Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Die dorp het karakter en bied baie vir 'n kort kuiertjie. Ek was verbaas om uit te vind dat rotsklim en abseiling 'n groot bedryf by Montagu is."
"Hierdie klein dorpie is voorwaar 'n stukkie goud tussen die berge. Omring deur natuurprag en met heerlike kos vanaf The Farmer's table se bistro, is McGregor 'n bestemming vir die wat soek na lafenis vir die siel en vars lug vir die gemoed."
"A town worthy of at least 4 nights stay. Do not miss out on driving the Swartberg pass. Even 4x4's can drive it! Rented front wheel drive cars."
"Pragtige dorpie met besienswaardighede. Heerlike restaurante naby die gastehuis."
"Pragtige dorp in die Karoo met genoeg lekker eetplekke en goeie kuns en snuffelwinkels en eindelose vistas. Die dorpsmense is vriendelik en gasvry en mens voel die pols van die Karoo hier."
"Kan net vir almal betrokke weer dankie sê vir die heerlike verblyf. Renee, veral, was vriendelik en het al ons vrae beantwoord en was baie behulpsaam. Dankie!"
"Ek dink as ons geweet het daar is geen water in die rivier nie, sou ons nie gegaan het nie. Dit is baie rustig en regtig 'n mooi pad tot daar."
"Prins Albert is 'n rustige Karoo dorpie met net daardie iets anders. Rus vir die siel."
"Lekker brunch geëet by Zamani Restaurant in Calitzdorp (die heerlikste peri-peri-hoenderlewertijies) en sommer ook 'n paar addisionele items by Spar en die winkeltjie/slaghuis gekoop. Dis net tragies dat die droogte die dorp en omgewing so nadelig getref het."