Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Ons het die KKNK baie geniet. Was net teleurgesteld in hoeveel sitplekke beskikbaar was by toneelstukke. Het op kort kennisgewing besluit om 'n vertoning te gaan kyk, maar Webtickets het gewys die kaartjies is uit. Dankbaar ons het tog gaan probeer, maar was verbaas om te sien ongeveer 1/3 van die sitplekke is leeg. Ons kom vir seker weer. Die Oudshoorn mense is so oop, warm, hulpvaardig en vriendelik."
"Ongelukkig het Knysna sentraal erg agteruit gegaan oor die laaste 15 jaar (in my opinie). Die enigste plekke waar daar goeie restaurante geleë is was Thesen's en die Waterfront en vir albei moes ons in die kar klim en ry."
"Myself and my family found Mossel Bay a great adventure destination with many activities to enjoy."
"Very nice small clean town, but they need more restaurants and more braai facilities next to the beach."
"So much to do and see. From lush forests to semi desert, from sea shores to mountain passes."
"Rustige veilige omgewing en ek moet weereens beklemtoon hoe asemrowend die plantegroei, rivier en natuur daar is. Pragtige omgewing met lekker eet- en kuierplekkies in die dorpie self."
"Het baie om aan te bied - selfs groot lapwinkel Toucan - dames gaan kyk! Sal volgende keer langer bly."
"Al die strande is nie geskik vir swem nie a.g.v. sterk stome. Daar moet meer duidelikheid gegee word deur agentskap oor aard van strand. Strande is egter skoon en veilig."
"Baie dinge om te doen. Goeie vakansiedorp. Ideaal vir oud en jonk. Sal enige tyd aanbeveel."
"Met die hulp van ons gasheer het ons presies geweet waar om wat te doen of te kry. Vriendelike mense in die hele kontrei."
"Alhoewel baie veranderinge plaasgevind het en sekere geboue verniel en bouvallig lyk,bly Plettenbergbaai steeds ons nr 1 vakansiebestemming. Dankie LekkeSlaap!"
"KKNK is 'n lekker bestemming vir die kunste en al die kuierplekke soos volstuisplase, wynmakers en Kangogrotte is maklik daarvan bereikbaar."