Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 10360 reviews.
"Die Groot Gat en die geskiedenis wat daarmee gepaard gaan, was 'n belewenis."
"Baie interessante omgewing met 'n verskeidenheid van toerisme aantreklikhede."
"Beslis 'n pragtige dorpie, baie skoon en netjies met interessante karakters. Ons het veral die besoek aan die museum geniet, asook die stories oor diamantsmokkelaars."
"Williston het al die potensiaal vir Die dorp van die Jaar. Alle eer aan Reinette. Sy het besonderse impak in die dorp."
"Gebruik net Kimberley vir mediese afsprake. Strate slegter as die in Kathu. Dis waar die wêreld se diepste oopmyngat is en die dorp se strate kompeteer met dit."
"Meer 'n besigheidsbestemming. Daar is egter goeie restaurante en 'n winkelsentrum sou jy belangstel. Die dorp is skoon en netjies."
"Paaie is in goeie toestand. Hou van die anderste natuur, beplan om weer te besoek tydens die blom seisoen."
"Harde musiek tot na 02:00 middernag van iewers uit die dorp; blyk nie of SAPD die aandklokreël toepas nie."
"Baie stil en rustige Karoodorpie. Eet die heerlikste aandete by die ewe mooi Karos Lodge."
"Lê baie na aan my hart! Regte bestemming vir iemand wat na rus en vrede soek!"
"Colesberg is ’n ware juweel in die Karoo. Enige stadsreisiger wat altyd net verby ry om by sy eindbestemming te kom, kan gerus afdraai en bietjie rondry in Colesberg, en sy gasvryheid waardeer."