Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3876 reviews.
"Very central and also near Kruger National Park, as well as many tourist attractions around."
"Daar is 'n hele paar toeriste bestemmings in 'n radius van plus minus 50km. Lekker!"
"Ons het op 'n pragtige plaaslike "kuiergat" afgekom met die naam "Sashas Restaurant and Boma Pub" ... baie lekker kos en atmosfeer!"
"Magoebaskloof area is so mooi. Tzaneen ook pragtig. Sal gerus weer kom kuier."
"Baie netjiese dorpie. 'n Besoek aan die Bela Mall is 'n moet. Agri is 'n lieflike koffie winkeltjie met baie vriendelike personeel en ietsie van alles van tuisgebak tot wildsvleis en biltong."
"Die ding met Bela-Bela is dat dit naby is as jy in Johannesburg en Pretoria bly. Dis ongelooflik om te dink dat jy in bietjie meer as 'n uur sommer by jou vakansie bestemming kan uitkom en voel asof jy ver van die stad af is. Dis lekker rou bosveld. "
"Hoedspruit het alles wat 'n mens nodig het, probeer die Hat and Brook vir 'n lekker stuk koek en koffie! "
"Die dorpie is oulik met 'n goeie verskeidenheid van eetplekke. Goed vir 'n naweek."
"Baie mooi omgewing, lekker eetplekke en baie interessante winkeltjies maar die tuine en kwekerye in die omgewing was die hoogtepunt!"
"Tzaneen is 'n pragtige plek. Daar is die Asalea Tuine, die Modjatjie Woud met sy ongelooflike broodbome en dan die grootste kremetartboom. Die mooiste dorpie Haenertsburg moet besoek word. Sal lank daar kan deurbring. Skoon, netjiese omgewing."
"Daar is genoeg geriewe en plekke om te besoek wat dit die moeite werd sal maak. "