig het, sal beslis terugkom.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Verena,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons sien baie uit na jul volgende kuier.
Vriendelike groete,
Wendy
Luzanne C - Aug 2018
Overall score
We had a lovely stay.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ons het heerlik gekuier.
Dit is 'n pragtige huisie in 'n baie mooi omgewing. Alles in die huisie is netjies, skoon en gerieflik. Dit is op 'n pragtige plaas geleë en dit sou baie lekker gewees het om meer inligting oor die plaas te hê, soos hoe groot die plaas is, waarmee geboer word ens. In die brosjure in die huis word ons versoek om nie om die huis te mors met stompies ens. so dit is redelik terleurstellend om te sien dat die plaas self oral bemors is met plastiek, stukkende pype, asbes en selfs leë gifhouers. Daar is pragtige plekke om heen te stap, so 'n besonderse plek vir die natuurliefhebber.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Luzanne,
Baie dankie vir jou resensie. Ons werk daaraan om die inligtingsboek op te gradeer en ons is besig om inligting te kry rondom die geskiedenis van die plaas. Ongelukkig is my skoonpa baas oor die plaas en ons sukkel om dinge te verander en werk hard daaraan om dit net so mooi skoon te kry soos ons huisie. Volgende keer as jul kom kuier sal jul die verandering sien.
Vriendelike groete,
Wendy
Janine S - Aug 2018
Overall score
'n Moet “hier bly” vir elke mens met plaas in sy hart.
Read moreRietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Janine,
Baie dankie vir jou mooi resensie. Baie dankie ook vir jou pragtige boodskap in ons boekie. Ons sien uit na jul volgende kuier.
Vriendelike groete,
Wendy
Elricka D - Jul 2018
Overall score
Fantastiese akkommodasie indien veiligheid verbeter word.
Read moreRietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Liewe Gas,
Baie dankie vir jul terugvoer, ek is baie jammer oor die onaangenaamhede wat julle ervaar het. Ons sal werk maak van alles wat jul genoem het.
Vriendelike groete,
Wendy
Johan S - Apr 2018
Overall score
Baie rustig. Huis is baie mooi, skoon en netjies uitgerig.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Ek is bly julle het lekker gebly. Kom kuier gerus weer.
Jaco S - Jan 2018
Overall score
Was baie lekker en mooi.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Baie dankie Jaco. Kom kuier gerus weer.
Natasha D - Dec 2017
Overall score
Asemrowend.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Baie dankie Renier. Julle was wonderlike gaste en baie dankie dat jul die eenheid so pragtig skoon gelos het met jul vertrek. Ons waardeer dit opreg en ons sien uit na jul kuier vorentoe. Groete, Wendy.
Chrita V - Sep 2017
Overall score
Wonderful stay despite the cold wind because we decided to braai under the stars.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlik gebly ten spyte van 'n yskoue wind want ons het gekies om buite onder die sterre te braai.
Die huisie is baie netjies met alles wat jy nodig het. Die sjokoladetjies is 'n bederf. Ek het 'n "koffie plunger" gemis. My opinie is dat indien mens die huisie skoon los soos jy dit gekry het, dit nie billik is om R150 skoonmaakfooi te betaal indien jy net een nag oorbly nie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Rietrylaagte Accommodation and 4x4's response
Goeiedag Chrita.
Baie dankie vir jou resensie. Ek sal 'n koffie plunger in die eenheid sit noudat ek sien dat daar 'n behoefte daarvoor is. Ek hoop dat julle weer by ons sal kuier. Die rede vir die skoonmaakfooi is nie vir die skoonmaak van die eenheid nie, maar oor die beddegoed wat dan elke oggend vervang moet word. As ons dus 4-6 nagte aanmekaar besprekings kry vir slegs 1 nag raak dit duur. Ons gebruik die skoonmaakfooi dus vir waspoeier, water, krag en die vervang van beddegoed wat na 'n tyd uitgewas lyk. Ons wil graag vir elke gas wat by ons kuier net die beste gee.
Vriendelike Groete.
Wendy van Zyl
- Capacity: 4 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: Rietrylaagte Farm, Trawal, 8147, Western Cape
- All ages welcome