Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Prins Albert het sy eie betowering. Heerlike kos by Swartberg Hotel en ptagtige omgewing."
"Ons geniet die eetplekke en kuierplekke op Robertson, veral Four Cousins en Bourbon Street. "
"McGregor is 'n oulike toeristebestemming. Mens kan die dorp van bo na onder deurloop en die pragtige ou huisies en geboue bekyk. Die restaurant wat na 'n bekende Italiaanse operasangeres vernoem is, het 'n pragtige tuin aan die agterkant wat die moeite werd is om te besoek en boonop is hul kos uit die boonste rakke!"
"Lekker plek om daar te bly. Als is naby. Jy hoef nie ver te loop nie en sal weer vir Robertson besoek."
"Prins Albert is 'n pragtige oase van 'n dorp, met baie om te doen en te sien. Hier wil ek weer kuier!"
"Robertson het ons stoutste verwagtinge oortref. Ons hou gewoonlik vakansie in die Hemel en Aarde-vallei en vind sy witwyne ‘n trekpleister, maar nadat ons Robertson, veral De Wetshof en Springfield Estate, se wyne geproe het, het ons vir seker nuwe gunstelinge! Die Viljoensdrif-bootreis is ook ‘n moet-doen!"
"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."
"Prins Albert is 'n pragtige klein dorpie. Al die huisies staan so mooi netjies teen die asemrowende Swartberge as agtergrond. Hier is 'n paar oulike restaurante en a gin bar, The Green Prince, met die lekkerste drankies. Daar is heelwat staproetes in die omgewing en jy kan die Swartbergpas ry vir die mooiste natuurtonele."
"Moenie die ghost walk van Aisla misloop nie! Dis 'n uitstekende ervaring. Wonderlike gids en mens."
"Delightful village for a shortish stay; beautiful surroundings, off the beaten track, very peaceful."