The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Môreson Branderhuis | TravelGround
+20

Môreson Branderhuis

Self Catering

Location

  • 5 Walvis Draai, Vleesbaai, Mosselbaai, 6501, Western Cape

Vleesbaai,is n rustige kusdorpie, geleë aan die Suid-Kaapse kus van Suid-Afrika, met ‘n pragtige strand- en baaiuitsig. Die swemstrand is baie veilig vir swem en branderplakry. Die perfekte plek on te kom ontspan. Net die plek vir rus vir die siel met ‘n heerlike stapstrand en rotspad.
Padaanwysings: Dit is in die eerste groot baai wes van Mosselbaai maar voor die mond van die Gouritzrivier. Padlangs is dit sowat 33 kilometer vanaf Mosselbaai in die rigting van Kaapstad. Wanneer daar vanaf Mosselbaai na Kaapstad gereis word langs die N2 roete, is die Vleesbaai afrit na links. Volg pad vir ongeveer 15km waarna weer na links gedraai word (padaanwysings baie duidelik) na die Vleesbaai stranddorp se ingang, sowat vier kilometer verder. Wanneer by Vleesbaai verby gery word, word die bekende Fransmanshoek Natuurreservaat, via ‘n grondpad gevind. Kenmerke van Vleesbaai is ‘n rotsagtige kus in die rigting van Fransmanshoek en ‘n oop sand strand in die rigting van Boggomsbaai. Daar is ook uitstekende visvangplekke in die omgewing. Die naaste lughawe is George Lughawe en is ongeveer 65 kilometer vanaf Vleesbaai.
Vakansieganger inligting: Vleesbaai is hoofsaaklik ‘n strand vir families, daar is ‘n winkeltjie waar die basiese kruidieniers, vleis en sommige strandbenodighede aangekoop kan word. Daar is ook ‘n kerksaal waar Sondae kerkdienste gelewer word.
Vleesbaai is omhein met ‘n sekuriteitshek waar toegangsbeheer toegepas word. Parkeerplek binne is uiters beperk vir persone wie nie eiendom daar besit nie. Voetgangers, wie onverbonde is aan Vleesbaai, kan vryelik deur stap na die strand vanaf die ingangshek.

Fullscreen
From R2 200
per night (sleeps 7)
From R2 200
per night (sleeps 7)
Make a Booking
  • Capacity: 7 people
  • Check-in: 08:00 to 14:00
    Check-out: 17:00
  • Address: 5 Walvis Draai, Vleesbaai, Mosselbaai, 6501, Western Cape
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY1NDI4ODkxLWQzYTItNDk3OS05Y2VlLTYzNjYxZGI5Zjg0Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 From R2 200  per night (sleeps 7) 5 Walvis Draai Vleesbaai 6501 Western Cape 0860 022 102 08:00-14:00 17:00 -34.291264860518 21.911962851868
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!