Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Bredasdorp is baie sentraal geleë indien jy die Kaap Agulhas area wil besoek. 20 km Vanaf Bredasdorp, lê Arniston. Arniston, Kassiesbaai en die grot langs die see behoort op almal se doen lys te wees. So 30 km in 'n klein bietjie ander rigting, lê Struisbaai en Agulhas. 'n Klein bietjie verder lê Hermanus, 90 km. In dieselfde rigting is Gansbaai 70 km. Moet ook nie van Baardskeerdersbos vergeet nie. Hier moet jy gaan eet. Quion se Natuurreservaat is ook baie mooi, en glad nie te vêr nie. (45 km) By Gansbaai het ook grotte langs die see, en is verseker die moeite werd. Soos julle sien, ons hou van rits."
"Meeste van die Karoodorpe is onder druk, maar oral is daar eienaars wat hul bes probeer om die unieke karakter van die dorpies te bewaar. Die mense is vriendelik en verdien die ondersteuning van diegene wat lief is vir die pragtige landskappe, sterrehemel, vars lug en oop ruimtes."
"We encountered the location to be holistically safe all round. My friends and I (we are females) often took afternoon walks that we enjoyed."
"Sedgefield is 'n rustige plek en sentraal geleë en naby aan heelwat plekke wat besoek kan word."
"Witsand is baie rustig en veilig. Dit is ’n dorpie waar baie soorte watersporte kan beoefen word. Die mense wat daar woon en daar op vakansie is, is baie vriendelik."
"Struisbaai kort beslis nog 'n Spar of enige klein kruidenierswinkel. Die OK is oorvol oor die besige seisoene."
"Wildernis is een van die mees ongelooflikste bestemmings wat soveel het om te bied en is gewaarborg om elke smaak en behoefte te oortref. Die beeldskone natuur, verskeie staproetes, meer, lagoon, nasionale parke en aswemrowende strande sal jou altyd laat terugkom vir meer. Dis baie sentraal geleë met George, Knysna, Plettenbergbaai, Mossel Baai en vele ander bekoorlike kusdorpe binne 'n kort ry-afstand vanaf Wildernis. Maak Wildernis 'n reis-bestemming op jou 2021 kalender. Jy sal nie spyt wees nie."
"Daar is baie dinge om te doen in George, van paragliding tot 4x4-motorfiets, tot aarbeiplaas, ook naby Oudtshoorn wat wildtuin het en Knysna met hulle pragtige natuurskoon. Ook baie lieflike weer, alles is groen en mooi."
"Quaint little town with some great restaurants and shops to wander through. Gay's Dairy, The Rude Chef, Lazy Lizard, African Relish - all EXCELLENT and worth a visit."
"Dit is ‘n bekoorlike dorpie en dit laat jou voel of jy op ‘n eiland is. Die verhoudinge tussen die mensies in die dorp en hul interaksie met buitestaanders is warm en kosbaar. Ons was dankbaar oor die visplekkkie op die strand waar die visserbote in en uitgaan, en Blikkies pizza. Hul maak uiteet meer bekostigbaar vir Suid Afrikaners en hul kos en diens is puik. Ons sal definitief weer teruggaan Paternoster toe. Wat ‘n kosbare kusdorpie."