Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3234 reviews.
"Zimbali was pragtig, maar daar was bouwerk in ons area so dit was besig in die dag, en daar was gaste in ander huise wat vreeslik geraas het in die aande."
"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
"Genoeg strande en nie oorbevolk nie. Jammer, daar is nie rerig 'n koffiehuis of so op die strand nie."
"If you are going to get away from the city life and do not expect any shops or malls, then this town is the place for you. You solely go here to visit family/friends for relaxation or to just spend time on the beach."
"Dit was my eerste keer in Richardsbaai. Ek was net teleurgesteld in die strandarea of moet ek liewer sê die groote van die strand, maar dis seker omdat ek gewoond is aan Durban en Margate se groot strande."
"St Lucia dink ek is nie vir gewone Suid-Afrikaners want alles is net te duur, veral as jy meer as een kind het. "
"Was net teleurgestel in die heeldag wildrit wat ons deur Heritage geboek het. Was glad nie die geld werd nie. Het gevoel of ons van een plek na die ander plek jaag, dan word dieselfde paaie oor gery. Groot teleurstelling vir R1000pp!"
"Ek besoek Richardsbaai al die afgelope 20 jaar, en dis altyd lekker om terug te gaan. "
"So baie om te sien en doen, gaan weer hier kom besoek aflê. Die weer in die winter is ook lekker warm. "
"Baie mooi en veilige plek met natuurskoon om te besoek. Ons sal weer binnekort wil draai maak!"
"Beautiful and laid-back little town that's on the rise to bigger things. As part of the North Coast, it's certainly going up there along its peers in the north. Good, quick and easy access to airport, M4 and N2 a big plus. "