Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Sonder twyfel een van die land se beste kusplekke - en jy hoef nie 'n hengelaar te wees nie. Heerlike lang strand vir stap en dankbaar wees vir al die voorregte. Lekker eet- en kuierplekke, wonderlike voëls en natuurskoon en natuurlik, walvisse! Witsand gee mens weer vrede, vreugde en moed vir die stadslewe. "
"Beplan jou roete. 'n Langnaweek is net nie genoeg nie. Die berge is so pragtig, selfs met die droogte is die natuurskoon uitsonderlik."
"Lekker om in Mosselbaai te kuier buite seisoen. Skoon en veilig met oulike restaurante."
"Een van die beste bestemmings. Streng beheer maak dit 'n voorkeurbestemming. Dis 'n klein, vriendelike gemeenskap wat die inwoners betref. Besoekers is maar besoekers. Ons geniet die landelike atmosfeer en lang strande."
"Mosselbaai is puik. Was, is en sal altyd 'n baie lekker plek bly om vakansie te gaan hou. Daar is verseker nie nog so 'n plek in die land of langs die see soos Mosselbaai nie. Registrasie CBS staan verseker vir "Come Back Soon"!"
"Dis net jammer dat soveel van George se toeriste-besienswaardighede nie Sondae oop is nie, andersins is dit 'n pragtige dorp."
"De Rust is a wonderful, quirky little town with great character. There are plenty of coffee shops and breakfast and lunch spots. The surrounding areas also offer plenty to explore!"
"Tuinroete is ideaal vir 'n familie met jong kinders - oral iets om te doen en te sien."
"DeRust is a lovely, peaceful town outside of Oudtshoorn. It is a very arty town and there are lots of little shops and cafés to get lost in."
"Baie lekker resturante en klein interessante winkeltjies om jou vir ure besig te hou."