Verified Reviews of Prince Albert

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Prince Albert

Rated 4.69 out of 5 based on 987 reviews.
. - 5th January 2015
staying in Prince Albert
Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!
. - 5th January 2015
staying in Prince Albert
PUIK!
. - 4th January 2015
staying in Prince Albert
Dit was ons gesin se eerste besoek aan Prins Albert. Wat 'n pragtige dorpie so onverwags in die omliggende dorre landskap. Dit lê soos 'n groen juweel in die vallei met wingerde, olyfboorde en die pragtige dorpie. Ons was baie verras deur die skoonheid van Prins Albert en sal verseker weer daar wil oornag, maar dan vir meer as een nag om die dorpie ten volle te kan verken.
. - 1st January 2015
staying in Prince Albert
Baie skoon plek. Geen rommel in strate!
. - 31st December 2014
staying in Prince Albert
Een van ons gunsteling dorpe. Soveel atmosfeer, pragtige ou geboue, ens. Ons het 'n vertoning in die nuwe Art Deco-teater bygewoon en was beïndruk met die pragtige teater. 'n Groot aanwins vir Prins Albert.
. - 31st December 2014
staying in Prince Albert
Dis die mooiste dorpie wat ek nog gesien het!
. - 18th December 2014
staying in Prince Albert
Baie netjies, skoon en veilig. Baie om te doen ook baie stil. Ons het heerlik gekuier en sal definitief ons vriende vertel van Prins Albert. Die Showroom was 'n groot verassing en ons was baie gelukkig om 'n Jak de Prieter vertoning daar te sien.
. - 24th November 2014
staying in Prince Albert
Pragtige dorp met gawe mense en allerhande besienswaardighede.
. - 17th November 2014
staying in Prince Albert
Lovely town to visit - lots of little shops and friendly people.
. - 9th November 2014
staying in Prince Albert
Baie moeite word ook in die dorp gedoen. Ek dink julle koerantjie en julle aandag aan detail is besonders. Die bome wat in die hoofstraat staan waarvan beeldhou werk gedoen is, baie kreatief. Die dorpie was pragtig.
. - 9th November 2014
staying in Prince Albert
Baie mooi dorpie, met pragtige ou huise. Baie mooi omgewing.
. - 7th November 2014
staying in Prince Albert
Prins Albert is tops.
. - 4th November 2014
staying in Prince Albert
Oulike en interessante dorp. Ons het net gevind dat produkte, soos bv. konfyt, baie duur is om te koop.
. - 29th October 2014
staying in Prince Albert
Pragtige plek. Ek sal weer besoek aflê.
. - 24th October 2014
staying in Prince Albert
Die dorp is so skoon - 'n voorbeeld vir ander dorpe!
. - 20th October 2014
staying in Prince Albert
When you're in Prince Albert, go see a movie at The Showroom; it's a fully renovated art nouveau style cinema.
. - 17th October 2014
staying in Prince Albert
Die rotsformasies in die Swartberg pas is iets besonders.
. - 11th October 2014
staying in Prince Albert
Wonderlik om te kon sien hoe ou boustyle bewaar word.
. - 6th October 2014
staying in Prince Albert
Prinse Albert is 'n interessante dorpie met baie om te sien en te ervaar. Sy museum is indrukwekkend en huisves onder meer 'n interessante versameling fossiele.
. - 20th September 2014
staying in Prince Albert
Baie lekker en interessante dorpie met baie vriendelike mense wat jou sommer heel tuis laat voel. Paar wonderlike mense ontmoet en behoort vinnig weer 'n draai te maak.
. - 18th September 2014
staying in Prince Albert
Ons was uiters verras oor die dorpie en dink dis 'n moet om volgende keer nie net daardeur te ry nie, maar beslis ook 'n aand of twee daar te slaap. Alles wat 'n toeris verlang, is daar en dan is die omgewing se natuurskoon ook asemrowend!
. - 18th September 2014
staying in Prince Albert
Prins Albert en omgewing se natuurskoon en stilte is lafenis vir die siel.
. - 14th September 2014
staying in Prince Albert
Baie mooi en skoon dorpie.
. - 13th September 2014
staying in Prince Albert
Die Swartbergpas is lieflik!
. - 9th September 2014
staying in Prince Albert
Baie pragtige, kunstige dorpie met baie restaurante om van te kies.
. - 8th September 2014
staying in Prince Albert
Prins Albert is 'n plek waar jy onmiddellik tuis voel. Die plek het 'n styl en rustigheid wat tasbaar is wanneer jy die dorp in ry. Daar is ook wonderlike plekke om te besoek en te kuier. Almal is vriendelik en gaan uit hulle pad uit om te help en jou te laat tuis voel.
. - 28th August 2014
staying in Prince Albert
A lovely destination for those outdoor orientated - especially those who enjoy hiking and biking.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]