Review Summary
Jaques P - Dec 2020
Overall score
Baie lekker.
Heila V - Oct 2020
Overall score
Sien sterre
Ilse V - Oct 2020
Overall score
Baie aangenaam,
Shana B - Jan 2020
Overall score
The stay was comfortable.
Giellie U - Oct 2019
Overall score
Lekker gemaklike verblyf, met goeie, vriendelike diens.
Ben D - Oct 2019
Overall score
Verrassend goed.
Liezel B - Sep 2019
Overall score
Rustig en ontspannend.
Braham C - Aug 2019
Overall score
Wonderlike plek om te bly.
Read moreRipple Hill Hotel's response
We aim to please. En ons word nooit moeg daarvan om te hoor as daar aan gaste se verwagtinge voldoen word nie .
Baie dankie vir die komplimente, ons waardeer dit.
Ripple groete
Erna M - Jun 2019
Overall score
Clean and comfortable, beautiful old building.
Ripple Hill Hotel's response
Thank you for your comments, Erna!
Jan V - Jun 2019
Overall score
Good value for money.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Goeie waarde vir geld.
Kamers is skoon en gemaklik. WiFi is ook vinnig in die kamers. Aandete was ook smaaklik.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Jan, dis is altyd goed om te hoor dat ons op pad is in die regte rigting. Dankie vir die bevestiging.
Mark C - Jun 2019
Overall score
Comfortable, clean accommodation.
Ripple Hill Hotel's response
Thank you for your comments, Mark. Much appreciated.
Sorry about your disappointing brekkie, we do offer 3 very basic breakfast options to our in house guests, and do recommend having breakfast at one of the speciality breakfast spots in town if you are big on breakfast. That is why our breakfast is optional, and not included in our accommodation rates.
That said, we charge a flat rate of R50 for breakfast (which includes coffee or tea or juice) and if you deduct the price of a filter coffee from R50, your breakfast cost you 30 odd Rand. If you ordered your basic bacon and eggs, you would get something similar to the Wimpy's streaky bacon special.
I am glad that you found the accommodation, wi-fi and service to your liking. Thank you for visiting the Ripple!
Kindest
Prieur V - Jan 2019
Overall score
Friendly, nice hotel.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Vriendelike mooi hotel.
Ripple Hotel is 'n oud styl hotel met lekker kroeg en mooi restaurant, die prys is goed met baie opsies om van te kies wat dit die geld werd maak.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie vir die kommentaar, Prieur. Dit word waardeer.
Groete.
Charmaine C - Jan 2019
Overall score
Stylvol en smaaklik.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie Charmaine. Ek wens al ons gaste het sulke goeie smaak soos julle gehad.
Vriendelike groete van ons.
Jacques A - Dec 2018
Overall score
Ongelooflik.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie Jacques. Ons is so bly dat jul die tydjie hier geniet het.
Ripple groete.
Christo W - Dec 2018
Overall score
Netjies.
Ripple Hill Hotel's response
Ek stem saam. Dankie vir jou kommentaar, Christo.
Ripple Hill Hotel, Patensie.
Liezel B - Dec 2018
Overall score
Gerieflik en skoon.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie Liezel vir jou tyd en moeites om alles neer te pen. Ons is vrek bly dat jul alles so gemaklik en goed gevind het. Ons hoop jul gooi eendag weer 'n draai. Groete, N'Ré
Ane P - Dec 2018
Overall score
Very nice!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie oulik!
Die houtvloere en pragtige ou meubels het sowaar my hart gesteel. Alles was netjies en die diens was baie goed.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Baie dankie vir jou kommentaar, Ané, en die 5 sterre. Dis altyd goed om te hoor. Groete
Tanya B - Jul 2018
Overall score
Peaceful atmosphere and nice interior.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustige atmosfeer met mooi interior.
Na die ellelange Baviaanskloof is die Ripple Hill Hotel die perfekte bestemming. Netjies en skoon met baie vriendelike staff. Die dorpie is veral mooi in seisoentyd.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Ag, dis so goed om dit te hoor. Baie dankie vir u moeite en tyd om u ervaring te dee, dit word waardeer.
Ripple-groete
Elmo V - Jul 2018
Overall score
Will recommend it.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Sal dit aanbeveel.
Ons sal beslis die hotel aanbeveel en is regtig netjies en mooi.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Baie dankie vir jou komplimente, Elmo.
Ons waardeer dit.
Jasper D - May 2018
Overall score
Fantastic. No complaints.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasies. Geen klagtes.
Kos en blyplek puik. Diens fantasies, asook kelners.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Sjoe, geen klagtes en slegs lof. Dis nou vir jou 'n ding. Baie dankie, Jasper. Dis wonderlik om te hoor dat jul Ripple Hill ervaring, in geheel fantasties was.
Ons waardeer jul 5-stêr toekenning.
Groetnis vanuit Patensie.
Priscilla P - May 2018
Overall score
Value for money.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Waarde vir geld.
Kos was heerlik by die restaurant. Aangrensende kamers nie baie klankdig nie so is wakker gemaak deur mense oorkant en langs ons.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Baie dankie vir die goeie 4-ster resensie, Priscilla. Ons neem kennis van u kommentaar, en waardeer dit.
Ripple Hill-groete
Nols O - Mar 2018
Overall score
Home away from home.
Ripple Hill Hotel's response
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer, Nols.
Ons is bly dat jul alles voortreflik gevind het.
Albert M - Feb 2018
Overall score
Absolutely wonderful.
Ripple Hill Hotel's response
Thanks to you, for the first class review, Albert. It is much appreciated.
If you are happy, we are happy.
Kindest regards,
Ripple Hill Hotel, Patensie.
Egbert D - Jan 2018
Overall score
Wat 'n ongelooflike en onverwagte juweel. Kwalifiseer maklik vir een van die top dorpshotelle in die land! Uitstekende etes daarby!
Read moreRipple Hill Hotel's response
Geagte Egbert D,
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer.
Ons waardeer u moeite en tyd met die terugvoer. Dis meestal maar 'n ondankbare werk, maar onverwagse positiewe kommentaar soos hierdie, maak alles die moeite werd.
Ripple-groete
Liezel B - Dec 2017
Overall score
Very tranquil and peaceful.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie rustig en vreedsaam.
Die hotel is oor die algemeen baie netjies. Die kamer is ruim en die dekor baie stylvol. Die badkamer is goed ontwerp en genoeg handdoeke word voorsien. Die kamer en badkamer is albei baie skoon. Ons sal beslis weer daar gaan bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Goed om te hoor, baie dankie. Hoop om u weer hier te ontvang.
Groete,
Ripple Hill Hotel
Roald G - Dec 2017
Overall score
Waarde vir geld.
Ripple Hill Hotel's response
Baie dankie vir u kommentaar as ek na die ster-toekenning kyk, hoop ek dat u verwagting goed was, eerder as sleg.
Ripple groete
Wendy C - Nov 2017
Overall score
Pragtige, netjiese hotel, met houtvloere, mooi gerestoureer.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie vir die kuier, Wendy.
Janette S - Sep 2017
Overall score
We will definitely be back.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons sal hulle beslis weer besoek.
Ons is baie vriendelik verwelkom by die hotel. Diens is baie goed en die kamer was netjies.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Dis net 'n plesier, baie dankie, en ons hoop om u weer hier te ontvang.
Groete vanuit Patensie
Jp B - Jul 2017
Overall score
Very nice and a tranquil place.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker en 'n rustige plek
Enigste probleem was motor veiligheid. Verder is daar geen klagtes oor die verblyf nie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Ons is bly dat u alles in orde gevind het. Dankie vir u besoek. Hier is nie noemenswaardige misdaad in ons dorpie nie, en tot dusver is ons gaste se voertuie en bagasie gelukkig nog geen skade berokken nie. Die parkeerarea agter die gebou is wel nie agter slot en grendel nie, maar daar is ligte en die area is van geen pad af sigbaar nie. Dankie vir u moeite om te skryf.
Ripple Groete
Leandra M - Jul 2017
Overall score
Accommodation and hospitality were of good quality. Was a pleasant stay.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Verblyf en gasvryheid was van goeie gehalte. Was aangename verblyf.
Die gasvryheid en verblyf was van hoë gehalte. Beskikbaarheid van koffie in die kamers was opreg waardeer. Die hotel self het 'n lekker kuier atmosfeer met heerlike kos! Die hotel is ook naby geleë aan ander besienswaardighede in Patensie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Baie dankie, Leandra. Dis goed om te hoor.
Ripple Groete
Melanie F - Jun 2017
Overall score
We really enjoyed our stay and the room was neat and comfortable.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons het baie lekker gebly en die kamer was netjies en gerieflik.
Ons het nou wel nie van die restaurant gebruik gemaak nie, maar verder was die kamer baie gerieflik en netjies en het alles gehad wat ons nodig het. Die diens was ook baie goed. Ons het 'n familietroue in die gebied bygewoon en die ligging van die hotel het ons baie goed te pas gekom.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie, Melanie!
Monica R - Jun 2017
Overall score
Clean, comfortable room with very friendly service.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Skoon, gerieflike kamer met uiters vriendelike diens.
'n Welkome verrassing na 'n lang pad. Yskoue bier, onverbeterlike vis en skyfies en koel, gerieflike kamer. Wat meer kan mens vra!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Plesier, Monica en Kobus. As die resensie nie so koud soos die bier en so koel soos die kamer is nie, klop ons harte warm, baie dankie.
Cor J - May 2017
Overall score
Surprising for the countryside.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Verrassend vir die platteland.
Werklik 'n aangename verrassing. Tipiese platteland met plattelandse vriendelikheid en omgee. Kamers met ruim badkamers. Pragtige blink houtvloere in gang. As ek ooit weer Baviaanskloof besoek is daar net een plek waar ek sal bly!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Dis goed om te hoor, Cor, baie dankie. Ons hoop om jul in die toekoms weer hier te ontvang :-)
Pieter V - May 2017
Overall score
I was very surprised by what we got for the price.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ek was baie verras vir wat ons gekry het vir die prys.
Baie dankie, ons het heerlik geslaap, ons was baie vriendelik ontvang en was baie beïndruk oor die netheid en baie skoon kamer en badkamer. Die kos en diens in die restaurant was eerste klas. Ek sal beslis mense aanraai om hier te oornag of selfs te bly indien hulle Baviaanskloof wil gaan verken.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Dis net 'n plesier, Pieter. Baie dankie vir die positiewe terugvoer, dit word waardeer.
Ripple groete
Frans B - Apr 2017
Overall score
Quiet and safe.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustig en veilig.
Ons was aangenaam verras met die verblyf, dit was skoon en gerieflik, ons het veilig gevoel en die kos was heerlik. Ons sal weer gebruik maak daarvan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie Frans, ons sien daarna uit om jul weer by Ripple Hill te ontvang!
David M - Apr 2017
Overall score
Very nice stay and definitely worth my money.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker gebly en beslis waarde vir my geld.
Die diens was aangenaam en die personeel was baie behulpsaam. Die kos was fantasties en baie goed voorberei. Die kamers was baie netjies en alles wat mens vir oornag-blyplek nodig het was daar. Baie gereis en in hotelle oorgeslaap in my lewe en Ripple Hill hoef glad nie vir die Southern Sun's van hierdie wêreld terug te staan nie. Baie dankie vir aangename verblyf.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Beste David,
Wat kan ek sê - om sulke resensies te lees laat my hart warm klop. So bly dat u alles hier in orde gevind het. Dit stem ons oombliklik positief en verskaf die nodige lus en energie om verdere verbeterings in en om ons plek aan te pak. Ons het nooit ontmoet nie, maar baie dankie vir u tyd en moeite om 'n resensie te skryf. Dit word waardeer.
Groete,
Ripple Hill - bestuur
Annemarie M - Apr 2017
Overall score
Die kamer was skoon en gemaklik, maar nie die prysklas werd nie.
Ripple Hill Hotel's response
Goeiedag Annemarie,
Dankie vir die terugvoer, dis goed om te weet. Ons het u verlede week 4 maal geskakel om duidelikheid te verkry aangaande u ervarings hier by ons, maar kon u ongelukkig nie bereik nie.
Volgens die diensrooster het Bella u ingeboek. Ek ken haar nie as iemad wat nors en kortaf is teenoor gaste nie. Moeg kon sy ook nie wees nie, aangesien sy pas aan diens gekom het. Ek sal die kamera beeldmateriaal moet gaan raadpleeg om verder duidelikheid te kry.
Wat die 'stink' kamer betref: hieroor is ek totaal verward. Ons kamers is almal streng nie-rook, soos die kennisgewings in elke kamer ook aandui. Ek erken daar is soms gaste wat eenvoudig nie hul lus wil of kan beteuel nie, en dan wel skelm rook. Dit kan ek ruik die oomblik dat ek 'n kamer binnegaan. Om jou vinger persoonlik op elke liewe ding te hou, is 'n onmoontlike taak, maar ek probeer my uiterse bes. Ek is vroeër daardie Saterdagmiddag persoonlik deur elke gastekamer en badkamer. As dit op daardie stadium na rook geruik het, sou ek u definitief in 'n ander kamer akkommodeer het. Wat dit nog vreemder maak is dat daar nie die vorige aand gaste in daardie kamer geslaap het nie. Ek weet ook dat ek die kamerdeur en -vensters oopgelos het, soos ek altyd maak wanneer ek gaste verwag. Of dit moontlik was vir die rook om vanaf die kroeg-area met die gange langs te kon oorwaai tot in kamer 7 of 'n ander persoon wat naby die kamer kon gerook het, is 'n ope vraag. In die vervolg sal die deure en ruite moet toehou voor die aankoms van gaste. Jammer vir die slegte ervaring!
Ek is verlig dat u die kamer as skoon en netjies ervaar het. Dit spog immers met 'n spinternuwe glas stortkamer, lugversorging, en nuwe, spierwit Super King-grootte duvet, inner, en linne. Met betrekking tot die prysklas, voeI ek dat R275pp 'n bilike tarief is vir 'n kamer met 'n 3-ster gradering. Daar is wel geen uitsig nie, en ja, die Ripple Hill Hotel sit in die middedorp van Patensie, waar dit ongeveer 70 jaar gelede gebou is, en die Groot 5 loop nie in die agterplaas rond nie, maar dit weet voornemende gaste reeds wanneer hul ons webtuiste bekyk of 'n aanlyn bespreking by 'n plattelandse hotelletjie doen.
Ons waardeer wel u insette en dank u vir die moeite. Dit dien gewis as motivering om te verbeter waar moontlik.
Liezel B - Mar 2017
Overall score
Would've liked to see more of the management.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Sou graag meer van die bestuur wou sien.
Baie netjies en skoon gerieflike kamer met pragtige dekor.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie. Ons is bly dat u u verblyf geniet het.
Ripple groete.
Gerard L - Mar 2017
Overall score
Beautiful and clean and neat and the service is excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie mooi en skoon en netjies en die diens is uitstaande.
Ek sal die Ripple Hill Hotel aanbeveel vir oornag of langer verblyf. Dit is baie netjies en skoon met 'n nostalgiese gevoel. Die kos en die diens is uitstekend. Die kroeg is lekker lewendig met die plaaslike mense. Ek sal definitief uit my pad gaan om weer daar te bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Wonderlik om dit te hoor! Baie dankie.
- Ripple Hill Hotel
Piet S - Jan 2017
Overall score
Convenient place to sleep and eat after a day's drive through Baviaanskloof.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Gerieflike slaap- en eetplek na 'n dag se ry deur die Baviaanskloof.
Hierdie is 'n ou styl hotel wat ekstensief oorgedoen is en heelwat gemoderniseer is. Die resultaat is 'n huislike en gerieflike hotel met goeie kos en diens. Die aanwysings na die hotel kan gerus verbeter word.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Juanita P - Jan 2017
Overall score
Fantastic service.
Ripple Hill Hotel's response
Thank you, Juanita. We hope to see you during 2017. Ripple greetings.
Brian S - Jan 2017
Overall score
Fantasic!
Ripple Hill Hotel's response
Glad to hear, Brian S. We aim to please. Dankie vir jou moeite om 'n resensie te skryf.
Daniel B - Oct 2016
Overall score
Baie rustig!
Danie En Nerine N - Sep 2016
Overall score
Delicious food, very friendly owner and staff.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlike kos, baie vriendelike eienaar en werkers.
As ek een kritiek kan lewer, sal dit wees dat daar TV beskikbaar moet wees vir die gaste. Daar is tans net een TV in die kroeg en ons het dit nogal gemis.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Wilna B - Jul 2016
Overall score
10 uit 10! Die beste plaasdorpverblyf wat jy kan kry.
Ripple Hill Hotel's response
Ag, dis goed om te hoor, baie dankie, Wilna.
Andrea M - Jul 2016
Overall score
Neat and clean.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Skoon en netjies.
Ons is baie vriendelik ontvang en goeie diens gekry. Die kamers is ruim en mooi versier. Kan dit aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
En om jul hier te hê, was net 'n plesier, Andrea. Groetnis uit Patensie, Ripple Hill Hotel.
Lisette N - Jun 2016
Overall score
Very friendly, nothing was too much trouble.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie vriendelik, niks was te veel moeite nie.
Vriendelik, selfs die personeel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Ripple Hill Hotel's response
Net 'n plesier, Mevrou. Ons is bly dat jul dit hier geniet het. Groete, Ripple Hill Hotel.
Joan Z - May 2016
Overall score
Baie plattelands.
Ripple Hill Hotel's response
Beste Joan
Baie dankie vir die terugvoering. Ons is bly dat jul die tydjie hier geniet het. Bespreek volgende keer vroegtydig om seker te maak dat jul plek kry in een van ons en-suite kamers en dus nie badkamers hoef te deel nie :-)
Vriendelike groete,
Ripple Hill Hotel
Dan V - Apr 2016
Overall score
Basiese verblyf in eenvoud en oudmodiese styl.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie vir die terugvoer, Dan. Jip, hierdie plankvloere is nou eenmaal 'n krakerige/raserige spul! Bespreek volgende keer asb tog 'n en-suite dubbelkamer sodat jy nie die badkamers in die gang hoef te gebruik nie. Die meeste van ons kamers het badkamers - dis net ons goedkoper twin kamers waar die badkamers in die gang gebruik moet word. Hoop om jou weer te sien.
Groete, Ripple Hill Hotel.
Appie P - Jan 2016
Overall score
Heerlike ruim kamer met my eie buitedeur.
Ripple Hill Hotel's response
Dankie Appie. Ons hoop om jou weer te sien, en vra tog vir kamer 12 as jy weer 'n kamer met 'n buitedeur wil hê.
Mooi bly, Ripple Hill Hotel.
Dd C - Oct 2015
Overall score
Alles het goed gewerk, en die restaurant was lekker.
Carel R - May 2015
Overall score
Heerlik rustig met plaasgevoel.
Tobie K - Apr 2015
Overall score
Wonderlike, vriendelike, Afrikaanse mense. Heerlik daar oorgebly.
Willie S - Jan 2014
Overall score
'n Ruim en netjiese hotel met heerlike kos.
Maryke B - Dec 2013
Overall score
'n Lafenis om na terug te keer.
Anne-marie S - Oct 2013
Overall score
Baie aangenaam, vriendelik en flinke diens. pragtige kamers. Heerlik k sal defnetief
Nj T - Aug 2013
Overall score
Fasiliteite is baie basies en nie regtig waarde vir geld.
David M - Nov 2011
Overall score
Highly recommendable!
Pieter Z - Apr 2011
Overall score
Clean and comfortable, good food.
- Capacity: 13 people
-
Check-in: 14:00 to 22:00
Check-out: 10:00 - Address: Paul Ferreira, Patensie, 6335, Eastern Cape
- All ages welcome