Strandloper
Location
- Guests think Strandloper is in an excellent location
- 73 Waterkant Street, Still Bay, 6674, Western Cape
So 3 en 'n half uur vanaf Kaapstad is die dorp aan die Suidkus, geleë langs die Goukou Rivier. Stilbaai is 'n veilige, rustige en skoon dorp aan die oewer van die Goukou Rivier. Die rivier mond dan ook uit in die see, 'n ongelooflike mooi gesig. Die strande aan weerskante van die monding is veilig en gewild onder branderplankryers. Ander watersport soos kanovaart en vlieërbranderry is ook gewild. Met die volop seelewe, is hengel ook 'n heerlike tydverdryf.
Die Blou Vlag hoofstrand, Lappiesbaai, strek vir kilometers en is baie gewild onder vakansiegangers.
Die matige klimaat, tesame met die verskeidenheid voëllewe, en oorvloed fauna en flora, is die bestemming ook gewild onder stappers en fietsryers. Die Geelkrans, Paulene Bohen en Skulpiesbaai Natuurresservaat is 'n moet om heerlik te gaan stap en die natuurskoon te waardeer.
Die Stilbaai Gholf Klub is 'n 9 putjie baan met pragtige see uitsig.
Een van die dorp se nationale monumente, die Palinggat Opstal, huisves die toerismeburo en daar kan die palings gevoer word op spesifieke tye.
- Capacity: 12 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: 73 Waterkant Street, Still Bay, 6674, Western Cape
- All ages welcome