Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1821 reviews.
"Mosselbaai en omgewing is pragtig en altyd baie aangenaam om daar te kan kuier."
"Ons is gereelde besoekers en ook oudinwoners van Mosselbaai en het dit, soos altyd, weereens baie geniet daar. Die dorp is netjies en skoon en daar is so baie dinge om te sien en doen en puik eetplekke en die natuurskoon is pragtig."
"Mosselbaai is pragtig en daar is baie om te doen en sien. Sal beslis die Zipline aanbeveel en ook die Blaize hiking trail."
"Mosselbaai is aangenaam. Ons het, ten spyte van die verblyf wat slegs bietjie meer gebied het as 'n kampterrein, 'n heerlike vakansie gehad in Mosselbaai - daar is lieflike toeriste-aantreklikhede en dis baie rustig buite seisoen."
"Mosselbaai, en in besonderse Hartenbos, is 'n top-gehalte, veilige en bekostigbare vakansiebestemming met gematigde weer reg deur die jaar. Al die nodige winkels is beskikbaar en maklik bereikbaar en daar is ook genoegsame vermaak en besienswaardighede vir beide oud en jonk."
"Mosselbaai/Hartenbos nie meer die stil vakansie dorpie van 'n paar jaar gelede nie, maar bly nog steeds 'n ideale vakansiebestemming. Sal altyd 'n gunsteling bly."
"Baie mooi en skoon en voel of jy in ;n ander land is en nie in Suid-Afrika."