Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10519 reviews.
"Swellendam is die derde oudste dorp in Suid-Afrika. Dit is 'n klein, maar ’n goed toegeruste dorp met baie geskiedenis en die mense is baie vriendelik."
"Bettysbaai is by far the nicest place for a break away from our busy lives. It is quiet and peaceful and you can really just go there to relax. Due to Covid-19 beaches were closed but we still had an awesome time as we were close to the beach."
"Bredasdorp is baie sentraal geleë indien jy die Kaap Agulhas area wil besoek. 20 km Vanaf Bredasdorp, lê Arniston. Arniston, Kassiesbaai en die grot langs die see behoort op almal se doen lys te wees. So 30 km in 'n klein bietjie ander rigting, lê Struisbaai en Agulhas. 'n Klein bietjie verder lê Hermanus, 90 km. In dieselfde rigting is Gansbaai 70 km. Moet ook nie van Baardskeerdersbos vergeet nie. Hier moet jy gaan eet. Quion se Natuurreservaat is ook baie mooi, en glad nie te vêr nie. (45 km) By Gansbaai het ook grotte langs die see, en is verseker die moeite werd. Soos julle sien, ons hou van rits."
"Witsand is baie rustig en veilig. Dit is ’n dorpie waar baie soorte watersporte kan beoefen word. Die mense wat daar woon en daar op vakansie is, is baie vriendelik."
"Struisbaai kort beslis nog 'n Spar of enige klein kruidenierswinkel. Die OK is oorvol oor die besige seisoene."
"Die kinders het die sandduine vreeslik geniet, die bure en mense in Bettysbaai is baie vriendelik!"
"Buiten dat dit vrek warm was, was Swellendam definitief 'n bestemming waar ek weer sal gaan kuier, inteendeel, die dorp is waar my dogter gaan trou in 2021. Baie netjies, baie word gebied vir 'n toeris, baie mooi boomryk. Die museum was baie interessant - kan net opgeknap word."
"Dit is 'n pragtige deel van ons land, dit is 'n baie skoon area en baie om te doen in die hele Overstrand."
"Lieflike klein dorpie, 'n plaasagtige gevoel. Baie stalletjies om na toe te gaan. Rustig."
"Much to see and do in Hermanus. Coast path and mountain walks; visits to Old and New harbour; lovely beaches and nature reserve; shops and restaurants."