The Garden Cottage
Review Summary
Salome W - Aug 2020
Overall score
Superb!
The Garden Cottage's response
Baie dankie, Salome. Julle is wonderlike gaste en ons sal graag in kontak bly.
Melanie R - Mar 2020
Overall score
Wonderful experience!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlike ervaring!
Pragtige kothuis en beslis waarde vir jou geld. Baie privaat met jou eie tuintjie. Sal beslis The Garden Cottage aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie dankie vir julle lieflike terugvoering! Sien uit na julle volgende besoek! Dit was heerlik om julle as gaste te kon ontvang!
Vriendelike groete,
Annemarie en Andre
Maresa M - Mar 2020
Overall score
Die beste vakansiewoonstel ooit!
Read moreThe Garden Cottage's response
Beste Maresa
Dankie vir jou ongelooflike terugvoering. Dit is altyd so lekker om van ons gaste wat hier was te hoor. Dankie veral ook dat julle sulke oulike gaste was wat ons kothuisie geniet het en ook so mooi opgepas het.
Mag dit goed gaan met julle gedurende hierdie moeilike tydperk in ons land. Ons glo ons sien julle sommer gou weer.
Vriendelike groete
Annemarie en Andre
Dirk L - Feb 2020
Overall score
Very neat and clean. Everything one needs. Felt at home.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Baie netjies en skoon. Als wat mens nodig het. Voel of mens by die huis is.
Dis nooit lekker as mens na plekke gaan en jy wonder watse gogga gaan waar uitklim of jy kort basiese goed want die plekke is so swak toegerus. Hier is dit die teenoorgestelde. Voel of mens by die huis is, als is netjies en skoon en die plek is volledig toegerus met kwaliteit meubels, linne en toebehore, soos mens by jou huis sou verwag. Ons het regtig niks kortgekom nie en is spyt ons was heeltyd omtrent uit en kon nie meer tyd by die huisie spandeer het nie. Die kinders het die suikerbekkies en die tuin vreeslik geniet toe ons ontbyt buite onder die boom geëet het.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Hallo Dirk en julle pragtige familie
Baie dankie vir julle ongelooflike terugvoering. Dit was heerlik om julle te kon huisves.
Kom gerus weer. Julle huisie in die Kaap sal altyd hier wag.
Vriendelike groete
Annemarie en Andre
Carla B - Feb 2020
Overall score
Beautiful, excellent comfort.
Read moreThe Garden Cottage's response
Baie dankie vir julle pragtige resensie. Ons stel dit werklik op prys. Julle was sulke wonderlike gaste en ons kan maar net wens dat ons altyd so geseënd sal wees om mense soos julle hier te kan ontvang.
Julle sal altyd welkom wees hier, en seën vir julle vorentoe.
Madine S - Jan 2020
Overall score
'n Stukkie hemel op aarde!
Martie Z - Nov 2019
Overall score
Fantasties.
Sandra A - Oct 2019
Overall score
Value for money.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Waarde vir geld.
Uitstekende verblyf keurig en stylvol gemeubileerd. Volledig toegerus met kwaliteit, gerief en gemak, as uitgangspunt.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie dankie vir hierdie pragtige review. Julle was sulke aangename en melewende gaste dat ons julle graag weer hier sal wil sien.
Elaine Pauw P - Jun 2019
Overall score
The best guesthouse ever!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Die beste gastehuis ooit!
Baie dankie Annemarie! 'n Mens gaan ver soek om jou vriendelikheid en mooi gastehuis te kry. Baie goed toegerus, ruim en netjies. Jy gaan ons definitief weer sien.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Erika K - Jun 2019
Overall score
Wow! Most beautiful.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Sjoe! Mooiste mooi.
Ongelooflik goed toegerus met net die mooiste dekor.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Hello Erika,
Baie dankie vir julle lieflike terugvoering! Was heerlik om julle te kon huisves.
Vriendelike groete,
Annemarie
Morgan N - May 2019
Overall score
The stay was great.
Pieter En Zenda B - Apr 2019
Overall score
Lieflike skaduryke, rustige, pragtige kothuis waar ons en ons kinders en sister met dogter kon herstel tydens die week waarin ons ons moeder moes begrawe.
The Garden Cottage's response
Beste Pieter en Zenda,
Baie dankie vir jul ongelooflike mooi terugvoer, ons waardeer dit baie. Julle was wonderlike gaste om te kon akkommodeer en vir ons is dit 'n groot voorreg.
Mense met sulke integriteit, vriendelikheid, spontaniteit en opregtheid is net 'n plesier hier in die kothuisie. Dit was een van die redes waarom ons hierdie plekkie begin het - om dit vir mense wat rus nodig het, met die natuur te seën.
Kom gerus weer wanneer julle SA toe kom, dan drink ons saam 'n koppie koffie in die tuin tussen die voëltjies en eekhorinkies!
Mag julle lewe vorentoe baie geseënd wees en gevul wees met net die heel mooiste.
Liefdegroete,
Annemarie en Andre
Rene V - Mar 2019
Overall score
Beste netjiese plek met rustige tuin.
Otto H - Mar 2019
Overall score
Fantastic.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties.
Pragtige gerieflike plekkie om in te bly met alles wat nodig is. Hoogs aanbeveel!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Aletta S - Mar 2019
Overall score
Baie rustig.
Ester V - Dec 2018
Overall score
Prentjiemooi gerief.
The Garden Cottage's response
Hello Ester,
Baie dankie vir julle uitstekende terugvoering! Julle is baie welkom hier en ons sien uit na 'n volgende kuiertjie in die Kaap.
Vriendelike Groete,
Annemarie Roux
The Garden Cottage
Annette F - Nov 2018
Overall score
Wonderful!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlik!
Eienaars baie vriendelik en behulpsaam! Akkommodasie uitstekend! Ligging vir my doeleindes was ook perfek. Ek gaan gereeld na Durbanville om my ma te besoek - gewoonlik net 'n "impromptu" besluit en gaan bly dan waar akkommodasie beskikbaar is. Gaan voortaan eers kyk of Die Garden Cottage beskikbaar is en dan my besoeke daarvolgens reël! Dankie Annemarie en André- ek was nou bederf!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Goeiedag Annette,
Baie dankie vir jul pragtige woorde! Ons het dit werklik geniet om julle te kon huisves. Dit is nou julle huisie hier in die Kaap! Sien julle gou weer. Ek gaan vanmiddag by my ma inloer, sal sommer dan ook gaan kyk hoe dit met jou mamma gaan. Mooi bly tot 'n volgende keer.
Mooiste wense
Annemarie en Andre
The Garden Cottage
Eliza-beth R - Nov 2018
Overall score
Luukse verblyf.
The Garden Cottage's response
Goeiedag Elizabeth,
Baie dankie vir jou uitstekende terugvoering. Jy was 'n wonderlike gas en ons het dit so geniet met jou hier. Kom gerus gou weer, tot dan, veilig wees!
Vriendelike groete
Annemarie en Andre
The Garden Cottage
Sunette J - Oct 2018
Overall score
Lieflike akkommodasie, so stylvol en gerieflik!
The Garden Cottage's response
Baie dankie Sunette. Julle is altyd welkom. Julle was fantastiese gaste. Kom gou weer. Liefdegroete. Annemarie en Andre
Annelize L - Sep 2018
Overall score
Asemrowend mooi skoon en netjies en die gasvryheid was fantasties. Sal vir seker elke keer daar tuisgaan.
The Garden Cottage's response
Dankie Annelize vir jul lieflike terugvoering. Julle is baie welkom hier en was fantastiese en omgee gaste. Mooi bly tot n volgende keer. Liefegroete Annemarie en Andre
Helene M - Aug 2018
Overall score
It is cosy, comfortable and homely accommodation.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit is gesellige, gerieflike en huislike verblyf.
Netjies, skoon en gerieflik. Baie mooi versier en goed toegerus. Lekker privaat met eie tuintjie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Elmien W - Aug 2018
Overall score
Place to rest the soul.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rusplek vir die siel.
Andre en Annamarie laat jou dadelik tuis voel. Die kothuis is keurig gemeubileer en het 'n warm en huislike gevoel. Sal definitief weer daar tuisgaan. Baie dankie vir 'n heerlike ondervinding.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
C J F B - Jul 2018
Overall score
Beste ooit.
The Garden Cottage's response
Baie dankie vir julle lieflike terugvoering. Dit was heerlik om julle as gaste te kon hé. Mooi bly tot 'n volgende keer.
Ons sit nou ook sommer 'n nuwe skottelgoedwasser in.
Liefde
André en Annemarie
The Garden Cottage
Michelle S - Jul 2018
Overall score
Absolutely wonderful. A home away from home.
The Garden Cottage's response
Good day Michelle,
Thank you for the lovely review, we thoroughly enjoyed having you. Come again, you are always welcome!
Kindest of regards
Annemarie The Garden Cottage
Mina N - Jun 2018
Overall score
Fantasties.
The Garden Cottage's response
Baie dankie vir jou pragtige woorde. Hoop ons sien gou weer.
Annemarie
Marianne S - May 2018
Overall score
Ons sal The Garden Cottage vir enig iemand aanbeveel.
The Garden Cottage's response
Hello Marianne,
Dankie duisend vir julle pragtige en positiewe terugvoering van jul verblyf by ons. Dit was so lekker om julle te kon huisves. Mooi bly tot 'n volgende keer.
Vriendelike groete,
Annemarie en André
The Garden Cottage
Ryno E - May 2018
Overall score
Beste selfsorgverblyf in die Kaap.
The Garden Cottage's response
Goeie dag Ryno
Baie dankie vir jou uitstekende terugvoering rakende jou verblyf by ons, by The Garden Cottage. Ons sien uit na jou volgende besoek. Dit was heerlik om jou te kon huisves.
Liefde-groete
Annemarie en André
Noeline B - Apr 2018
Overall score
Excellent. Wish we could stay longer to fully enjoy the place.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekend. Wens ons kon langer bly om die plek ten volle te geniet!
Die eienaars is behulpsaam en vriendelik, die plek is pragtig en gerieflik. Kan sien hulle het baie moeite gedoen met die fynere afwerking, en die gerief van die gaste in gedagte gehou met elke klein detail. Dit is ons eerste besoek aan Durbanville, sal geen ander plek ooit prober of aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Goeiedag Noeline
Baie dankie vir julle wonderlike terugvoering! Kom gerus weer, ons het julle verblyf hier by ons baie geniet. Dit was heerlik om julle as gaste te kon hê.
Vriendelike groete
Andre en Annemarie
Hein V - Feb 2018
Overall score
Stunning cottage with very friendly owners.
Marinus V - Jan 2018
Overall score
A very nice and complete cottage. Very comfortable. Recommended.
Philip S - Jan 2018
Overall score
Garden Cottage is goed ingerig, uiters stylvol en baie skoon.
The Garden Cottage's response
Goeie môre Philip
Baie dankie vir jou lieflike kommentaar. Ons waardeer dit baie. Wat 'n voorreg om julle te kon ontmoet! Julle is altyd welkom hier. Liefdegroete Annemarie en André
Letitia V - Jan 2018
Overall score
Wat meer kan ons së - kon nie vir beter verblyf gevra het nie!
The Garden Cottage's response
Ons is so bly dat julle dit hier geniet het. Ons hoop om julle gou weer te sien.
Baie groete,
Annemarie
Guillaume F - Dec 2017
Overall score
Very nice.
The Garden Cottage's response
I am glad you could enjoy the stay! Kind regards, Annemarie.
Eben M - Nov 2017
Overall score
Hierdie was van die heel beste waarin ek nog ooit gebly het - ongelooflik lekker.
The Garden Cottage's response
Beste Eben
Baie dankie vir jou uitstekende terugvoering. Dit was heerlik om jou te kon ontmoet. Bring volgende keer jou familie ook saam.
Vriendelike groete
Annemarie
The Garden Cottage
Carel P - Sep 2017
Overall score
Soul nourishing.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Kos vir die siel
Ons is baie vriendelik deur Annemarie ontvang, akkommodasie baie mooi en uiters netjies, die tuin is ook 'n lushof, sal definitief weer daar gaan bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Beste Carel en Suzette,
Wat 'n voorreg was dit nie om julle te kon ontmoet nie! Dankie vir die pragtige terugvoering wat julle geskryf het. Sien julle binnekort weer!
Vriendelike groete,
Annemarie
Leon H - Sep 2017
Overall score
Fantastiese plek met alles wat jy nodig het om lekker te oornag.
The Garden Cottage's response
Dit was 'n plesier om julle hier te kon ontvang, Leon. Ons is baie bly julle kon dit geniet.
Lianie D - Sep 2017
Overall score
Quiet stay in beautiful surroundings.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustige verblyf in pragtige omgewing.
Die kothuis is smaakvol versier en goed toegerus en die tuin skep 'n rustige atmosfeer weg van die besige stad, perfek vir heerlike ontspanning.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie dankie vir hierdie resensie, Lianie. Ons is baie bly dat julle kon rus en die kuiertjie geniet.
Groete,
Annemarie
Cerina V - Sep 2017
Overall score
Unbelievably beautiful, peaceful and safe!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ongelooflik, mooi, rustig, veilig!
Dit was ongelooflik lekker. Baie mooi plekkie. Baie veilig.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Beste Cerina,
Baie dankie vir julle goeie resensie - dit was heerlik om julle sewe jong dames te kon huisves. Julle spontaniteit en geesdrif vir die lewe is aansteeklik en ons wens julle net die mooiste vorentoe, veral met die troue binnekort!
Lekker bly en liefdegroete,
Annemarie - The Garden Cottage
Andrea V - Jun 2017
Overall score
We will be back!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons sal terug wees!
Smaakvol gemeubileer, gerieflik, veilig, 'home away from home', pragtige tuin, kombuis, badkamer, kamers en leefarea ten volle toegerus met alle geriewe wat mens sou kon nodig kry. Dankie André en Annemarie vir 'n heerlike ervaring - wens ons kon langer bly. Hoogs aanbeveel!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie dankie vir jou pragtige resensie, Andrea. Ons hoop om jou gou weer te sien.
Pierre Jeanne A - Mar 2017
Overall score
High standard hospitality and tidiness.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Die gasvryheid en netheid is van hoogstaande gehalte.
Ons het dit baie geniet in hierdie rustige kothuisie. Andre en Annemerie se gasvryheid het ons baie tuis laat voel. Die plekkie kry dit reg om jou te laat voel dat jy tuis is, weg van die huis. Sal verseker weer gebruik maak van jul fasiliteite. O ja, en dan is daar nog Sam ook, wat 'n "happy dog"! Sien uit om weer daar af te pak!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Hello PJ
Baie dankie vir jou terugvoering oor jul verblyf hier by ons. Dit is heerlik om sulke ongelooflike dinge te hoor! Ons sien daarna uit om julle weer te sien!
Groete daar vir julle in die Weskus en kom weer - altyd welkom!
Andre en Annemarie en Sam
Mari L - Jan 2017
Overall score
It was pleasant, luxurious accommodation with everything and more for a lovely holiday!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was heerlike, luukse verblyf met alles en nog wat vir 'n heerlike vakansie!
Baie dankie vir heerlike luukse verblyf en gasvryheid. Ons gaan beslis weer kom kuier!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Hello Mari
Dit is heerlik om julle terugvoer te ontvang! Julle was wonderlike gaste, 'n voorreg om julle te kon ontmoet en ons sien daarna uit om julle gou weer te sien!
Mooiste 2017 vir julle almal!
Liefdegroete
Annemarie
Joey J - Nov 2016
Overall score
Perfect destination.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Perfekte bestemming.
Fantastiese diens en eienaars!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie dankie, Joseph, vir hierdie terugvoering. Dit was heerlik om jou te kon ontmoet. Lekker bly daar in Mosselbaai, en ons sien uit na 'n herontmoeting.
Gail H - Sep 2016
Overall score
An experience never to be forgotten - absolutely lovely!
The Garden Cottage's response
Dear Gail and Audrey,
We absolutely loved having you at The Garden Cottage! The new friendships formed are very precious to us! Thanks for the lovely review. We shall meet again - even if it is only over a steaming cup of coffee!
Kindest and warm regards,
Annemarie and André
Nicola D - Sep 2016
Overall score
The accommodation is excellent quality with regards to decor, furnishing, linen with wonderfully helpful hosts.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Die verblyf is van uitstaande gehalte wat betref kwaliteit van binneversiering, meubels, linne met uiters behulpsame gasvrou en gasheer.
Daar is ook 'n slim goedgemanierde hond.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie dankie Nicola vir julle pragtige terugvoering rakende julle verblyf by ons. Dit was heerlik om julle te kon ontmoet. Bly om te verneem dat die troue so goed verloop het!
Vriendelike groete
André en Annemarie
Sandra O - Aug 2016
Overall score
Our souls come to rest in a busy Durbanville!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ons siele kom tot rus in 'n bedrywige Durbanville!
Ons het 'n plekkie gesoek om net rustig te raak saam met ons dogter en kleinkinders wat die volgende dag moes vertrek Australië toe, waar niemand ons kon kry nie. Maar waar in die Kaap? Ons was so geseënd om The Garden Cottage te kon huur vir die een aand! 'n Fantastiese, goed gemeubileerde, rustige atmosfeer en die 2 gasvrye eienaars, Annemarie en Andre, het ons so bederf met ons aankoms en vertrek! Dankie julle! Die tuin is so pragtig uitgelê en groen en kleurvol dat ons as gesin 'n foto-hoekie vir onsself gehad het! Ons weet nie van raserige verkeer nie, maar ons weet wel die voëltjies was ons maters in die pragtige tuin waarin ons kleinseuns so lekker gespeel het! Dankie weereens! Die plaasmense weet nou waar om te arriveer as die geleentheid hom weer voordoen. Die hospitaal en flinke deur-tot-deur kosaflewing naby was 'n pluspunt.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie dankie Sandra vir hierdie wonderlike terugvoering van julle verblyf by ons. Dit was heerlik om julle te kon ontvang en so te leer ken. Ons is so bly julle het dit hier geniet, en sien sommer uit na 'n volgende besoek, of julle hiernatoe kom, of ons na McGregor toe gaan. Groete van ons albei uit 'n sonnige na-winter Kaap.
Renier L - Jul 2016
Overall score
Goed geleë, rustig en privaat.
The Garden Cottage's response
Baie dankie Renier vir julle positiewe terugvoering. Dit was baie aangenaam om julle te kon huisves, en sien uit na julle volgende besoek. Baie dankie vir 'n nuwe vriendskap wat ons kon sluit!
Ammi S - Jun 2016
Overall score
The perfect place to stay with everything you need and more.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Die perfekte blyplek wat alles en meer gebied het wat ons nodig gehad het vir 'n heerlike ervaring.
Ons was 'n groep van 5 dames wat van verskillende rigtings gekom het en die aand wou saam kuier. Die Garden Cottage was perfek geleë. Naby die dokters wat sommige moes besoek, asook naby restaurante. Die Cottage is baie goed toegerus - heerlike warm beddegoed! Die gasheer en gasvrou het ons baie tuis laat voel en uit hul pad gegaan om ons met ekstras te bedien. Baie dankie!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
The Garden Cottage's response
Baie, baie dankie Ammi vir jou positiewe terugvoering van julle verblyf by ons. Dit was heerlik om julle te kon leer ken en sien daarna uit dat julle almal weer kom kuier! Wonderlike vriendskappe word so gesluit!
Baie liefde daar ver in Bloemfontein! Groete uit die koue Kaap!
Annemarie van The Garden Cottage
Gillian V - May 2016
Overall score
Home away from home!
The Garden Cottage's response
Thank you Gillian. We loved having you at The Garden Cottage! We are looking forward to your next visit and hope to visit you in Namibia soon. We have our cameras ready to find that "perfect shot" in your beautiful country!
Kindest regards,
Annemarie and Andre
- Capacity: 7 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: 49 Hibiscus Street, Durbanville, Cape Town, 7550, Western Cape
- All ages welcome