Villa Sering Guest House
Review Summary
Jeneane V - Dec 2019
Overall score
Baie lekker verblyf - voel baie huislik.
Ina P - Jul 2019
Overall score
Short and sweet.
Kobus C - Jun 2019
Overall score
Excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekend.
Vriendelike ontvangs en uitstekende diens.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Baie dankie vir julle oornag hier by ons.
Hoop regtig ons sien julle weer.
Waardeer die positiewe terugvoering.
Villa Sering Groete
Garrith P - Jun 2019
Overall score
Lovely dry Free State winter wedding!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker droë Vrystaat winterstroue!
Vriendelike mense, met lekker plaas-ontbyt!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Hi Garrith,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoering hoor.
Ons hoop regtig julle draai weer eendag diekant toe en kom beleef ons mooi groen en lekker somers.
Groete
Villa Sering
Leandri V - Feb 2019
Overall score
Aangenaam, netjies, vriendelik.
René V - Dec 2018
Overall score
Dis veilig en daar is 'n plek toegerus vir kinders om te speel.
Villa Sering Guest House's response
Baie dankie Rene, vir julle besoek aan Villa Sering al die pad vanuit Nederland.
Blessings vir julle en mooi loop. Waardeer julle terugvoering.
Pieter B - Nov 2018
Overall score
Good quality accommodation at a reasonable price.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Hoë kwaliteit verblyf teen 'n billike prys.
'n Vriendelike ontvangs met moderne geriewe en die beste ontbyt van enige gastehuis wat ek al beleef het. Sal enigiemand aanbeveel om by Villa Sering oor te bly. Die eienaars maak dit 'n aangename ervaring en dit is soos om by ou vriende oor te bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Pieter,
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Waardeer dit opreg.
Villa Sering Groete.
Elzabe T - Sep 2018
Overall score
Rustig, veilig en bekostigbaar.
Jo-mari R - Aug 2018
Overall score
Wat 'n juweel!
Paulene J - Jul 2018
Overall score
What a great ace to stay in Bothaville.
Alex M - Apr 2018
Overall score
Fantastic!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties!
Ek slaap baie uit vir werk oral in Suid Afrika. Ek kan met eerlikheid sê dat dit die beste was wat ek nog by was. Van Mesina tot in die Kaap. Upington tot in Durban. Opregte, vriendelike, besonderse mense. Kamers is uitstekend. Parkering is veilig. Die beste atmosfeer. Die mense loop die ekstra myl vir almal. Baie dankie vir 'n wonderlike tyd en vir alles ekstra wat julle vir ons gedoen het.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Alex,
Baie baie dankie vir die terugvoering rakende jou verblyf by ons. Vertrou ons sien jou weer met die volgende besoek aan Bothaville.
Baie groete,
Villa Sering
Rista C - Apr 2018
Overall score
Villa Sering het ons verwagting oortref. Baie dankie.
Dries B - Apr 2018
Overall score
Gemaklik, netjies, vriendelik en bekostigbaar.
Larisha D - Apr 2018
Overall score
Pragtige plek wat ek vir enige iemand aanbeveel!
Elzabe T - Mar 2018
Overall score
Dit was aangenaam met vriendelike, gasvrye mense.
Jacques S - Mar 2018
Overall score
Extraordinarily neat!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Buitengewoon netjies!
Wilma hou duidelik persoonlik haar hand op alle aspekte van die verblyf. Van die werf en tuin, tot die eetsaal en kamers was alles opmerklik netjies en goed voorsien van enigiets wat 'n reisiger nodig kan hê vir 'n goeie nagrus.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Hellette D - Feb 2018
Overall score
Fantastiese diens.
Elize C - Feb 2018
Overall score
Pragtige plek wat uitstekend bestuur word. Baie vriendelike ontvangs.
Villa Sering Guest House's response
Baie dankie dat julle by ons tuisgegaan het en vir die spesiale boodskap, ons waardeer dit. Vertrou ons sien julle weer.
Groete,
Villa Sering
Monty S - Oct 2017
Overall score
Fantasties.
Marie M - Oct 2017
Overall score
Gerieflik.
Liezel K - May 2017
Overall score
Welcoming people! Stunning rooms and delicious breakfast!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Gasvrye mense! Pragtige kamers en heerlike ontbyt!
Sien ster-gradering.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Beste Liezel,
Baie dankie vir die terugvoe. Ons hoop ons sien julle weer. Julle is sulke aangename mense en was heerlik om julle te kon huisves.
Groete,
Villa Sering personeel
Herman V - May 2017
Overall score
Excellent place, people and food.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekende plek, mense en kos.
Sien sterre.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Beste Herman,
Baie dankie vir jul tydjie hier by ons en ook vir die positiewe terugvoer. Dit is altyd lekker om te weet of alles in plek was en hoe die gaste dit beleef.
Hoop ons sien julle weer vorentoe.
Groete,
Villa Sering
Tanya D - Apr 2017
Overall score
Perfek - onverbeterlik.
Villa Sering Guest House's response
Beste Tanya,
Baie dankie vir jou teruvoer oor jou verblyf hier by Villa Sering. Dit is so aangenaam om te hoor hoe die kuier was en of julle tevrede was met ons opset. Ons waardeer dit en ons hoop om julle gou weer te sien.
Groete,
Villa Sering
Joany C - Mar 2017
Overall score
Rustige stukkie hemel.
Villa Sering Guest House's response
So baie dankie vir die positiewe terugvoering van julle naweek se verblyf by ons in Bothaville.
Dit was ook vir ons heerlik om julle te kon huisves.
Maak asseblief weer so n "roadtrip' Vrystaat se kant toe.
Het die 2 kids ongelooflik geniet en dink hulle is net die beste.
Baie warm Villa Sering liefde.
Michell B - Jan 2017
Overall score
'n Gastehuis wat met liefde en trots ingerig is.
Jackie S - Nov 2016
Overall score
Beautiful.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Pragtig.
Pragtige kamers. Verskriklike oulike eienaars. Ontbyt was heerlik. Netjiese plekkie met vriendelike mense.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Jackie,
Ons waardeer julle positiewe terugvoering van die verblyf hier by Villa Sering.
Mag julle weer erens vorentoe hier draai en oorbly.
Baie dankie en ons waardeer dit baie.
groete,
Villa Sering
Sherril B - Oct 2016
Overall score
It was nice and relaxing, very comfortable with friendly service.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was lekker rustig en baie gemaklik, met baie vriendelike diens.
Ons het baie lekker gebly. Ons was 2 families wat saam daar oornag het vir 2 aande en met ons aankoms is gevra of ons van kamers wil skuif om langs mekaar/nader aan mekaar te slaap, wat wonderlik was. Die diens was puik en die kamers baie mooi, gemaklik en netjies. Sal definitief weer daar oorbly as ons weer in die omgewing is.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Hi Sherril en familie,
So baie dankie vir julle positiewe terugvoering tydens julle verblyf by ons. Dit was vir ons hier by Villa Sering ook heerlik om julle te kon bederf. Julle is voorwaar 'n oulike familie bymekaar.
Groete,
Villa Sering
Ernest V - Oct 2016
Overall score
Everything and more.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Alles en meer.
Kamers is ruim en toegerus met alles wat jy nodig het. Ontbyt is fantasties. Eienaars is baie vriendelik.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Ernest,
Dis so lekker om met sulke oulike jongmense te doen te kon gehad het. Voorspoed vorentoe vir julle en ons hoop julle kom weer eendag hier verby. Ek waardeer julle moeite om terugvoering te gee van die verblyf en naweek hier by Villa Sering.
Groete en seën vir julle.
Villa Sering
Annette D - Oct 2016
Overall score
Very warm welcome. Very hospitable. The best breakfast. Will definitely recommend this place.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie welkom ontvang. Baie gasvry. Die beste ontbyt. Sal beslis die plek aanbeveel.
Dis absoluut elke sent werd om by Villa Sering Guest House te bly. Baie gasvry en uitstekende diens. Baie netjies en smaakvol. Ons het veilig gevoel. Voorwaar 'n aanwins vir Bothaville en LekkeSlaap.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Annette,
Ons waardeer julle terugvoering want ek weet dis moeite en mens vergeet soms gou van die verblyf ens.
Julle het so ver gekom en ons is baie bly dat julle by ons uitgekom het. Ek vertrou ons sien julle weer vorentoe.
Groete,
Villa Sering
Hannalie C - Sep 2016
Overall score
Sal definitief weer hier tuisgaan.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Bees en Annemarie,
Baie dankie vir julle positiewe terugvoering. Ons waardeer dit baie.
Ons vertrou om julle in die toekoms weer te sien.
Groete
Villa Sering
Ben P - Aug 2016
Overall score
Uitstekende gastehuis met gasvrye mense.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Ben en Rosa,
Baie dankie vir julle positiewe terugvoering hoor. Dit was baie aangenaam om julle te kon ontmoet. Vasbyt met die 28 dae dieet en doen so voort.
Kom draai gerus weer in die toekoms by ons.
Dit was n voorreg om julle te kon huisves.
Baie groete,
Villa Sering en sy mense.
Bianca B - May 2016
Overall score
Netjies, gemaklik, skoon en stylvol.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Bianca,
Baie dankie hoor. Dit gee mens moed om aan te gaan en is dankbaar vir julle positiewe terugvoering.
Julle was ook baie aangename gaste en dit was vir ons lekker om julle te kon huisves. Kom asseblief weer.
Groete,
Villa Sering Span.
Lian S - Apr 2016
Overall score
Baie vriendelike mense en lekker ontbyt met mooi skoon kamers en badkamers!
Villa Sering Guest House's response
Hallo Lian,
Ons waardeer julle terugvoering vin die verblyf by Villa Sering. Julle is sulke aangename jongmense en gaan dit nog ver bring in die lewe. Voorspoed vorentoe en ons hoop julle maak weer n draai by ons.
Villa Sering Groete..
Leon E - Apr 2016
Overall score
Aangename mense wat heerlike en aangename verblyf voorsien.
Villa Sering Guest House's response
Hallo Leon,
Jou terugvoering word baie waardeer hier van ons almal by Vila Sering.
Julle was aangename gaste en ons het dit geniet om julle te kon bederf.
Baie groete,
Villa Sering.
- Capacity: 28 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: 48 Sering Street, Bothaville, 9660, Free State
- All ages welcome