Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 1781 reviews.
"Hermanus is 'n lekker plek met heelwat te sien en doen. Interresante winkels en markte en staproetes ens."
"Ek beveel, Fernkloof staproetes, Hermanus Mark op 'n Saterdag en Harbour Rock Restaurant aan. Rudi ons kelner was excellent en die kos was van die hoogste gehalte. Die wandelpad by Onrus is ook 'n moet-doen. "
"Been going to Hermanus since my teenager years and it has grown to this huge big town. Extremely busy during school holidays hence why we try and go there in the off season. "
"Dorp teen die see met alle moontlike fasiliteite en pragtige versteekte, veilige strande."
"We used to live in Hermanus and were last there about 3 years ago. It has certainly grown especially the shopping mall. However we still prefer it when is was a little village as it was in 1992."
"Bedrywige dorpie met vriendelike mense. Uitsigte van stappies is asemrowend. Kom altyd terug vir die seekos."
"Ons het verlief geraak op Hermanus. Van die mooiste dorpe wat ons nog besoek het. Die see is turquoise en die natuurskoon is asemrowend. "
"Ons het tuis gegaan in 'n ander vakansie-woonstel en Hermanus uitstappies baie geniet."
"Ek wil Hermanus toe trek nadat ons die naweek daar spandeer het! Dis so rustig! "
"Hermanus is definitief die perfekte plekkie om te gaan verken. Ons was in die mall en daarna die Hermanus Brewery gaan besoek en wat 'n lekker aangename tydjie daar gehad. Almal was vriendelik. Die dame wat ons kom haal het halfpad het ons lekker laat tuis voel en ons verduidelik wat gebeur daar en ek het lekker bier geproe al hou ek nie eintlik van bier nie. Dit was steeds 'n lekker ervaring. My seuntjie hom ook gate uit geniet. So ek sal Hermanus Brewery aanbeveel vir toeriste - dit is nou 'n bestemming om te wil wees by. Was awesome en sal enige tyd weer terugkeer!"
"Hermanus is 'n fees van 'n dorp. Daar is heerlike inkopiewinkels, kunswinkels, markies en verskillende eetplekke wat almal se smaak en sak sal pas. Walvistyd lewe Hermanus behoorlik. Almal moet in hul leeftyd hierdie fantastiese dorp besoek."