The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Sangiro Game Lodge | TravelGround
+63

Sangiro Game Lodge

Lodge

Review Summary

4.1 out of 5from 73 reviews for Sangiro Game Lodge
Cleanliness
4.0/5
Service
3.9/5
Location
4.5/5
Safety
4.4/5
Value for money
3.8/5
Lune P - Mar 2021
Overall score
Cleanliness
1/5
Service
1/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
1/5
Lune P
With spouse/partner

Slaap liewer iewers anders!

Ons wittebrood het hier begin en die huisie was glad nie goed in stand gehou nie. Die lugreëling werk nie, die water uit die krane is bruin en gronderig en jy kry skaars die krane toegedraai. Die wild is in 'n aparte kampie en geen wildsritte, nie eers deur Sangiro self, word toegelaat nie. Toe ons Maandagmiddag van die dorp afkom, half 3, het ons-duvet inner en kussings in 'n bondeltjie op die bed gelê en hulle slegs gesê daar is nie nou skoon beddegoed beskikbaar nie, want dis 'n vakansiedag. Ons is hoogs teleurgesteld oor die standaard van hierdie verblyfopsie. Hulle sien ons nie weer nie.

Adelle H - Feb 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Adelle H
With spouse/partner

Perfekte plek vir oornag.

Ons is baie vriendelik ontvang. Die houthuis was baie skoon en netjies. Dit was heerlik om al die beeste en bokke dop te hou. Ons was bietjie vêr van die heining af om die wild te sien, maar dit het nie gepla nie. Die lugversorger in die kamer het bietjie geraas as ons hom aansit, maar dit was ook nie regtig nodig nie aangesien daar 'n heerlike bries deur die eenheid getrek het as ons die vensters en deure oopgemaak het. Baie dankie vir 'n lieflike, rustige oornag. Ons sal beslis weer by jul kom kuier as ons daar verbykom. Ek beveel jul plekkie hoogs aan.

Christo H - Jan 2021
Overall score
Cleanliness
2/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Christo H
Family with young children

Pragtig en is geleë naby aan N1.

Ongelukkig was daar baie stompies, bierbottelproppies en tjopbeentjies wat rondlê in die parkeer- en braai-area van die chalet no 7. Skoonmakers kan gerus hierdie aspek aanspreek. Stoele en tafel was ook vol stof. Geen skottelgoedseep beskikbaar in eenheid nie. Andersins het ons verblyf geniet met veral die kameelperde wat kom kuier het.

Pierre J - Jan 2021
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Pierre J
Individual traveler

Skoon, netjies en aangenaam.

Baie lekker gebly. Die geboue het ’n bietjie werk nodig, maar die personeel is baie vriendelik en alles werk. Ek sal weer daar bly.

Eugene V - Jan 2021
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Eugene V
With spouse/partner

Lekker rustig.

Lekker rustige plaasatmosfeer. Die ontbyt was heerlik en diens was vriendelik.

Chantell P - Dec 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Chantell P
Family with young children

Wonderlik

Die kinders het die stilte baie geniet en lekker op hulle fietse rond gery. Die diere skep ’n heerlike atmosfeer vanaf die stoep. Dit was baie rustig en ontspannend. Sangiro bedien ook baie lekker ontbyt.

Gavin S - Dec 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
2/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Gavin S
With spouse/partner

Stay over on the way to PE.

Good accommodation, except for the noise form the cows around the chalets at 04:00.

Ammarentia C - Sep 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Ammarentia C
Family with teenagers

Skoon netjies en rustig.

Sien sterre.

Lana W - Mar 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
3/5
Value for money
4/5
Lana W
With spouse/partner

We usually spend the night at Sangiro Lodge, it was about the 3rd time. Very neat and it is wonderfully relaxing.

Problems: The shower head was completely loose and the water did not spray properly. The people on our left, we were at number 3, log home, played music and made a lot of noise all afternoon until late at night that you don't really want to hear at such a peaceful place.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Ons oornag gewoonlik by Sangiro Lodge, dit was on 3de keer die slag. Baie netjies en dis heerlik ontspannend.

Probleme: Die stortkop was heeltemal los en die water het nie reg uitgespuit nie. Die mense wat aan ons linkerkant was, ons was by nommer 3, log huis, het baie geraas en musiek gespeel die hele middag en tot laat die aand wat mens nie eintlik wil hoor by so 'n vreedsame plek nie.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Charl M - Mar 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Charl M
Family with young children

More than I expected.

The grandchildren enjoyed the tame giraffes a lot.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Meer as wat ek verwag het.

Die kleinkinders het die mak kameelperde baie geniet.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Keith B - Feb 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Keith B
With spouse/partner

Peaceful atmosphere.

Disappointed that there was no plates, cutlery or a braai tong.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Rustige atmosfeer.

Teleurgesteld dat daar geen borde, eetgerei of braaitang was nie.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

James P - Feb 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
James P
Family with teenagers

Quiet weekend out of town.

Breakfast is delicious and the wildlife a bonus to view through the fence. Friendly and helpful staff.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Rustige naweek buite stad.

Ontbyt is heerlik en die wilde diere 'n bonus om te besigtig deur die heining. Vriendelike en behulpsame personeel.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Sue M - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Sue M
With spouse/partner

Beautiful setting, convenient location.

What a lovely surprise to arrive at Sangiro late in the evening and still be greeted with such courtesy and enthusiasm. Beautiful setting and so close to the N1. Awesome stopover but would have loved to stay longer.

Heidy J - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Heidy J
Family with teenagers

Place well-looked after, cleaning staff very friendly. Reception staff can be taught to be more friendly and meals to be advertised more.

See stars.

Shane R - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Shane R
With spouse/partner

Very neat and comfortable stay.

Very impressive location with the wild life roaming around the property. Would stay there anytime in the future again.

Fila V - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Fila V
With spouse/partner

Nice.

Was very nice, but the bathroom is very small.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Aangenaam.

Was baie lekker, maar die badkamer is baie knap.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Fanie V - Aug 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Fanie V
With spouse/partner

Baie netjies.

Baie netjiese en aangename plek om te oornag.

Emmie K - Jul 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Emmie K
Family with young children

Skoon netjies en stil.

Personeel vriendelik en hulpvaardig. Veilig en stil. Naby die snelweg vir 'n oornagstop. Sal hulle weer gebruik.

Bennie A - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Bennie A
With spouse/partner

Dit was die ideale oornagbestemming vir ons reis.

Alhoewel ons nie ernstige probleme ervaar het nie, wil ek tog die volgende onder Bestuur se aandag bring. Skuifdeur se sleutelgat lyk nie goed nie. Trappe en dek se netheid kort aandag - baie stowwerig. Die lugversorger het nie gewerk nie - afstandbeheer kon nie dit aanskakel nie. Die toilet het ‘n sleg rioolreuk afgegee.

Japie B - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
3/5
Japie B
With spouse/partner

Aangenaam.

Sien sterre.

Rosa K - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Rosa K
With friends

Dit was regtig baie lekker.

Ek en 'n vriendin het getoer deur die Kaap en oppad terug het ons hier oornag. Ons was baie tevrede. Die lekkerste ontbyt geniet en met 'n vol maag verder gereis.

Ip J - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
1/5
Service
1/5
Location
4/5
Safety
3/5
Value for money
2/5
Ip J
With spouse/partner

Teleurstellend.

Die eenheid, nr. 5, was definitief nie op standaard nie. Die bank in die sitgedeelte van die eenheid was stukkend en vuil. Selfs die kussings op die stoele was vuil. Ons wou nie eers daarop sit nie.

Ansie V - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
2/5
Location
4/5
Safety
3/5
Value for money
1/5
Ansie V
With friends

Awful!

I can only say two positive things: The cabin was clean and the lady at reception was friendly. This was our experience: Reception had no knowledge of our discussion and I had to email my booking details. The top three steps up to the hut are loose, uneven, cramped and dangerous. The keyhole in the door is just a hole in the door. The bench in the seating area is plugged, because it's broken. The single bed mattress is full of dirty dirty patches. The microwave has a dive above and looks as if it has fallen. The towels are so old, the sides literally hang in the threads. The shower leaked. The blind only partially closed. One side of the bedside lamp short There are no eating utensils that make self catering possible. If we weren't tired and it was Sunday night, we would have lost the money and wanted to find another place to sleep. We will not advise anyone to stay there. The price is highly regarded for other similar accommodation and is totally unacceptable for the condition of the place.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Aaklig!

Ek kan net twee positiewe dinge sê: Die hut was skoon en die dametjie by ontvangs was vriendelik. Hierdie was ons ondervinding: ontvangs het geen kennis van ons bespreking gehad nie en ek moes my besprekingsdetail vir haar e-pos. Die boonste drie trappe op na die hut is los, ongelyk, lendelam en gevaarlik. Die sleutelgat in die deur is bloot 'n gat in die deur. Die bank in die sitgedeelte se stopsel peul uit, want dis stukkend. Die enkelbedmatras is vol vieslike vuil kolle. Die mikrogolfoond het 'n duik bo en lyk of dit geval het. Die handdoeke is só oud, die kante hang letterlik in toiings. Die stort lek. Die blinding maak slegs gedeeltelik toe. Een kant van die bed se bedlampie kort Daar is geen eetgerei wat self catering moontlik maak nie. Indien ons nie so moeg was en dit Sondagaand was nie, sou ons die geld verbeur het en ander slaapplek gaan soek het. Ons sal niemand aanraai om daar te bly nie. Die prys is hoog gereken teen ander soortgelyke verblyf en is totaal onaanvaarbaar vir die toestand van die plek.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Sangiro Game Lodge's response

Geagte Ansie

Ons is baie jammer om te lees van die ondervinding wat u by Sangiro Game Lodge gehad het. Dit is glad nie die tipe terugvoerning waaraan ons gewoond is en van hou nie. Ons sê baie dankie vir jou terugvoering en dat dié onder ons aandag gebring is. Ons sal verseker dat ons dit meer duidelik aan ons gaste kan maak dat die hout hutte nie selfsorg is nie. In verband met die bespreking wat nie op ons sisteem was nie: Centlec het aan die krag gewerk en moes ons krag afsit, dit is waarom die bespreking nie deur gekom het nie. Dit was ongelukkig buite ons beheer, en ons darm bly om te sien dat die ontvangs dame vriendelike was en jou vining kon help. Ons Onderhoud Bestuurder sal bewus gemaak word van al die ander onderhouds probleeme soos u vir ons uitgewys het.

Ons sal u graag weer by Sangiro Game Lodge wil terug verwelkom, want ek glo ons nuwe eenhede meer gepas sal wees vir u vereistes vir 'n lekker nagrus.

Ons vra weer onverskoning vir u ondervinding, en hoop dat u weer by ons sal kom oornag.

Vriendelike groete,
Veronique
Guest Service Coordinator

Sangiro Game Lodge
Cila J - May 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Cila J
On business

Very pleasant accommodation.

As a single lady I felt very safe. My unit was very comfortable and private.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Baie aangename verblyf.

As enkellopende dame het ek veilig gevoel. My wooneenheid was gerieflik en privaat.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Cornelius H - May 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
3/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Cornelius H
With spouse/partner

Natuur is baie mooi. Wild is mak.

Die plek is mooi en netjies. Net jammer daar is nie 'n klein kombuisie nie en ook geen eetgerei in die plek nie. Daar is wel 'n klein yskas en mikrogolf. Die plek sal baie meer gerieflik wees as daar eetgerei is.

Vivienne G - Apr 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Vivienne G
With friends

Very good.

Very good service, thank you very much.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Baie goed.

Baie goeie diens, baie dankie.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Heidie L - Mar 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Heidie L
With spouse/partner

Rustige en netjies.

Mooi, netjies, diere is ekstra bonus.

Wilna J - Mar 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
3/5
Wilna J
With spouse/partner

Rustig en veilig.

Dit was heerlik om net vir 'n dag of twee weg te breek na die heerlike rustigheid en stilte van Sangiro. Die aandete was net 'n klein bietjie teleurstellend, maar vir seker is Sangiro 'n veilige oornagverblyfplek vir moeë reisigers.

Rina E - Feb 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
3/5
Rina E
With spouse/partner

Good location, beautiful scenery, good accommodation, kitchen needs improvements.

No wine glasses, no knives, forks, plates, cloths, just basic things to make the accommodation more comfortable please.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Goed geleë, mooi natuur, goeie akkommodasie, kombuis kort aanvullings.

Geen wynglase, geen messe, vurke, borde, lappies, net basiese goed om die verblyf meer gemakliker te maak is nodig asb.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Sangiro Game Lodge's response

Good day Mrs Rina Edwards

Firstly I would like to thank you for your valued customer feedback, I am happy to inform you that we are in the process of transforming our Cabins, such as the unit that you stayed in into self-catering units as well, as they are not self-catering at the moment. We do however also have a variety of lovely self-catering units at Sangiro Game Lodge, I look forward to welcoming you back to Sangiro in the near future to experience our self-catering accommodation which has a fully equipped kitchen inside.

May you have a lovely day.
Kind Regards
Angela

Sangiro Game Lodge
Johanna W - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
2/5
Johanna W

Baie eenvoudig, benodig onderhoud veral op trappe.

Diere 'n bonus. Behulpsame personeel. Ons eenheid, nr 4A, benodig onderhoud.

Marné S - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Marné S

Conveniently close to the N1 and Shell Ultra City.

Good for an overnight stay when you travel far.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Gerieflik naby aan die N1 en Shell Ultra City.

Voldoende vir 'n oornag rusplek wanneer vêr ry.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Michael L - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
3/5
Michael L
Family with young children

Was conveniently close to highway but expensive for what one gets.

Sangiro was very nice and everything but we were bitterly disappointed that we couldn't walk and drive between the animals. So one could not see much of the goats and animals. This was the main reason we booked it and we were very disappointed when we were told we could not look at the animals. The room was very nice and neat!

This review has been translated,click hereto view the original version.

Was gerieflik naby hoofweg, maar duur vir wat mens kry.

Sangiro was baie mooi en als maar ons was bitter teleurgesteld laat ons nie tussen die diere mag gaan stap en of ry het nie. So mens kon nie veel van die bokke en diere sien nie. Hierdie was die hoof rede hoekom ons daar bespreek het en baie teleurgesteld gewees toe ons gesê was dat ons nie na die diere mag gaan kyk het nie. Die kamer was baie mooi en netjies gewees!

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Arabelle B - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Arabelle B
Family with young children

Het lekker oornag!

Ons het in Bloemfontein oorgeslaap vanaf Kaap tot Pretoria. Ligging is lekker naby snelweg en ons het heerlik gebly.

Christo H - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Christo H
Family with young children

Baie gerieflik en naby N1 en winkelsentrum vir aankope.

Baie lekker en ontspanne bestemming veral geskik vir oornag verblyf wanneer op reis. Kinders het diere en spasie geniet en heelwat pou vere opgetel. Chalets was baie nietjies met goeie en moderne meubels, kombuis toebehore en puik bed en linne. Hierdie is die tweede keer wat ons hier tuis gaan en sal beslis weer.

Peter G - Jan 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Peter G
With spouse/partner

Absoluut fantasties!

Die eenheid was netjies en goed uitgerus - omgewing so rustig met al die diere - kan nie glo dit is reg langs die N1 nie - sal definitief ons "stopover" wees as weer Mpumalanga toe gaan.

Jacobus D - Dec 2018
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
5/5
Location
3/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Jacobus D
With spouse/partner

Fantasties.

Dit was fantasties gewees, die diere was heeltemal iets anders om so tussendeur te beweeg. Ek sal vir seker weer daar gaan bly.

Jacqueline T - Oct 2018
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Jacqueline T
Family with young children

'n Heerlike kuiertjie vir ons as gesin.

Die kamers was baie netjies en die hoogtepunt was beslis die verwelkomingskommitee: twee pragtige kameelperde! Ontbyt was smaaklik voorberei en die verblyf was vir ons lekker!

Tommie V - Oct 2018
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Tommie V
With spouse/partner

Baie gerieflik.

Baie gerieflike ligging. Die stort is nie baie goed nie en daar kon beter handdoeke gewees het.

Piet H - Oct 2018
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
2/5
Value for money
3/5
Piet H
With spouse/partner

Lekker rustig tussen die diere

Het in Cabin 2 gebly. Pragtige uitsig en 'n vriendelike pou het hom tuisgemaak op ons stoep. Sekuriteit is gebrekkig, aangesien ons versoek was om die plek nie te sluit wanneer ons uitgaan nie, sodat huishouding kan kom skoonmaak! Sou verwag hulle moet eie sleutels hê. Kwaliteit van onderhoud en herstelwerk nie op standaard. 'n Paar spyker-koppe staan bokant vloervlak uit en kan iemand beseer as hul kaalvoet loop. (Eienaars moet nou en dan in hulle eie eenhede oornag.

Michelle D - Oct 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Michelle D
On business

Pragtig, skoon en beslis die plek om te bly.

Wat 'n pragtige plek. Regtig waarde vir geld en beslis die plek om te oornag in Bloemfontein. Ons is baie vriendelik verwelkom. Die verblyf is netjies en ontbyt was uit die boeke gewees. Baie dankie Sangiro vir ons lekker tydjie. Sal verseker weer van ons hoor.

Deolene B - Aug 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Deolene B
Family with young children

Dit was absoluut heerlik.

Goeie diens. Vinnige hulp. Diere was 'n belewenis vir ons gesin. Behulpsame skoonmakers. Vreeslike lekker ondervinding.

Graham D - Jun 2018
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Graham D
With spouse/partner

Baie mooi, gemaklik en beskostigbare oornagverblyf.

Het baie geniet en daarom aanbeveel en reeds bespreek vir gesin vir 20 Junie.

Johann V - May 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Johann V
With spouse/partner

Wat kan nou beter wees as om deur 'n kameelperd verwelkom te word by die ingang na die perseel! Rustig, privaat en skoon.

Ek kan dit beslis aanbeveel. Die diere dra by tot die rustigheid. Dit is veilig, netjies en naby die stad en inkopiesentrums.

Christo H - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Christo H
Family with young children

Kameelperde was baie mooi!

Baie lekker gebly. Eenheid was mooi modern toegerus.

Gerrie S - Aug 2017
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Gerrie S
Family with teenagers

We had a fantastic weekend.

We had a great weekend. Great getaway for the weekend. Very close to Bloemfontein City Centre.

Izak B - Jul 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Izak B
Family with teenagers

Very neat and clean, comfortable.

Comfy and very neat.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Baie netjies en skoon, gerieflik.

Gerieflik en baie netjies.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Hennie D - Apr 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Hennie D
With spouse/partner

Verblyf was baie lekker. Vriendelike mense. Geen klagtes.

Lekker gebly tussen die wild. Rustige atmosfeer. Vriendelike mense. Ontbyt is goeie waarde vir geld. Lekkerder as Wimpy s'n.

Renier G - Apr 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
5/5
Renier G
With spouse/partner

Billik vir wat dit bied.

Prys goed vir wat dit bied en skoon, alle basiese behoeftes voorsien.

Peter B - Mar 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Peter B
With spouse/partner

Close to the city but still close to nature.

It was amazing to be so close to wild animals.

This review has been translated,click hereto view the original version.

By die stad maar tog naby natuur.

Dit is besonders om so naby wilde diere te wees.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Pieter L - Jan 2017
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
2/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Pieter L
With spouse/partner

Location excellent but rooms need maintenance.

Location excellent. Breakfast wasn't good value for money. Eat at Service station. Room needs maintenance.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Ligging uitstekend maar kamers kort onderhoud .

Ligging uitstekend. Ontbyt nie waarde vir geld. Eet by Diensstasie. Kamer kort onderhoud.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Marietjie D - Nov 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Marietjie D
With spouse/partner

Safe, clean accommodation close to the N1.

Positive points: Lovely area, clean and peaceful. Clean linen and tidy. Beautiful decor. Delicious breakfast. Negative points: Difficult to open and close taps at the basin and shower. Blocked drain outside the chalet reeked.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Veilige, skoon verblyf naby N1.

Pluspunte: Lieflike omgewing, skoon en rustig. Linne skoon en netjies. Dekor pragtig. Ontbyt aan te beveel. Minuspunte: Krane by wasbak en in stort was moeilik om oop en toe te draai. 'n Drein buite die chalet was verstop en onwelriekend.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Niel O - Oct 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Niel O
With friends

Very friendly management with good service and facilities.

The accommodation was good; the rooms kept in very good condition. The shower head leaked after switching from hot to cold water, but nothing serious. The location is very close to Bloem and malls, while still making one feel as though one is living in the Free State.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Baie vriendelike bestuur met goeie diens en geriewe.

Die verblyf was goed, met die kamers in baie goeie kondisie. Die stortkop het gelek met die warm en koue water omgeruil, niks ernstig nie. Ligging is baie goed naby Bloem en malls terwyl dit steeds voel asof jy in die Vrystaat bly.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Cathrine V - Aug 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Cathrine V
With spouse/partner

My verwagtinge is oortref.

Lekker wegbreekplekkie omring met die natuur en die pragtigste wilde diere. Volstruise wat kom inloer en kameelperde wat so nou en dan hulle nekke uitsteek om te loer of ons nog daar is. Die huisie was gerieflik met alles wat ons nodig gehad het en die bad was beslis die beste deel.

Sangiro Game Lodge's response

Beste Cathrine,
Baie dankie vir jou terugvoer.ing
Sangiro Groete,
Andre Strydom- Algemene Bestuurder.

Sangiro Game Lodge
John T - Mar 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
John T
With spouse/partner

Fantastic service.

I had requested an extra favour and this was gladly arranged for us before we arrived. I was particularly impressed with the friendliness of the staff. The view from our chalet was beautiful and the rooms were very spacious and comfortable. Great value for money for a quick getaway. An extra special thank you to Juan-Pierre.

Wessel J - Feb 2016
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Wessel J
On business

Presies wat mens nodig het om veilig oor te slaap!

Alles wat beloof is, is daar... Klein dingetjies kan verbeter, soos sepie en sjampoe in die badkamer, basiese messe, vurke en ’n koffiebekers in die kombuisie - dis dan ’n selfsorgeenheid? Maar dis goed geleë, skoon, veilig en bekostigbaar...

Neels R - Feb 2016
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Neels R

Ligging ideaal, verblyf gerieflik maar poue se geraas onaanvaarbaar.

Die ontvangsdame was baie vriendelik en behulpsaam. Die verblyf alhoewel al ietwat afgeleef, skoon en netjies. Die enigste werklike klagte is die poue wat op die huisies se stoepe mors en vroeg-oggend vreeslik raas.

Reinmund W - Dec 2015
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Reinmund W
With spouse/partner

Gerieflik geleë langs die N1.

Vir die reisiger wat hou van die natuur. Houthuise op stilte met bokkies, poue en emu's. Lekker uitsig vanaf die balkon met braaigeriewe. Net reg vir 'n paar dae se ontspan. Tans is die Vrystaat baie droog maar dit sal 'n pragtige plek wees as die veld weer reg is.

Justice M - Nov 2015
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
3/5
Location
3/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Justice M
On business

Rustige en gerieflike verblyf.

Die verblyf is heel aangenaam, maar die infrastruktuur moet instandgehou word. Die trappe het dringende instandhouding nodig want dit is sleg verweer. Verder wil ek net noem dat ek baie lekker oornag het. Op die oggend van ons vertrek het ons 'n versoek gerig vir die uitreik van 'n faktuur. A.g.v. tegniese probleme kon die ontvangs dit nie voorsien en het belowe om dit later die dag stuur. Tot op datum nog geen dokumente ontvang. Benodig dit vir indiening van eise aan werkgewer.

Hd G - Oct 2015
Overall score
Cleanliness
2/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
3/5
Value for money
2/5
Hd G
With friends

Teleurstellend.

Die akkomodasie is baie verwaarloos.

George M - Aug 2015
Overall score
Cleanliness
1/5
Service
1/5
Location
1/5
Safety
4/5
Value for money
1/5
George M
With spouse/partner

They shouldn't take money and refer you to someone else afterwards.

I was sent to another lodge, Bains Lodge, which I felt was not value for my money and I wasted time trying to get there.

Riaan O - Aug 2015
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Riaan O
Family with teenagers

Gerieflik!

Dit het voldoen aan ons behoeftes. Hulle moet net pertinent noem dat daar geen eetgerei is nie. Ligging is goed en ontspanne atmosfeer met al die wild.

Nicolaas W. C - Jun 2015
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
2/5
Nicolaas W. C
With spouse/partner

Nie goed nie.

Die TV was nie ingestel nie. Die stortkop was stukkend. Die stort is te klein en erg gehawend. Die stortdeur was stukkend. Daar was ook geen koffie/tee/melk in die kamer nie.

Retha B - May 2015
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Retha B
Family with teenagers

Die rustigheid vanself.

Die diens was puik. Huisie was mooi skoon en is elke dag skoongemaak al was dit lang naweek. Dit is naby aan die N1, maar tog pla die voertuie jou glad nie. Die baie boksoorte daar is mak en lekker om te sit en dop hou van die stoep af. Daar is 'n mall naby aan Sangiro met als wat jy nodig het.

Wessel J - Mar 2015
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
2/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
3/5
Wessel J
On business

Goeie plek om oor te slaap!

Goeie oornagplek. Veilige, mooi omgewing, amper alles wat jy kan vra. Daar is egter klein goedjies wat pla. Daar was nie 'n mes of 'n vurk nie, geen bakkie of bord om iets in die mikrogolf in warm te maak nie, geen braaigereedskap nie, geen glase nie en 'n klein sepie en/of shampoo in die badkamer sal help. Daar was niks groot fout nie, maar daar is soveel ander oornagplekke in die omgewing wat net meer moeite doen.

Louis L - Jan 2015
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Louis L
With friends

Baie lekker! Net jammer ons slaap is deur 'n hoenderhaan onderbreek!

Ons was besonder gelukkig met alles by Sangiro Lodge. Maar dit was baie ongerieflik dat 'n hoenderhaan ons wakker gekraai het, alhoewel dit uitstekende waarde vir geld is.

Rinus B - Jan 2015
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Rinus B
Family with young children

Houthuisie vir 3, maar ons 4 het gemaklik ingepas!

Oulike houthuisies geleë in 'n wildsplaas! Kinders was mal oor die "bos-gevoel". Hulle het met hul fietse buite tot in die aand gery. So reg om 'n vakansie af te sluit. Naby winkels geleë om vinnig iets te koop indien jy sou wou. Baie oulik vir oorslaap terug op pad Johannesburg toe!

Astrid M - Dec 2014
Overall score
Cleanliness
2/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Astrid M
With friends

Convenient, comfortable lodge with game viewing - right next to the freeway!

The Sangiro Lodge is most conveniently situated, cannot be missed immediately off the N1 outside of Bloemfontein. The lovely wooden cottages are most comfortable, equipped with all the necessary appliances for a leisurely stop-over. The peacocks, llamas and ostriches stood guard as we arrived, while zebras and buck grazed peacefully in the distance. There's even a large crocodile to be viewed. Breakfast was pleasant. My only niggle is the fact that the floors in the units need to be swept more carefully - it was not pleasant finding hairpins and used tissues in my lounge while my friend's unit contained a half-empty orange juice in the open fridge and an empty condom package on the floor. Management, please check cleanliness regularly!

Matthys D - Dec 2014
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
1/5
Location
2/5
Safety
2/5
Value for money
2/5
Matthys D
On business

Flink diens.

Ons het 'n bietjie laat aangekom, maar die kantoor was nog beman en ons is vinnig verwys na die dubbeleenheid.

Louise J - Nov 2014
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Louise J
With spouse/partner

Was goed vir een nag se oorbly.

Goeie diens.

Elize L - Oct 2014
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Elize L
With spouse/partner

Slegs vir oornag.

Ongelukkig is daar geen toegangsbeheer nie, dus is daar geen sekuriteit nie, veral oornag. Bank in sitkamer was beskadig en van die trappe na die eenheid was nie in 'n goeie toestand nie. Met die regte sorg, is daar baie goeie potensiaal. Personeel was baie vriendelik en hulpvaardig.

Ancois D - Sep 2014
Overall score
Cleanliness
1/5
Service
3/5
Location
3/5
Safety
2/5
Value for money
1/5
Ancois D
With spouse/partner

Onaanvaarbaar verslete

Daar is muf in die stort, die druk in die stort is bitter swak. Die bed en beddegoed is maklik 20 jaar oud en die kussings is belaglik. Die handdoeke is deurgewas en die 1-ply toiletpapier is miskien nie geskik vir 'n gastehuis nie. Ek dink ook die beskrywing moet eerder nie sê selfsorg as daar nie eers 'n tweeplaat stoof of eetgerei is nie. Daar was net 1 plastiek eetlepel om koffie mee te roer. Die slaapbank is vrot van die vlekke oral. Die hout is ook besig om heeltemal te verweer, miskien moet dit bietjie olie of vernis kry. Met ontbyt was daar nie glase vir sap, eetgerei of servette op die tafels nie en die tafeldoeke is seker 'n week laas gewas. Met aankoms by ontbyt is daar sommer vir ons gesê "kry vir julle 'n tafel daar agter". Nie goeiemôre, baie welkom of niks nie. Die bedlampies is binne gesmelt en gebrand, een gloeilamp het sommer glad nie gewerk nie. Dit is 'n vreeslike jammerte, want die wild en uitsig is fantasties. Miskien as daar meer aandag aan die huisies self gegee word sal die plek sommer oorloop van gaste. Die man by ontvangs was fantasties vriendelik. Ek moes vir netheid 1 ster gee aangesien die resensie nie 0 sterre aanvaar as 'n antwoord nie, so dan gaan dit nie deur nie.

Elize F - Sep 2014
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Elize F
With spouse/partner

Ons was 3 volwassenes. Daar is spesiaal vir ons 'n ekstra bed in ons eenheid ingebring vir die 3de persoon.

Heerlike gemaklike beddens, uitsig op die diere fantasties. Die krakende houtvloere is werklik nie genoeg om my te weerhou om weer hierdie rustigheid en natuurskoon te gaan geniet nie. Dis ver van die N1, hoewel jy die Shell Ultra City en die N1 kan sien. Die feit dat die Shell naby is, maak dit ook baie gerieflik.

Christo V - Jun 2014
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
3/5
Location
3/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Christo V
With spouse/partner

Goed vir oorslaap.

Beddegoed en handdoeke behoort vervang te word.

From R810
per night (for 2 people)
From R810
per night (for 2 people)
From R810
per night (for 2 people)
Make a Booking
  • Capacity: 114 people
  • Check-in: 14:00 to 21:00
    Check-out: 10:00
  • Address: Kenneth Khaunda Road, Old Eeufees Road, Bloemfontein, 9301, Free State
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuc1b6ADgQxfSdk4aVYBGLr6FWyH39ssgGseGzVg9Cl0fGOqKxp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format From R810  per night (for 2 people) 73 5 1 5 Kenneth Khaunda Road Old Eeufees Road 9301 Free State 0860 022 102 14:00-21:00 10:00 -29.047083333333 26.227875
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!