Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Wonderlike plattelandse dorpie. Lanklaas so mooi skoon en netjiese strate en woonbuurte gesien. Interessante winkeltjies en restaurante om te besoek. Mal daaroor!"
"Prins Albert is 'n klein juweel. Ons het die kunsgallerye en koffiewinkels baie geniet. Die hoogtepunt van ons kuier was die toer met die Unimog op teen die Swartbergpas! Dit was 'n belewenis en die tieners was gek daaroor. Bespreek by die Swartberg Hotel vir die toer."
"Sal die roete weer wil doen. Beslis meer te sien as wat ons voor tyd gehad het!"
"Stunning dorpie met baie oulik winkeltjies en pragtige omgewing naby die gewilde Meiringspoort."
"A beautiful area with many spectacular wine farms to visit and some beautiful breakfast/brunch locations to choose from."
"So many places to visit, Spa baths, Cango Caves, wine farms etc. People are very friendly in Calitzdorp."
"Besoek al die klein plekkies en ry die stof en agterpaaie. Seweweekspoort, Zoar, Amalienstein, Hoeko, Tradouwpas, Suurbraak, Buffeljagsrivier. 'n Pragtige deel van ons land wat 'n besoek werd is as jy op pad Kaap toe is."
"Beslis 'n roete wat mens baie meer moet ry. Die pad is stiller as ander hoofroetes en die omgewing op die roete is kos vir die siel!"
"Die dorpie is pragtig. Ons het wel die aand by the Rude Chef gaan eet en 'n minder aangename ervaring gehad. Ek glo daar is ander plekke wat beter diens sou gelewer het."
"We took the N2 route and turned off for Barrydale. I absolutely loved the Troudoux pass, beautiful."
"Ideale wegbreekbestemming om te gaan rus en in veiligheid deur die dorpie te drentel vir daaglikse oefening."
"Baie onvriendelike mense. Met my eerste besoek aan Robertson stop ons met aankoms by die padstal “Affie Plaas” om 16:45. Ons stap die padstal binne en begin lekker rondkyk en vind dit 'n baie aangename padstal. Die eienaar kom 16:55 na ons toe en vra ons om asb. te gaan betaal want die werkers se vervoer wag vir hulle. Dit was opvallend dat sy vrou die persoon is wat die kassier was. Ons het dit baie onbeskof gesien, want daar was geen werkers betrokke by ons besoek nie."
"Wonderlike dorpie! Gaan koop droë vrugte en 3 berge brandewyn!"
"Besoek gerus Prins Albert. Die Hotel is 'n gawe opsie met 'n goeie ontbyt en 'n 4x4-toer oor die Swartbergpas en 'n sjampanje ontbyt."
"Prins Albert is 'n pragtig-versorgde dorp. Vriendelike inwoners en ons het 'n gevoel van veiligheid en outydse sjarme ervaar."