Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Marloth Park

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park

Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.

Marloth Park

Marloth Getaway

"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."

Marloth Park

House Shani and Seneca

"Marloth Park is 'n stukkie hemel op aarde. Ons gaan elke wintervakansie soontoe en het nog nooit oorweeg om na 'n ander plek te gaan nie. Alhoewel jy die bos-gevoel ervaar, is daar geen tekort aan luukses nie. Die huise is redelik ver van mekaar en die enigste naggeluide hoorbaar, is dié van die diere. Marloth Park se uitkykpunte is fantasties en 'n ware lusmaker vir die Krugerwildtuin. Ons het teen die grensdraad gaan stap en bokke, olifante en selfs leeus gesien. Daar is voldoende geriewe in Marloth Park wat supermarkte en restaurante betref, en daar is 'n karwas, putt-putt, ens. "

Marloth Park

Maroela Chalets

"Dit was my eerste besoek aan Marloth Park en dit was absoluut 'n wonderlike ervaring. Dis 'n ervanring om van Hek 2 al langs die rivier te ry en al die wild te sien. Ons het op een dag olifante, buffels en seekoeie gesien. Verseker 'n onvergeetlike ervaring en ons gaan beslis weer kom."

Marloth Park

Foxy Crocodile Bush Retreat

"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."

Marloth Park

Swartwitpens Marloth Park

"Veiligheid van inwoners moet na gekyk word."

Marloth Park

Vuurvliegie en Sonbesie

"Dit is ons huis weg van die huis af."

Marloth Park

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Die mooiste plek waar ons nog gebly het in Marloth Park met pragtige groen grasperke."

Marloth Park

Pondokkie

"Marloth Park is 'n droom vir mense wat lief is vir die bos. Die kriminele element maak dat ons in die toekoms goed sal kies oor waar ons tuisgaan."

Marloth Park

Maroela Chalets

"Ons was nie mal oor Marloth Park se "game reserve" Lionspruit nie. Die plekkie is toegegroei, die bome het ons bakke verskriklik gekrap, let ook net op dat jy eers by die munisipaliteit moet betaal om in Lionsspruit te kom, hulle vat nie geld by die hek nie."

Marloth Park

Pondokkie

"Die paaie in Marloth Park is baie sleg, behalwe Olifantstraat wat 'n teerstraat is. Ons het 'n karavaan gesleep en van die grondpaaie is werklik baie sleg. Die personeel by die toeristebestemming was baie behulpsaam."

Marloth Park

Innibos

"'n Baie lekker plek om te kuier."

Marloth Park

Buffalo Chalets Marloth Park

"Marloth is 'n moet vir enige natuurmens. Die winkels het my erg verbaas en die winkel by Marlothi sentrum se slaghuis het heerlike vleis gehad vir ons braai. Die langnaweek was net te kort, sal volgende keer langer gaan."

Marloth Park

Kudu Lodge

"Almal was baie vriendelik en hulpvaardig, en die besighede maak dit baie gerieflik. Daar is net 'n geweldige hoeveelheid mense of werkers wat oral in die straat rondsit of staan, wat 'n mens onveilig laat voel."

Marloth Park

Giraffe Plains Self-catering House

"A lovely, well maintained Park."

Marloth Park

Squirrels Leap

"As jy hou van bosbraai en stilte dan is dit die plek om te wees."

Marloth Park

Luislang Huis

"Ons geniet dit baie om soontoe te gaan. Die rustigheid is net fantasties. "

Marloth Park

Bateleur Bush Lodge

"Goeie bestemming, sentraal naby Wildtuin."

Marloth Park

Vuurvliegie en Sonbesie

"Marloth Park is fantasties."

Marloth Park

Crocodiles Walk

"Marloth Park is ons oase waar ons weer kan batterye laai. Ons is nog nie een dag spyt dat ons dit ons "basiskamp" gemaak het nie. Dit is naby genoeg om die Wildtuin dikwels te besoek, maar daar is net soveel te sien in Marloth Park self. "

Marloth Park

Ruslekka

"Marloth is 'n lekker plek om te bly met maklike toegang tot die Kruger Wildtuin. Die restaurante in die omgewing kan ook aanbeveel word."

Marloth Park

Makouvlei 3106

"Marloth Park is soos 'n klein beskawing in die bos, dis n klein gemeenskap en almal is baie behulpsaam en vriendelik. Die wild wat rondloop is ook 'n groot trekpleister vir ons. "

Marloth Park

The Promised Land

"Great place to visit to get away from the city and to relax. The Watergat Restaurant is great with food and service. Lots of animals and a treat to drive or walk along the crocodile river."

Marloth Park

Die Luiperd

"Dis 'n rustige plek. Daar was net baie werkers wat na-ure nog rondloop. Ons sal Marloth Park gereeld besoek. "

Marloth Park

Maqueda Lodge

"Fantasties."

Marloth Park

Mo Rocca Kruger

"Pragtige plek."

Marloth Park

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Marloth Park het soveel om vir die toeris te bied van groot tot klein, van oud tot jonk. Baie naby aan die wildtuin vir daguitstappies. Marloth Park gee vir jou die vryheid om te stap, fiets te ry en nog boonop die wild te voet te loop. Met al die uitkykpunte en restaurante is dit voorwaardelik 'n lekker kuierbestemming, alleen en saam met vriende."

Marloth Park

Galago Bush House

"Baie mooi en veilig. Sal enige tyd enigeen aanbeveel om so wegbreeknaweek te oorweeg! "

Marloth Park

Leopard Street Marloth Park

"Dis 'n lekker vakansiedorp. Die mense daar is so vriendelik en behulpsaam."

Page
Page 97 - Showing 2881 to 2910
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!